1 En die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
2 Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.
3 Daarom het hulle die plek Tab,ra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het.
4 En die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
5 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.
6 Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net die manna is voor ons oë.
7 Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom.
8 Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak van oliekoeke.
9 En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.
10 Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.
11 En Moses sê aan die HERE: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?
12 Het ,k hierdie hele volk dan ontvang? Of het ,k hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos 'n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met 'n eed beloof het?
13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.
14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.
15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.
16 Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.
17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
18 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre ; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie --
20 'n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?
21 Toe sê Moses: Ses honderd duisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 'n hele maand lank eet!
22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?
23 Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
24 Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.
25 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
26 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus -- hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie -- en hulle het in die laer geprofeteer.
27 Toe hardloop 'n seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.
28 En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!
29 Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!
30 Daarop het Moses hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.
31 Toe het 'n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.
32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer.
33 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvlam het, en die HERE het onder die volk 'n baie groot slagting teweeggebring.
34 Daarom het hulle die plek genoem Kibrot-Hatt äwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.
35 Van Kibrot-Hatt äwa af het die volk weggetrek na H serot toe, en hulle het in H serot gebly.
1 人民发怨言, 恶声达到耶和华的耳中; 耶和华听见了, 就发烈怒; 耶和华的火就在他们中间焚烧, 烧毁了营地的边界。
2 人民向摩西呼求, 摩西恳求耶和华, 火就熄了,
3 就称那地方作他备拉, 因为耶和华的火曾在他们中间焚烧。
4 他们中间的闲杂人起了贪欲, 甚至连以色列人也哭着说: "谁给我们肉吃呢?
5 我们记得在埃及的时候, 可以不花钱吃鱼, 还有黄瓜、西瓜、韭菜、葱和蒜。
6 现在我们的心都枯干了; 除了这吗哪以外, 在我们眼前, 什么都没有。"
7 这吗哪仿佛芫荽子, 又好像珍珠。
8 人民走来走去, 把吗哪拾起来, 或用磨磨碎, 或用臼捣碎, 或用锅煮, 或做成饼, 它的滋味好像油饼的滋味。
9 夜间露水降在营上的时候, 吗哪也随着降下来。
10 摩西听见人民都在各人的帐棚门口哀哭, 耶和华就大发烈怒, 摩西也不高兴。
11 摩西对耶和华说: "你为什么苦待你的仆人, 为什么我没有在你面前蒙恩呢?竟把管理这人民的重担全放在我身上呢?
12 这人民岂是我怀的胎, 岂是我生的吗?你竟对我说: ‘把他们抱在怀里, 像养育之父抱吃奶的孩子, 直抱到你起誓应许给他们们列祖的地方去。’
13 我从哪里得肉给这人民吃呢?因为他们都向我哭着说: ‘你给我们肉吃吧! ’
14 我不能独自担当管理这人民的责任, 因为实在太重了。
15 你既然这样待我, 如果我在你面前蒙恩, 求你把我杀了, 免得我看见自己的苦楚。"
16 耶和华对摩西说: "你要从以色列的长老中为我召聚七十个人, 就是你认识的民间的长老和官长, 领他们到会幕那里, 叫他们与你一同站在那里。
17 我要在那里降临, 与你说话, 也要把在你身上的灵, 分给他们, 他们就与你一同担当管理人民的责任, 免得你独自担当。
18 你要对人民说: ‘你们应当自洁, 预备明天可以吃肉, 因为你们哭着向耶和华说: "谁给我们肉吃呢?"所以耶和华必给你们肉吃。
19 你们不是吃一天两天, 不是吃五天十天, 也不是吃二十天,
20 而是吃一个整月, 直到肉从你们的鼻孔里喷出来, 成为你们厌恶的东西; 因为你们轻视了住在你们中间的耶和华, 在他面前哭着说: "我们为什么出埃及呢?"’"
21 摩西说: "这与我同住的人, 能行的男人就有六十万, 你还说: ‘我要给他们肉吃, 使他们可以吃一个整月。’
22 难道把羊群和牛群都给他们宰了, 就够他们吃吗?或是把海里所有的鱼都给他们聚了来, 就够他们吃吗?"
23 耶和华对摩西说: "耶和华的手臂缩短了吗?现在你要看看我的话应验不应验。"
24 于是摩西出来, 把耶和华的话告诉人民, 又从民间的长老中召聚了七十个人来, 使他们站在会幕的周围。
25 耶和华在云中降临, 对摩西说话, 把摩西身上的灵, 分给那七十个长老; 灵停在他们身上的时候, 他们就说预言, 以后却没有再说。
26 那时还有两个人留在营里; 一个名叫伊利达, 一个名叫米达; 灵也停在他们身上。他们原是在被录取的人中, 却没有到会幕那里去; 他们就在营里说预言。
27 有个少年人跑来, 告诉摩西: "伊利达和米达在营中说预言。"
28 摩西的侍从, 嫩的儿子约书亚, 就是摩西所拣选的, 回答说: "我主, 摩西, 请你制止他们。"
29 摩西对他说: "你为我的缘故嫉妒吗?但愿耶和华的人民都是先知, 但愿耶和华把他的灵降在他们身上。"
30 于是摩西和以色列的长老, 都回营去了。
31 有风从耶和华那里吹起, 把鹌鹑由海面刮来, 散落在营地; 鹌鹑在营的四周, 这边约有一天的路程, 那边约有一天的路程, 离地面约有一公尺。
32 人民起来, 那一天终日终夜, 并次日一整天, 都在捕捉鹌鹑, 最少的也捕捉了约二千公升; 他们都摆在营地的四周。
33 肉在他们牙齿之间, 还没有嚼烂, 耶和华的怒气就向人民发作, 用极重的灾祸击打他们。
34 于是那地方名叫基博罗.哈他瓦, 因为他们在那里埋葬起了贪欲的人。
35 人民从基博罗.哈他瓦起行, 到哈洗录去, 就住在哈洗录。