1 En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Ab¡ram, seuns van El¡ab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,
2 en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.
3 En hulle het bymekaargekom teen Moses en A„ron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?
4 Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval;
5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: M"re vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.
6 Doen dit: Neem vir julle vuurpanne, Korag en sy hele bende,
7 en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!
8 Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!
9 Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,
10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou -- dat julle nou ook die priesteramp begeer?
11 Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want A„ron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?
12 En Moses het gestuur om Datan en Ab¡ram, die seuns van El¡ab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.
13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
14 Ook het jy ons nie gebring in 'n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
15 Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.
16 Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en A„ron.
17 En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die HERE elkeen sy vuurpan, twee honderd en vyftig vuurpanne, ook jy en A„ron elkeen sy vuurpan.
18 Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en A„ron.
19 En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering.
20 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en gesê:
21 Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in 'n oomblik verteer.
22 Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?
23 En die Here het met Moses gespreek en gesê:
24 Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Ab¡ram!
25 Toe het Moses opgestaan en na Datan en Ab¡ram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.
26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.
27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Ab¡ram; maar Datan en Ab¡ram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.
28 Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:
29 as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.
30 Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.
31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,
32 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.
33 So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.
34 En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!
35 Toe het 'n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.
36 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
37 Sê aan Ele sar, die seun van die priester A„ron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig --
38 naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as 'n oortreksel vir die altaar. Want hulle het die voor die aangesig van die HERE gebring -- daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel 'n teken wees.
39 Toe het die priester Ele sar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as 'n oortreksel vir die altaar --
40 'n aandenking vir die kinders van Israel, sodat 'n onbevoegde wat nie uit die nageslag van A„ron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan hom deur die diens van Moses gesê het.
41 Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en A„ron gemurmureer en gesê: Julle het die volk van die HERE gedood.
42 En terwyl die vergadering teen Moses en A„ron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
43 En toe Moses en A„ron tot voor die tent van samekoms kom,
44 het die HERE met Moses gespreek en gesê:
45 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in 'n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,
46 en Moses sê vir A„ron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!
47 Toe neem A„ron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.
48 En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, het die plaag opgehou.
49 En die wat deur die plaag gesterf het, was veertien duisend sewe honderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.
50 Daarop gaan A„ron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.
1 利未的曾孙、哥辖的孙子、以斯哈的儿子可拉, 和流本子孙中以利押的儿子大坍、亚比兰, 与比勒的儿子安, 带着人来,
2 反抗摩西, 还有以色列人中的二百五十个人, 就是会众的领袖; 会众中被选出有名望的人。
3 他们聚集起来反抗摩西和亚伦, 对他们说: "你们太过分了, 全体会众个个都是圣洁的, 耶和华也在他们中间, 你们为什么高抬自己, 超过耶和华的会众呢?"
4 摩西听见了, 就脸伏于地,
5 对可拉和他的同党说: "到了早晨, 耶和华就要使人知道谁是属他的; 谁是圣洁的, 就叫谁亲近他; 谁是他拣选的, 就叫谁亲近他。
6 你们要这样作: 可拉和你的同党, 你们要拿香炉来;
7 明天你们要在耶和华面前, 把火盛在炉中, 把香放在上面; 耶和华拣选谁, 谁就是圣洁的, 你们利未人太过分了。"
8 摩西又对可拉说: "利未人哪, 请听。
9 以色列的 神把你们从以色列会众中分别出来, 使你们亲近他, 办理耶和华帐幕的事务, 又站在会众面前替他们供职;
10 耶和华又使你和你所有的兄弟, 就是利未的子孙, 一同亲近他, 这在你们看来是小事吗?你们还要寻求祭司职分吗?
11 所以你和你的同党聚集起来反抗耶和华; 亚伦算什么呢?你们竟向他发怨言。"
12 摩西派人去把以利押的儿子大坍和亚比兰叫来; 他们说: "我们不上去。
13 你把我们从流奶与蜜的地带上来, 要在旷野杀死我们, 这算小事吗?你还要自立为王管辖我们吗?
14 况且你没有把我们领到流奶与蜜的地, 也没有把田地和葡萄园给我们作产业。难道你要把这些人的眼睛剜出来吗?我们不上去。"
15 于是摩西大怒, 对耶和华说: "求你不要悦纳他们的礼物, 我没有夺过他们一头驴, 也没有害过他们一个人。"
16 摩西对可拉说: "明天你和你的同党, 以及亚伦, 都要站在耶和华面前。
17 你们各人要拿着自己的香炉, 把香盛在上面; 你们各人要把自己的香炉带到耶和华面前, 共二百五十个香炉; 你和亚伦也各人拿着自己的香炉。"
18 于是, 他们各人拿着自己的香炉, 盛上火, 加上香, 与摩西和亚伦一同站在会幕门口。
19 可拉召聚了全体会众到会幕门口, 来攻击摩西和亚伦, 耶和华的荣光就向全体会众显现。
20 耶和华对摩西和亚伦说:
21 "你们要离开这会众, 我好在眨眼间把他们吞灭。"
22 摩西和亚伦就俯伏在地, 说: " 神啊, 万人之灵的 神啊, 一人犯罪, 你就要向全体会众发怒吗?"
23 耶和华对摩西说:
24 "你要吩咐会众说: ‘你们要离开可拉、大坍、亚比兰帐幕的四周。’"
25 于是摩西起来, 到大坍和亚比兰那里去; 以色列的长老也随着他去了。
26 摩西告诉会众: "你们要远离这些恶人的帐幕, 凡是他们的东西, 你们都不可摸, 免得你们因他们的一切罪恶同遭毁灭。"
27 于是, 众人离开了可拉、大坍、亚比兰帐幕的四周; 大坍、亚比兰就带着妻子、儿女和小孩出来, 站在自己的帐幕门口。
28 摩西说: "由此你们可以知道, 我作这一切事, 是耶和华派我作的, 并不是出于我自己的心意。
29 如果这些人死亡像一般人死亡一样, 或是他们所遭遇的像一般人的遭遇一样, 那么就不是耶和华派我来的。
30 如果耶和华作一件新事, 使地开口, 把他们和他们所有的都吞下去, 叫他们活活地下到阴间, 这样你们就知道这些人是藐视耶和华了。"
31 摩西说完了这一切话, 他们脚下的地就裂开。
32 地开了口, 把他们和他们的家眷, 以及一切属可拉的人和财物, 都吞了下去。
33 这样, 他们和一切属他们的, 都活活地下到阴间, 地在他们上面合闭, 他们就从会众中灭亡了。
34 在他们四周的以色列众人, 听见他们的呼叫, 就都逃跑, 说: "恐怕地也把我们吞下去。"
35 又有火从耶和华那里出来, 把那献香的二百五十个人吞灭了。
36 耶和华对摩西说:
37 "你要吩咐亚伦祭司的儿子以利亚撒, 叫他把那些香炉从火中拾起来, 把火撒在别处, 因为那些香炉是圣的;
38 那些自害己命的人的香炉也是圣的, 你们要把它们锤成薄片, 用来包盖祭坛; 那些香炉本是他们在耶和华面前献过的, 所以已经成为圣的, 并且可以给以色列作鉴戒。"
39 于是, 以利亚撒祭司把被火焚烧的人献过的铜香炉拿起来, 叫人锤成薄片, 用来包盖祭坛,
40 给以色列人作鉴戒, 叫不是亚伦子孙的外人, 不可近前来, 在耶和华面前烧香, 免得他像可拉和他的同党有一样的遭遇; 这是照着耶和华借摩西吩咐以利亚撒的。
41 第二天, 以色列全体会众都向摩西和亚伦发怨言, 说: "你们害死了耶和华的子民。"
42 会众聚集攻击摩西和亚伦的时候, 他们转身向会幕观看, 见有云彩遮盖会幕, 耶和华的荣光显现出来。
43 摩西和亚伦就来到会幕前面。
44 耶和华吩咐摩西说:
45 "你们要离开这会众, 我好在眨眼间把他们消灭。"他们二人就俯伏在地。
46 摩西对亚伦说: "你要拿着香炉, 把坛上的火盛在里头, 又加上香, 快快带到会众那里去, 为他们赎罪, 因为有震怒从耶和华面前出来, 瘟疫已经开始了。"
47 亚伦照着摩西吩咐的把香炉拿来, 跑到会众中间, 果然, 瘟疫已经在人民中间开始了; 他就加上香, 为人民赎罪。
48 他站在死人与活人中间, 瘟疫就止住了。
49 除了因可拉事件死亡的以外, 因瘟疫死亡的有一万四千七百人。
50 亚伦回到会幕门口摩西那里, 瘟疫已经止住了。(本章第36-50节在《马索拉抄本》为17:1-15)