1 Die Godspraak wat H bakuk, die profeet, gesien het.
2 Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! -- maar U help nie?
3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
5 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
6 Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
7 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
8 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op 'n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!
9 Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
10 Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom 'n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
11 Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder -- maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
12 Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
13 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie -- waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose die verslind wat regverdiger is as hy?
14 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
15 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
16 Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
17 Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?
1 哈巴谷先知所得的默示。
2 耶和华啊! 我恳求, 你不垂听, 要到几时呢?我向你呼叫"有狂暴的事", 你却不拯救。
3 你为什么使我看见恶行?有奸恶的事, 你为什么见而不理?毁灭和强暴在我面前, 纷争和相斗常常发生。
4 因此律法不能生效("律法不能生效"原文作"律法松懈"), 公理无法彰显。因为恶人把义人包围, 所以公理颠倒。
5 你们当看列国, 要定睛观看, 就会大大惊奇, 因为在你们的日子, 我要作一件事, 即使有人说了出来, 你们也不会相信。
6 就是要兴起迦勒底人, 那残忍凶暴的民; 他们遍行全地, 占领别人的家园。
7 他们恐怖可怕, 自以为义, 趾高气扬。
8 他们的马比豹更快, 比晚上的豺狼更猛。他们的骑兵奔驰, 自远而来; 他们如鹰飞翔, 迅速吞噬。
9 他们定着脸面向前, 齐来行暴, 掳获战俘多如尘沙。
10 他们戏弄君王, 以掌权的为笑柄; 他们嗤笑一切城堡, 筑垒攻取;
11 然后扫荡如风吹过。他们是有罪的, 因他们以自己的势力为神。
12 耶和华我的 神, 我的圣者啊! 你不是自古就有的吗?我们不会死的。耶和华啊! 你派他们行审判。磐石啊! 你立他们施惩罚。
13 你的眼目纯洁, 不看邪恶, 不能坐视奸恶; 为什么见行诡诈的人而不理?恶人吞灭比自己公义的人, 你为什么缄默呢?
14 你竟使人像海里的鱼, 像无人管辖的爬虫类。
15 迦勒底人既用钩把他们钓起来, 用网拖走, 用鱼网收聚在一处, 就欢喜快乐,
16 向自己的网献祭, 对鱼网烧香, 因他们借此收获丰富, 饮食充裕。
17 这样, 他们倒空自己的网, 毫不留情地继续杀戮列国。