1 En Naomi het 'n bloedverwant gehad van haar man se kant, 'n vermoënde man, uit die geslag van Elim,leg, wie se naam Boas was.

2 En Rut, die Moabitiese, het vir Naomi gesê: Laat ek tog die land ingaan en are optel agter die een in wie se oë ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan my dogter.

3 Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Elim,leg.

4 En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seën!

5 Daarop sê Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?

6 En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sê: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naomi uit die veld van Moab teruggekom het;

7 en sy het gesê: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmôre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit.

8 Toe sê Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op 'n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.

9 Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep.

10 Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek 'n vreemdeling is?

11 En Boas antwoord en sê vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het n die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.

12 Mag die HERE jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.

13 Toe sê sy: So vind ek dan genade in u oë, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.

14 En teen etenstyd het Boas vir haar gesê: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee, en sy het geëet en versadig geword en oorgehou.

15 Toe sy weer opstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesê: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie.

16 En julle moet ook so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lê, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie.

17 En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent 'n efa gars.

18 En sy het dit weggedra; en toe sy in die stad kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het; ook het sy uitgehaal en aan haar gegee wat sy oorgehou het nadat sy versadig was.

19 Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseënd wees wat in jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sê: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.

20 En Naomi sê vir haar skoondogter: Mag hy geseënd wees deur die HERE, wat sy guns aan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sê Naomi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons lossers.

21 Toe sê Rut, die Moabitiese: Hy het ook nog vir my gesê: By my dienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort.

22 Daarop het Naomi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op 'n ander land aangedoen word nie.

23 So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die gars-oes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon.

1 拿俄米的丈夫以利米勒有个同族的亲戚, 名叫波阿斯, 是个大财主。

2 摩押女子路得对拿俄米说: "让我到田里去, 我在谁的眼前蒙恩, 我就跟在谁的背后捡麦穗。"拿俄米说: "女儿啊, 你尽管去。"

3 路得就去了, 来到田里, 在收割的人背后捡麦穗。她恰巧来到以利米勒同族的人波阿斯那块田。

4 波阿斯刚好从伯利恒来, 对收割的人说: "愿耶和华与你们同在。"他们回答: "愿耶和华赐福与你。"

5 波阿斯问那监督收割的仆人: "那是谁家的姑娘呢?"

6 监督收割的仆人回答: "她是跟拿俄米从摩押地回来的摩押女子。

7 她说: ‘请让我捡一点麦穗吧。让我跟在收割的人背后, 在禾捆堆中捡些零碎的穗子。’于是她来了。除了在房子里休息了一会儿之外, 从早晨到现在一直都留在这里。"

8 波阿斯对路得说: "女儿啊, 听我说, 不要到别人田里去捡麦穗, 也不要离开这里, 要常常与我的女佣人在一起。

9 你看他们在哪块田里收割, 就跟着女佣人去。我不是已经吩咐仆人不可欺负你吗?假如你渴了, 就到水缸那里去, 喝仆人打来的水。"

10 路得就俯伏在地叩拜, 对他说: "我是个外族人, 为什么会在你眼前蒙恩, 蒙你关照呢?"

11 波阿斯回答她说: "自从你丈夫去世以后, 你对婆婆所行的, 和你怎样离开父母与出生之地, 来到素来不认识的人中间, 这一切我都知道得很清楚了。

12 愿耶和华照你所作的报答你; 你来投靠在耶和华以色列 神的翅膀下, 愿他充充足足酬报你。"

13 路得说: "主人啊, 但愿我在你眼前蒙恩, 虽然我连你的婢女都不是, 你还是安慰我, 对我这么好。"

14 到了吃饭的时候, 波阿斯对路得说: "你过来, 吃一点饼吧, 拿饼块蘸在醋里。"路得就在收割的人旁边坐下来。波阿斯把一些烘好的麦穗递给她, 她吃饱了, 还有剩下的。

15 她再起来去捡麦穗的时候, 波阿斯吩咐仆人说: "就算她在禾捆堆中捡麦穗, 也不可以辱骂她。

16 甚至要故意为她从禾捆中抽些出来, 留给她去捡, 千万不可责备她。"

17 路得就这样在田里捡麦穗, 直到傍晚。她把捡来的麦穗打了, 约有二十二公升大麦,

18 然后带回城里去。路得把捡来的麦子拿给婆婆看, 把吃剩的给了婆婆。

19 婆婆问她: "你今天在哪里捡麦穗?在哪里工作呢?愿那关照你的人蒙福。"路得就告诉婆婆她在谁那里工作, 说: "我今天在一个名叫波阿斯的人那里工作。"

20 拿俄米对媳妇说: "愿不断施慈爱给活人和死人的耶和华赐福给他。"拿俄米又对她说: "这个人是我们的亲人, 有买赎权的一位近亲。"

21 摩押女子路得说: "他还告诉我: ‘紧跟着我的仆人捡麦穗, 直到全部收割完毕。’"

22 拿俄米对媳妇路得说: "我女儿啊, 这样才好, 要与他的女佣人一起去, 免得在别人的田里遭受敌视。"

23 她就紧跟着波阿斯的女佣人捡麦穗, 直到大麦和小麦都收割好了。路得一直与婆婆住在一起。