1 En in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het 'n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.
2 En die naam van die man was Elim,leg en die naam van sy vrou Naomi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.
3 En Elim,leg, die man van Naomi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.
4 En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.
5 En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,
6 het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.
7 So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan,
8 sê Naomi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.
9 Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
10 en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk.
11 Maar Naomi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word?
12 Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om 'n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan 'n man mag behoort en ook seuns baar --
13 sou julle in die geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in die geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.
14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.
15 Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan!
16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.
17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen -- net die dood sal skeiding maak tussen my en u.
18 Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.
19 En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naomi?
20 Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naomi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.
21 Vol het ek weggetrek, maar leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naomi noem, terwyl die HERE teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?
22 So het Naomi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.
1 在士师统治期间, 国内发生了饥荒。有一个人带着妻子和两个儿子, 从犹大的伯利恒前往摩押地去, 寄居在那里。
2 这个人名叫以利米勒, 妻子名叫拿俄米, 两个儿子叫玛伦和基连, 都是犹大伯利恒的以法他人。他们到了摩押地, 就在那里住下来了。
3 后来拿俄米的丈夫以利米勒去世了, 留下她和两个儿子。
4 他们娶了摩押女子作妻子, 一个名叫俄耳巴, 一个名叫路得。他们在那里住了约有十年。
5 后来, 玛伦和基连二人也死了, 留下拿俄米, 既没有了两个儿子, 又没有了丈夫。
6 拿俄米还在摩押地的时候, 因为听说耶和华眷顾他的子民, 赐粮食给他们, 就带着两个媳妇动身从摩押地回来。
7 她离开居住的地方, 两个媳妇也随她出发, 要回到犹大地去。
8 拿俄米对两个媳妇说: "去吧, 你们还是各自回娘家吧。愿耶和华恩待你们, 像你们善待已死的人和我一样。
9 愿耶和华使你们各人有机会再嫁("有机会再嫁"原文作"在丈夫家里"), 找到归宿。"跟着亲吻她们, 她们就发声大哭,
10 说: "不, 我们一定要跟你一起回到你同胞那里去。"
11 拿俄米说: "我女儿啊, 你们回去吧, 为什么要跟我去呢?我肚子里还有儿子作你们的丈夫吗?
12 走吧, 我女儿啊, 你们回去吧, 因为我太老, 不能嫁人了, 就算我说我还有希望今天晚上有个丈夫, 又生儿子,
13 你们可以等到他们长大吗?你们可以为他们守节而不嫁人吗?不行, 我女儿啊, 我为你们非常难过, 因为耶和华伸手对付我。"
14 她们又放声大哭。俄耳巴就和婆婆吻别, 路得却舍不得离开拿俄米。
15 拿俄米说: "你看, 你嫂嫂已经回到她同胞和她的神那里去了。你也跟着嫂嫂回去吧。"
16 路得说: "请不要逼我离开你回去, 不跟从你。你到哪里去, 我也要到哪里去; 你在哪里过夜, 我也要在哪里过夜; 你的同胞就是我的同胞, 你的 神就是我的 神;
17 你死在哪里, 我也要死在哪里, 葬在哪里。除非死亡把你我分离; 如果我离开你, 愿耶和华加倍惩罚我。"
18 拿俄米看路得坚决要跟她走, 就不再多费唇舌了。
19 她们双双上路, 来到伯利恒。她们到达的时候, 全城都因她们的缘故骚动起来。妇女们说: "这是拿俄米吗?"
20 拿俄米对她们说: "不要叫我拿俄米, 叫我玛拉吧, 因为全能者使我吃尽了苦头。
21 我满满地出去, 耶和华却使我空空地回来, 你们为什么还叫我拿俄米呢?耶和华折磨我, 全能者加害于我。"
22 拿俄米就这样回来了。她媳妇摩押女子路得随着她从摩押地回来。她们到达伯利恒, 正是开始收割大麦的时候。