1 Daarna het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van J,rigo.

2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,

3 het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.

4 Toe sê Moab vir die oudstes van M¡dian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos 'n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was die tyd koning van Moab.

5 Daarop het hy boodskappers gestuur na B¡leam, die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.

6 Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle 'n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.

7 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van M¡dian gegaan met waarsêersloon by hulle en by B¡leam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.

8 Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by B¡leam gebly.

9 En God het na B¡leam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?

10 En B¡leam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:

11 Kyk, daar het 'n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.

12 Toe sê God vir B¡leam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.

13 Toe staan B¡leam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.

14 En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: B¡leam het geweier om saam met ons te gaan.

15 Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;

16 en hulle het by B¡leam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.

17 Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.

18 Toe antwoord B¡leam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.

19 Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.

20 En God het in die nag na B¡leam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.

21 Toe maak B¡leam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.

22 Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.

23 En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar B¡leam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.

24 Daarop gaan die Engel van die HERE in 'n hol pad tussen die wingerde staan -- 'n muur duskant en 'n muur anderkant.

25 En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook B¡leam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.

26 En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.

27 Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder B¡leam lê. Daarop het B¡leam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan.

28 Maar die HERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir B¡leam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?

29 Daarop antwoord B¡leam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand -- dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.

30 En die esel sê vir B¡leam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.

31 Toe open die HERE die oë van B¡leam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.

32 En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!

33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie -- dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.

34 Toe antwoord B¡leam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.

35 En die Engel van die HERE sê vir B¡leam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het B¡leam dan met die vorste van Balak saamgegaan.

36 Toe Balak hoor dat B¡leam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.

37 En Balak sê vir B¡leam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?

38 En B¡leam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.

39 B¡leam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom.

40 En Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan B¡leam gestuur en aan die vorste wat by hom was.

41 En in die môre het Balak B¡leam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.

1 以色列人起行, 在摩押平原安营, 就是在约旦河东边, 耶利哥的对面。

2 以色列人向亚摩利人所行的一切事, 西拨的儿子巴勒都看见了。

3 摩押人十分惧怕这民, 因为他们众多; 摩押人因以色列人的缘故, 十分恐慌。

4 摩押人对米甸的长老说: "现在这群人要吞并我们四周的一切, 好像牛吞吃田间的草一样。"那时西拨的儿子巴勒, 作摩押王;

5 他就派使者到比珥的儿子巴兰那里去, 就是到大河的毗夺, 亚扪人的地那里, 去叫巴兰来, 说: "你看, 有一个民族从埃及出来, 遮满了全地, 如今住在我的对面。

6 现在请你来, 替我咒诅这民, 因为他们比我强盛, 或者我能够击败他们, 把他们从这地赶出去; 因为我知道你给谁祝福, 谁就得福; 你咒诅谁, 谁就受咒诅。"

7 摩押的长老和米甸的长老, 手里带着礼金去了; 他们到了巴兰那里, 把巴勒的话告诉他。

8 巴兰对他们说: "今夜你们留在这里, 我必照着耶和华吩咐我的话答复你们。"于是, 摩押的领袖就与巴兰同住。

9 神来到巴兰那里, 说: "与你在一起的这些人是谁?"

10 巴兰对 神说: "是摩押王西拨的儿子巴勒派到我这里来的人, 他们说:

11 ‘你看, 从埃及出来的民族, 遮满了全地; 现在请你来, 替我咒诅他们, 或者我能够战胜他们, 把他们赶走。’"

12 神对巴兰说: "你不可与他们同去, 也不可咒诅那民, 因为他们是蒙福的。"

13 巴兰早晨起来, 对巴勒的领袖说: "你们回本地去吧, 因为耶和华不准我与你们同去。"

14 摩押的领袖起来, 回到巴勒那里, 说: "巴兰不肯与我们同来。"

15 于是, 巴勒又派比先前更多、更尊贵的领袖去,

16 他们来到巴兰那里, 对他说: "西拨的儿子巴勒这样说: ‘求你不要推辞不到我这里来,

17 因为我必使你大得尊荣; 你向我说什么, 我都照办; 只求你替我咒诅这民。’"

18 巴兰回答巴勒的臣仆说: "巴勒就算把他满屋的金银给我, 但我不论作大事小事, 也不能越过耶和华我 神的命令。

19 现在请你们今夜也住在这里, 等我得知耶和华还要向我说什么。"

20 当夜, 神来到巴兰那里, 对他说: "这些人既然来请你, 你就起程与他们同去, 但是你只要遵行我吩咐你的事。"

21 巴兰早晨起来, 备上驴, 与摩押的领袖一同去了。

22 神因为巴兰去就发怒; 耶和华的使者站在路上敌挡他。那时他骑着驴, 有两个仆人同行。

23 驴看见了耶和华的使者站在路上, 手里拿着拔出来的刀, 就转离正路, 走入田中去; 巴兰就打驴, 要叫它转回路上。

24 耶和华的使者站在葡萄园间的窄路上, 两边都有围墙。

25 驴看见了耶和华的使者, 就紧挤在墙上, 把巴兰的脚挤伤了, 巴兰又打驴。

26 耶和华的使者又往前行, 站在狭窄之处, 左右都没有转身的地方。

27 驴看见了耶和华的使者, 就卧在巴兰身下; 巴兰大怒, 就用自己的杖打驴。

28 耶和华开了驴的口, 驴就对巴兰说: "我向你作了什么, 你竟打我这三次呢?"

29 巴兰对驴说: "因为你作弄我。但愿我手中有刀, 现在就把你杀死。"

30 驴对巴兰说: "我不是你从起初一直所骑的驴吗?我以前曾向你这样行过吗?"巴兰说: "没有。"

31 那时, 耶和华开了巴兰的眼睛, 他就看见耶和华的使者站在路上, 手里拿着拔出来的刀, 巴兰就低头俯伏在地。

32 耶和华的使者对他说: "你为什么这三次打你的驴呢?看哪, 是我来敌挡你, 因为你走的路在我面前邪僻。

33 驴看见了我, 就三次从我面前转开; 驴若是没有从我面前转开, 我早已把你杀了, 而留它活着。"

34 巴兰对耶和华的使者说: "我有罪了, 我不知道是你站在路上阻挡我; 现在你若是不喜欢我去, 我就回去。"

35 耶和华的使者对巴兰说: "你与这些人同去吧, 但是你只要说我吩咐你的话。"于是巴兰与巴勒的领袖一同去了。

36 巴勒听见巴兰来了, 就出去到摩押的京城迎接他; 这城是在亚嫩河旁, 在边界的尽头。

37 巴勒对巴兰说: "我不是急切地派人到你那里去请你吗?你为什么不到我这里来呢?难道我不能使你得尊荣吗?"

38 巴兰对巴勒说: "看哪, 我已经来到你这里, 现在我怎能说什么呢? 神把什么话放在我口里, 我就说什么。"

39 巴兰与巴勒同行, 来到基列.胡琐。

40 巴勒宰了牛羊, 送给巴兰和与他在一起的领袖。

41 到了早晨, 巴勒带着巴兰上了巴力的高冈; 巴兰就从那里观看以色列民的边界。