1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n lyk onrein is.

3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.

4 En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.

5 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6 Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en die siel skuldig word,

7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan die een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.

8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.

9 En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees.

10 En elkeen se heilige gawes dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.

11 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

12 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan,

13 en 'n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie -- hoewel sy haar verontreinig het -- terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;

14 en daar kom 'n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of 'n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;

15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit 'n spysoffer van jaloersheid is, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.

16 En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die aangesig van die HERE stel.

17 En die priester moet heilige water in 'n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.

18 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit -- 'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.

19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie -- wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.

20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat 'n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het --

21 so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;

22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amen, amen!

23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op 'n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;

24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.

25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.

26 Die priester moet ook van die spysoffer 'n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees.

28 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.

29 Dit is die wet oor die jaloersheid: As 'n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;

30 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word -- dan moet hy die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

31 En die man sal vry wees van ongeregtigheid, maar die vrou sal haar ongeregtigheid dra.

1 耶和华对摩西说:

2 "你要吩咐以色列人, 把所有患痲风病的, 患漏症的, 以及因接触死人而不洁的, 都送出营外;

3 无论男女, 你们都要送出去; 你们要把他们送出营外, 免得他们玷污自己的营, 这营就是我居住的。"

4 以色列人就这样行了, 把他们送出营外; 耶和华怎样吩咐摩西, 以色列人就怎样行了。

5 耶和华对摩西说:

6 "你要对以色列人说: 无论男女, 如果犯了人所犯的任何罪, 以致得罪耶和华, 那人就有了罪;

7 他要承认自己所犯的罪, 把亏负人的损失, 原数赔偿之外, 另外加上五分之一, 给予他亏负的人。

8 如果那人没有近亲可以把所亏负的赔偿给他, 所亏负的, 就要还给耶和华, 就是归给祭司, 此外还要献上为他赎罪的代罪公绵羊。

9 以色列人的一切圣物中, 奉给祭司为举祭的, 都要归给祭司。

10 各人所献的圣物, 要归给祭司; 人无论献给祭司什么, 都要归给祭司。"

11 耶和华对摩西说:

12 "你要告诉以色列人说: 无论什么人, 如果他的妻子背离丈夫, 对他不忠,

13 有人和她同寝, 事情瞒过了丈夫, 没有被查出, 没有见证人指证她, 犯罪时也没有被人捉住;

14 如果她的丈夫生了疑心, 疑忌妻子, 而妻子实在是被玷污了; 又或者丈夫生了疑心, 疑忌妻子, 而妻子并没有被玷污,

15 这人就要把妻子带到祭司那里, 又要为她带来供物, 就是大麦面一公斤, 不可浇上油, 也不可加上乳香, 因为这是疑忌的素祭, 是思念的素祭, 使人思念罪孽。

16 "祭司要使那妇人走进来, 站在耶和华面前。

17 祭司要把圣水盛在瓦器里, 又从帐幕的地面取些尘土, 撒在水中。

18 祭司要使那妇人站在耶和华面前, 松开她的头发, 把思念的素祭, 就是疑忌的素祭, 放在她的手中, 祭司的手里要拿着使人招致咒诅的苦水。

19 祭司要叫那妇人起誓, 对她说: ‘如果没有人与你同寝, 作妻子时没有背弃丈夫被人玷污, 你就免受这使人招致咒诅的苦水。

20 但是, 如果你作妻子时背弃了丈夫, 被人玷污了; 如果你在你的丈夫以外, 曾与别的男人同寝’,

21 这样, 祭司就要叫那妇人发咒起誓, 继续对她说: ‘耶和华要使你的大腿消瘦, 肚腹肿胀; 愿耶和华叫你在你的族人中成为咒诅和起誓的话柄;

22 愿这招致咒诅的水进入你的腹中, 使你的肚腹肿胀, 大腿消瘦。’那妇人要说: ‘阿们、阿们。’

23 "祭司要把这些咒诅的话写在卷上, 又把所写的字洗在苦水里,

24 又要叫那妇人喝这招致咒诅的苦水, 这招致咒诅的水要进入她里面, 就引起痛苦。

25 祭司要从这妇人的手中取过那疑忌的素祭, 把素祭在耶和华面前摇一摇, 然后带到祭坛那里。

26 祭司要从素祭中取出一把来, 作为记念, 放在祭坛上焚烧, 然后才叫妇人喝这水。

27 祭司叫她喝了这水以后, 如果她被人玷污, 对自己的丈夫不忠, 这招致咒诅的水就必进入她里面, 引起痛苦; 她的肚腹必肿胀, 大腿必消瘦; 那妇人就要在她的族人中成为咒诅。

28 但是, 如果这妇人没有被玷污, 而是贞洁的, 就不致受害, 并且要怀孕生子。

29 "这是关于疑忌的律例: 妻子在自己丈夫的权下, 如果背离丈夫, 被人玷污了;

30 或是人生了疑忌的心, 疑忌自己的妻子, 他就要叫那妇人站在耶和华的面前, 祭司要对她执行这法例。

31 这样, 男人可以免罪, 妇人就要担当自己的罪孽。"