1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 'n man of 'n vrou 'n besondere gelofte aflê, die gelofte van 'n nasireër, om hom aan die HERE te wy,
3 moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
4 Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe nie.
5 Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees -- hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
6 Al die dae dat hy hom aan die HERE gewy het, mag hy nie by 'n dooie kom nie.
7 Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster -- aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof.
8 Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig aan die HERE.
9 En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer.
10 En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring.
11 En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy uit oorsaak van die dooie gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag heilig.
12 Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE wy en 'n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.
13 En dit is die wet van die nasireër: Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle hom na die ingang van die tent van samekoms bring;
14 en hy moet sy offer aan die HERE bring: een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en een jaaroud ooilam sonder gebrek as sondoffer en een ram sonder gebrek as dankoffer
15 en 'n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort.
16 En die priester moet dit voor die aangesig van die HERE bring en die sondoffer en brandoffer vir hom berei.
17 Hy moet ook die ram as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en drankoffer vir hom berei.
18 Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms sy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.
19 Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat die sy gewyde hare afgeskeer het.
20 En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.
21 Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die HERE beloof op grond van sy nasireërskap, behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, so moet hy doen volgens die wet van sy nasireërskap.
22 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
23 Spreek met A„ron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:
24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;
25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
27 So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Âk sal hulle seën.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要告诉以色列人, 对他们说: ‘无论男女, 如果许了特别的愿, 就是拿细耳人的愿, 就要离俗归耶和华。
3 他要戒除淡酒和浓酒; 淡酒作的醋和浓酒作的醋, 他都不可喝; 不可喝任何葡萄汁, 也不可吃鲜葡萄或干葡萄。
4 在他离俗的日子, 葡萄树上出产的, 无论是葡萄核或是葡萄, 都不可吃。
5 "‘在他许愿离俗的日子, 不可用剃刀剃头; 他要圣洁, 直到他离俗归耶和华的日子满了, 他要由他的头发长长。
6 "‘在他离俗归耶和华的日子, 不可走近死人。
7 他的父母、兄弟或是姊妹, 死了的时候, 他不可因他们玷污自己, 因为离俗归他 神的记号, 在他的头上;
8 在他离俗的日子, 他都是归耶和华为圣的。
9 "‘如果在他身旁, 突然有人死了, 以致他离俗的头被玷污了, 他就要在得洁净的日子剃头, 就是在第七日剃头。
10 第八天, 他要把两只斑鸠, 或是两只雏鸽, 带到会幕门口交给祭司。
11 祭司要献一只作赎罪祭, 一只作燔祭, 为他赎那因死人而玷污的罪; 他要在当天使他的头成为圣洁,
12 使他重新离俗归耶和华的日子, 又要带一只一岁的公羊羔来作赎愆祭; 以前的日子无效, 因为他的离俗被玷污了。
13 "‘拿细耳人的律例是这样: 离俗的人的日子满了那天, 人要把他带到会幕的门口;
14 他要把供物献给耶和华, 就是献一只完全没有残疾、一岁的公羊羔作燔祭, 一只完全没有残疾、一岁的母羊羔作赎罪祭, 一只完全没有残疾的公绵羊作平安祭,
15 一篮无酵调油的细面饼和抹油的无酵薄饼, 以及同献的素祭和奠祭。
16 祭司要在耶和华面前献上这些供物, 又要献上他的赎罪祭和燔祭;
17 他又要把那只公绵羊和那一篮无酵饼, 献给耶和华作平安祭; 祭司也要把同献的素祭和奠祭献上。
18 拿细耳人要在会幕门口剃他离俗的头, 把他离俗的头发拿去, 放在平安祭下的火上。
19 拿细耳人剃去了自己离俗的头发以后, 祭司就要取那煮过的公绵羊的一条前腿, 又要从篮子里取一个无酵饼和一个无酵薄饼, 都放在拿细耳人的手上。
20 祭司要把这些作为摇祭, 在耶和华面前摇一摇; 这些作摇祭献上的胸和作举祭的腿, 同为圣物归给祭司; 然后拿细耳人才可以喝酒。
21 "‘许愿的拿细耳人的律例是这样: 他献给耶和华的供物是照着他离俗的愿, 不是根据他手上所得的; 他怎样许愿, 就当怎样照着离俗的律例而行。’"
22 耶和华对摩西说:
23 "你要告诉亚伦和他的儿子说: ‘你们要这样为以色列人祝福, 对他们说:
24 愿耶和华赐福你, 保护你;
25 愿耶和华使他的脸光照你, 赐恩给你;
26 愿耶和华敞脸垂顾你, 赐你平安。’
27 他们要这样奉我的名为以色列人祝福, 我也要为他们祝福。"