1 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:

2 Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou 'n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.

3 En julle moet haar aan die priester Ele sar gee, en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom slag.

4 En die priester Ele sar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.

5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.

6 En die priester moet sederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

7 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9 En 'n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is 'n sondoffer.

10 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, 'n ewige insetting wees.

11 Die een wat aan 'n dooie, enige lyk van 'n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.

12 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig -- dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13 Elkeen wat aan 'n dooie raak, aan die lyk van 'n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en die siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees ; sy onreinheid is nog aan hom.

14 Dit is die wet: As iemand in 'n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15 Ook al die oop goed wat nie met 'n deksel toegebind word nie, is onrein.

16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n mens se doodsbeen of aan 'n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17 Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in 'n pot op gooi;

18 en 'n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan 'n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het.

19 En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.

20 Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet die siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.

21 En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22 Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.

1 耶和华对摩西和亚伦说:

2 "耶和华所定的律法是这样说: 你要吩咐以色列人, 把一头完全、没有残疾、未曾负过轭的红母牛, 牵到你这里来。

3 你们要把牛交给以利亚撒祭司, 他就要把牛牵到营外, 在他面前把牛宰了。

4 以利亚撒祭司要用指头蘸牛血, 向会幕前面洒七次。

5 然后, 在他面前把牛焚烧, 牛的皮、肉、血和粪, 都要焚烧。

6 祭司要把香柏木、牛膝草、朱红色线, 都丢在烧牛的火中。

7 祭司要洗自己的衣服, 并用水洗身, 然后才可以进营; 但祭司必不洁净到晚上。

8 那烧牛的人也要用水洗自己的衣服, 并用水洗身, 也必不洁净到晚上。

9 要由一个洁净的人收起母牛的灰, 安放在营外洁净的地方, 为以色列会众留作除污秽的水, 这是除罪的。

10 那收起牛灰的人, 要洗自己的衣服, 必不洁净到晚上。这要给以色列人和寄居在他们中间的外人, 作永远的定例。

11 "摸了任何死尸的, 必不洁净七天。

12 那人在第三天要用这样除污秽的水洁净自己, 到第七天他就洁净了; 如果他在第三天不洁净自己, 到第七天他就不洁净了。

13 任何人摸了死尸, 而不洁净自己的, 就玷污了耶和华的帐幕, 这人必要从以色列中剪除, 因为这除污秽的水没有洒在他身上, 所以他必不洁净; 他的不洁还留在他身上。

14 "如果人在会幕里死了, 条例是这样的: 进这会幕的和一切在会幕里的, 都必不洁净七天。

15 一切敞口的器皿, 就是没有盖上盖的, 都是不洁净的。

16 在田间摸了被刀杀死的, 或是自己死的尸体, 或是人的骨头, 或是坟墓, 就必不洁净七天。

17 人要为这不洁净的人, 拿些烧成的除罪灰, 放在器皿里, 倒上活水。

18 要由一个洁净的人, 拿牛膝草蘸在这水里, 把水洒在会幕上和一切器皿, 以及在那里的众人身上, 又洒在摸了骨头, 或是摸了被杀死的, 或是摸了坟墓的人身上。

19 第三天和第七天, 那洁净的人要洒水在不洁净的人身上, 这样到第七天就使他洁净; 他要洗自己的衣服, 用水洗身, 到晚上就洁净了。

20 "但那污秽而不洁净自己的, 那人必从会众中被剪除, 因为他玷污了耶和华的圣所; 除污秽的水没有洒在他身上, 他是不洁净的。

21 这要给你们作永远的定例。那洒了除污秽水的人, 要洗自己的衣服; 那摸了除污秽水的, 必不洁净到晚上。

22 不洁净的人摸过的一切, 必不洁净; 摸了这物的人, 也必不洁净到晚上。"