1 Wee die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;
2 wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.
3 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
4 Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd.
5 Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;
6 hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.
7 In die tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
1 古实河外, 船只彼此碰撞, 响声四起之地, 有祸了!
2 这就是那经常差派使者, 在水面上乘坐蒲草船渡海的地方。去吧! 快行的使者, 到那身躯高大、皮肤光滑的国去, 到一个远近都为人所惧怕的民族那里去, 这国是强盛和践踏人的, 他们的地有河流把地分开。
3 世上所有的居民, 住在全地上的人哪! 山上竖起旗帜的时候, 你们要注意; 号角吹响的时候, 你们要聆听。
4 耶和华这样对我说: "我要从我的居所安静观看, 像日光中闪烁的热气, 又像收割时的热气中有露水的云彩。"
5 因为在收割以前, 花蕾开尽, 花朵也成了将熟的葡萄之时, 他就用镰刀削去嫩枝, 又砍掉蔓延的枝子。
6 它们都要撇下, 给山间的鸷鸟, 和地上的野兽; 鸷鸟必吃它们来度过夏天, 地上的百兽必吃它们来度过冬天。
7 到那时, 这个身躯高大、皮肤光滑的国, 就是远近都为人所惧怕的民族, 强盛和践踏人的国, 他们的地有河流把地分开, 他们必把礼物带来给万军之耶和华, 就是奉到锡安山, 万军之耶和华立他名的地方。