1 Daarna het nader gekom die dogters van Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef -- dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa --

2 en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Ele sar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê:

3 Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.

4 Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader.

5 Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die HERE.

6 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

7 Die dogters van Selofhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.

8 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.

9 En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee.

10 En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.

11 En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en die moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 'n regsinsetting wees, soos die HERE Moses beveel het.

12 Daarna het die HERE aan Moses gesê: Klim op hierdie gebergte Ab rim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het.

13 En as jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote versamel word soos jou broer A„ron versamel is;

14 omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van M,riba by Kades, in die woestyn Sin.

15 Toe het Moses met die HERE gespreek en gesê:

16 Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel

17 wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van die HERE nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie.

18 Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,

19 en stel hom voor die priester Ele sar en voor die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë;

20 en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.

21 En hy moet voor die priester Ele sar staan, dat die vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.

22 En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Ele sar en voor die hele vergadering gestel,

23 en hy het hom die hande opgelê en hom 'n opdrag gegee soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.

1 属约瑟的儿子玛拿西的各家族, 有玛拿西的玄孙、玛吉的曾孙、基列的孙子、希弗的儿子西罗非哈的女儿, 名叫玛拉、挪阿、曷拉、密迦、得撒; 她们前来,

2 站在会幕门口, 在摩西和以利亚撒祭司、众领袖和全体会众面前, 说:

3 "我们的父亲死在旷野, 他并不是在那聚集攻击耶和华的人之中, 不属可拉一党的人; 他死在自己的罪中, 只是他没有儿子。

4 为什么因为我们的父亲没有儿子, 就把他的名从他的家族中除掉呢?求你在我们父亲的兄弟中, 给我们产业。"

5 于是摩西就把她们的案件呈到耶和华面前。

6 耶和华对摩西说:

7 "西罗非哈的女儿说得有理, 你一定要在她们父亲的兄弟中, 给她们产业, 要把她们父亲的产业给她们。

8 你也要告诉以色列人说: ‘一个人死时, 如果没有儿子, 就要使他的产业归给他的女儿。

9 如果他没有女儿, 就要把他的产业给他的兄弟。

10 如果他没有兄弟, 就要把他的产业给他父系的兄弟。

11 如果他父亲没有兄弟, 你们就要把他的产业给他家族中最近的亲属, 那人就要得他的产业。这要作以色列人的律例、典章, 是照着耶和华吩咐摩西的。’"

12 耶和华吩咐摩西说: "你要上这亚巴琳山去, 看看我赐给以色列人的地。

13 看了以后, 你也必归到你的本族那里去, 像你哥哥亚伦归去一样。

14 因为在寻的旷野, 会众争闹的时候, 你们违背了我的命令, 没有在涌水之地, 在会众眼前尊我为圣。"

15 摩西对耶和华说:

16 "愿耶和华万人之灵的 神, 立一个人治理会众,

17 可以在他们面前出入; 带领他们出入, 免得耶和华的会众好像没有牧人的羊一样。"

18 耶和华对摩西说: "你要拣选嫩的儿子约书亚, 他心里有圣灵, 你要按手在他头上,

19 叫他站在以利亚撒祭司和全体会众面前, 当他们的面委派他。

20 你要把你的尊荣给他几分, 好叫以色列全体会众都听从他。

21 他要站在以利亚撒祭司面前, 以利亚撒要借着乌陵的判断, 在耶和华面前为他求问; 他和以色列众人, 就是全体会众, 都要按着以利亚撒的命令出入。"

22 于是, 摩西照着耶和华吩咐他的去行; 他把约书亚领来, 叫他站在以利亚撒祭司和全体会众面前,

23 按手在他头上, 委派他, 是照着耶和华借摩西吩咐的。