1 En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai -- in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand -- en gesê

2 dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.

3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.

4 Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou.

5 En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.

6 En daar was manne wat deur die lyk van 'n mens onrein geword het en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor Moses en A„ron op dieselfde dag,

7 en die manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van 'n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?

8 En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die HERE julle sal beveel.

9 Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:

10 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur 'n lyk onrein word of op 'n ver reis is, moet hy tog die pasga vir die HERE hou.

11 In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.

12 Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of 'n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.

13 Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Di, man moet sy sonde dra.

14 En as 'n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.

15 En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe.

16 So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags 'n gedaante van vuur.

17 En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan --

18 volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.

19 En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.

20 Maar somtyds was die wolk net 'n paar dae oor die tabernakel -- volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.

21 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre -- as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag -- as die wolk optrek, het hulle weggetrek;

22 of n twee dae of 'n maand of langer -- as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.

23 Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die HERE in ag geneem volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses.

1 以色列人出埃及地以后, 第二年正月, 耶和华在西奈旷野吩咐摩西说:

2 "以色列人要在指定的时间守逾越节,

3 就是本月十四日, 黄昏的时候, 你们要在指定的时间守这节, 要照着这节的一切律例和一切典章而行。"

4 于是, 摩西吩咐以色列人要守逾越节。

5 他们就在正月十四日, 黄昏的时候, 在西奈旷野守了逾越节; 耶和华怎样吩咐了摩西, 以色列人就怎样行了。

6 有几个人因为触着死人而不洁净, 以致他们不能在那一天守逾越节; 当日他们来到摩西和亚伦面前。

7 这些人对摩西说: "我们虽然因为接触死人而不洁净, 为什么我们被拒绝, 不能在以色列人中, 在指定的时间献耶和华的供物呢?"

8 摩西对他们说: "你们且等候, 我要去听耶和华对你们有什么吩咐。"

9 耶和华对摩西说:

10 "你要告诉以色列人说: 你们或你们的后代中, 如果有人因为接触死人而成为不洁净, 或因到远方旅行, 他还要向耶和华守逾越节;

11 他们要在二月十四日, 黄昏的时候, 守逾越节, 同时要吃无酵饼和苦菜;

12 一点也不留到早晨, 羊羔的骨头, 一根也不可折断; 他们要照着逾越节的一切律例守节。

13 但那洁净的, 又不在路上旅行的人, 如果忽略守逾越节, 那人就要从自己的民中被剪除, 因为他没有在指定的时间内献上耶和华的供物, 那人必担当自己的罪。

14 如果有外人寄居在你们中间, 想要向耶和华守逾越节, 他就必须照着逾越节的条例和典章而行; 不论是外人或是本地人, 只有一样的条例。"

15 在竖立帐幕的那一天, 有云彩遮盖着帐幕, 就是法柜的帐幕; 到了晚上, 云彩在帐幕上, 形状像火, 直到早晨。

16 常常是这样: 白天有云彩遮盖帐幕, 夜间云彩形状像火。

17 云彩什么时候从会幕上收去, 以色列人就起行; 云彩在什么地方停住, 以色列人就在那里安营。

18 以色列人照着耶和华的吩咐起行, 也照着耶和华的吩咐安营; 云彩在帐幕上停留多久, 他们就安营多久。

19 如果云彩多日停留在帐幕上, 以色列人就遵守耶和华的吩咐, 不起行。

20 有时云彩停留在帐幕上只有几天, 他们就照着耶和华的吩咐安营; 也照着耶和华的吩咐起行。

21 有时云彩从晚上到早晨停住; 到了早晨, 云彩一收上去, 他们就起行; 有时云彩从白昼到晚上都停住; 云彩一收上去, 他们就起行。

22 云彩停留在帐幕上不论有多久, 或两天、或一月、或一年, 以色列人就安营, 不起行; 云彩一收上去, 他们就起行。

23 他们照着耶和华的吩咐安营, 也照着耶和华的吩咐起行。他们遵守耶和华吩咐的, 就是照着耶和华借摩西吩咐的。