1 En Moses het met die stamhoofde van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
2 As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
3 Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
5 Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
6 Maar as sy trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het,
7 en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
8 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe.
9 Maar die gelofte van 'n weduwee of van 'n vrou wat verstoot is -- alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.
10 En as sy in die huis van haar man 'n gelofte doen of haarself met 'n eed verbind om haar te onthou,
11 en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
12 Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe.
13 Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig -- haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.
14 Maar as haar man van dag tot dag geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.
15 Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid.
16 Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.
1 摩西告诉以色列人众支派的领袖: "这是耶和华吩咐的话: (本节在《马索拉抄本》为30:2)
2 如果人向耶和华许愿, 或是起誓要约束自己, 就不可食言, 总要照着自己口里所出的一切话行。
3 女子年幼还在父家的时候, 如果向耶和华许愿要约束自己,
4 她父亲若是听见她所许的愿和约束自己的话, 却对她默不作声, 她所许的一切愿和所说约束自己的话, 就为有效。
5 但是她父亲听见的时候, 如果阻止她, 她所许的愿和所说约束自己的话, 就都为无效; 耶和华也必赦免她, 因为她父亲阻止她。
6 "如果她已嫁了丈夫, 她许愿或嘴里说冒失话约束自己的时候,
7 她丈夫听见了, 但在听见的时候, 默不作声, 她所许的愿和约束自己的话, 就为有效。
8 但是她丈夫听见的时候, 如果阻止她, 就算废了她所许的愿和她嘴里所说约束自己的冒失话; 耶和华也必赦免她。
9 "寡妇, 或是离了婚的妇人所许的愿, 就是她所说约束自己的一切话, 都为有效。
10 如果她在丈夫家里许了愿, 或用誓言约束自己,
11 她丈夫听见了, 却默不作声, 也没有阻止她, 她所许的愿和所说一切约束自己的话, 就为有效。
12 但是她丈夫听见的时候, 如果把这两样都废了, 妇人口中所说一切关于许愿的话和约束自己的话, 都必无效; 她丈夫已经把这两样都废了, 耶和华也必赦免她。
13 "妇人所许的愿和刻苦约束自己所起的誓, 她丈夫都可以确立, 也可以废去。
14 如果她丈夫天天向她默不作声, 那就算是确立她所许的愿和所说约束自己的一切话; 因为丈夫在听见的日子, 向她默不作声, 就使这两样生效。
15 但是, 如果丈夫听了很久以后, 才把这两样完全废去, 他就要担当妻子的罪孽。"
16 以上是耶和华吩咐摩西的条例, 是关于丈夫与妻子, 父亲与女儿, 女儿年幼在父家的时候的条例。