1 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê:

2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.

4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.

5 By die opbreek van die laer moet A„ron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.

6 En hulle moet 'n dekkleed van robbevelle daarop sit en 'n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.

7 Hulle moet ook oor die toonbroodtafel 'n pers doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die rookpanne en die bekers en die drankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.

8 Daarna moet hulle 'n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

9 Dan moet hulle 'n pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.

10 En hulle moet dit met al sy gereedskap op 'n dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.

11 En oor die goue altaar moet hulle 'n pers doek uitsprei en dit met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op 'n pers doek neerlê en met 'n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.

13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar 'n purper doek oor uitsprei.

14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar 'n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.

15 En eers nadat A„ron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.

16 En die toesig van Ele sar, die seun van die priester A„ron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.

17 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê:

18 Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.

19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: A„ron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.

20 Maar hulle moet nie inkom om vir 'n oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.

21 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

22 Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.

23 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.

24 Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:

25 hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms

26 en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.

27 Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete -- alles wat hulle moet dra en hulle hele diens -- moet wees volgens die bevel van A„ron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.

28 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het, moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron.

29 Wat aangaan die seuns van Mer ri -- die moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.

30 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

31 En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die style van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke

32 en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne -- al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle met die naam aanwys.

33 Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Mer ri, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Itamar, die seun van die priester A„ron.

34 En Moses en A„ron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;

35 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36 En hulle geteldes was volgens hulle geslagte twee duisend sewe honderd en vyftig.

37 Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.

38 En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

39 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms --

40 hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, twee duisend ses honderd en dertig.

41 Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE getel het.

42 En die geteldes van die geslagte van Mer ri se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

43 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms --

44 hulle geteldes was volgens hulle geslagte drie duisend twee honderd.

45 Dit is die geteldes van die geslagte van Mer ri se seuns wat Moses en A„ron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.

46 Al die getelde Leviete wat Moses en A„ron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

47 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms --

48 hulle geteldes was agt duisend vyf honderd en tagtig.

49 Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soos die HERE Moses beveel het.

1 耶和华对摩西和亚伦说:

2 "你要从利未人中, 登记哥辖子孙的总数, 照着他们的家族、父家,

3 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进来供职, 在会幕里工作的, 你都要登记。

4 哥辖子孙在会幕里的工作就是管理至圣之物。

5 起营出发的时候, 亚伦和他的儿子要进去, 把遮盖至圣所的幔子卸下来, 用来遮盖约柜;

6 又把海狗皮罩盖在上面, 再铺上纯蓝色的布, 然后把杠穿上。

7 在陈设饼的桌子上, 他们要铺上蓝色布, 把盘子、碟子、杯和奠酒的爵摆在上面, 桌子上也必须有常献饼;

8 在这些物件上面, 他们要铺上朱红色布, 再盖上海狗皮罩, 然后把杠穿上。

9 他们要拿蓝色布, 把灯台和灯台上的灯盏、剪子、蜡花盘, 以及为灯台所用一切盛油的器具遮盖起来。

10 他们又要把灯台和灯台的一切器具, 都包在海狗皮里, 然后放在抬架上。

11 在金坛上面, 他们要铺上蓝色布, 再盖上海狗皮罩, 然后把杠穿上。

12 他们又要把圣所里供职使用的一切器具, 都包在蓝色布里, 再盖上海狗皮罩, 然后放在抬架上。

13 他们要清除坛上的灰, 把紫色布铺在坛上。

14 又要把在坛上供职使用的一切器具, 就是火鼎、肉叉、铲子、盘子, 都摆在上面; 再盖上海狗皮罩, 然后穿上杠。

15 全营出发的时候, 亚伦和他的儿子, 把圣所和圣所的一切器具遮盖完了以后, 哥辖的子孙就要来抬; 只是他们不可触摸圣物, 免得他们死亡。会幕里这些物件是哥辖的子孙应当抬的。

16 亚伦祭司的儿子以利亚撒的职务是看管点灯的油、芬芳的香、常献的素祭和膏油, 也要看管整个帐幕和其中所有的一切, 以及圣所和圣所的器具。"

17 耶和华对摩西和亚伦说:

18 "你们不可把哥辖家族的派系从利未人中剪除;

19 他们接近至圣之物的时候, 亚伦和他的儿子要进去, 指定他们各人当办的和当抬的工作; 你们要这样待他们, 好让他们活着, 不至死亡;

20 只是他们连片刻也不可进去观看圣物, 免得他们死亡。"

21 耶和华对摩西说:

22 "你也要登记革顺子孙的总数, 照着他们的父家、家族,

23 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进来供职, 在会幕里工作的, 你都要数点。

24 革顺人的家庭所作的事和所抬的物如下:

25 他们要抬帐幕的幔子、会幕和会幕的盖, 以及盖在上面的海狗皮罩和会幕的门帘、

26 院子的帷子、院子的门帘(院子是围绕帐幕和祭坛的)、绳子, 以及一切使用的器具; 有关这些器具所当作的, 他们都要办理。

27 革顺的子孙所有的任务, 他们在一切当抬的和当办的事上, 都要照着亚伦和他儿子的吩咐; 他们当抬的, 你们都要把职务分派给他们。

28 这是革顺子孙的家族在会幕里所办的事; 他们的职务要受亚伦祭司的儿子以他玛的管理。

29 "米拉利的子孙, 你也要照着他们的宗族, 按着他们的家室数点他们;

30 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进来供职, 在会幕里工作的, 你都要数点。

31 他们在会幕里的一切事奉, 他们的职务, 就是抬帐幕的木板、横闩、柱子和插座、

32 院子四周的柱子、插座、橛子、绳子、一切用具和使用的东西; 他们当抬的器具, 你们要按着名字一一指定。

33 这是米拉利子孙的家族在会幕里所办的一切事务, 都受亚伦祭司的儿子以他玛的管理。"

34 摩西、亚伦和会众的领袖们, 把哥辖的子孙, 按着他们的宗族和父家,

35 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进来供职, 在会幕里工作的, 都数点了。

36 按着宗族, 他们被数点的, 共有二千七百五十人。

37 这是哥辖家族被数点的人数, 是所有在会幕里办事的人数, 就是摩西和亚伦, 照着耶和华借摩西吩咐数点的。

38 革顺的子孙, 按着他们的宗族和父家被数点的,

39 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进去供职, 在会幕里工作的,

40 按着他们的宗族和父家, 被数点的人数, 共有二千六百三十人。

41 这些是革顺子孙的家族被数点的人数, 是一切在会幕里办事的, 就是摩西和亚伦照着耶和华的吩咐数点的。

42 米拉利的子孙, 按着宗族和父家,

43 从三十岁以上, 直到五十岁, 能进去供职, 在会幕里工作的, 都数点了。

44 按着宗族, 他们被数点的, 共有三千二百人。

45 这些是米拉利子孙的家族被数点的人数, 就是摩西和亚伦, 照着耶和华的吩咐数点的。

46 被数点的利未人, 就是摩西和亚伦, 以及以色列的众领袖, 按着宗族和家室数点的,

47 从三十岁以上, 直到五十岁, 可以进去供职, 在会幕里作抬物件的工作的,

48 他们的人数, 共有八千五百八十人。

49 照着耶和华借摩西吩咐的, 把他们数点, 各人按着自己所办的事和所抬的物件被数点, 正如耶和华吩咐摩西的。