1 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, 'n groot menigte. En toe hulle die land van Ja,ser en die land G¡lead bekyk het, vind hulle uit dat die plek 'n plek vir vee was.
2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Ele sar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:
3 Atarot en Dibon en Ja,ser en Nimra en Hesbon en Ele le en Sebam en Nebo en Behon --
4 die land wat die HERE voor die vergadering van Israel uit verower het -- is 'n land vir vee, en u dienaars het vee.
5 Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.
6 Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil julle hier bly?
7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan afkerig maak om deur te trek in die land wat die HERE aan hulle gegee het?
8 So het julle vaders gedoen toe ek hulle van Kades-Barn,a af gestuur het om die land te bekyk.
9 Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat die HERE aan hulle gegee het.
10 Daarom het die toorn van die HERE dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:
11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie --
12 behalwe Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om die HERE te volg.
13 En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.
14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van die HERE teen Israel nog te vermeerder.
15 As julle van Hom afvallig word, sal Hy hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.
16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.
17 Maar ons self sal ons haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land.
18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die kinders van Israel elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.
19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s'n geword het.
20 Toe sê Moses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van die HERE vir die oorlog wapen
21 en elke gewapende man van julle voor die aangesig van die HERE deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het
22 en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle 'n besitting word voor die aangesig van die HERE.
23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind.
24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het.
25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben met Moses gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my heer beveel het.
26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons lasdiere sal daar in die stede van G¡lead bly;
27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van die HERE na die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.
28 Toe het Moses aangaande hulle aan die priester Ele sar en aan Josua, die seun van Nun, en aan die familiehoofde uit die stamme van die kinders van Israel bevel gegee,
29 en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land G¡lead as 'n besitting.
30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle onder julle in die land Kana„n besittings verkry.
31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat die HERE aan u dienaars gesê het, so sal ons doen.
32 Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die HERE na die land Kana„n, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees.
33 So het Moses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom.
34 En die kinders van Gad het Dibon gebou en Atarot en Aroër
35 en Aterot-Sofan en Ja,ser en Jogbeha
36 en Bet-Nimra en Bet-Haran, versterkte stede en skaapkrale.
37 En die kinders van Ruben het Hesbon gebou en Ele le en Kirjataim
38 en Nebo en Ba„l-Meon -- met verandering van die name -- en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.
39 En die seuns van Magir, die seun van Manasse, het na G¡lead gegaan en dit verower en die Amoriete verdrywe wat daarin was.
40 En Moses het G¡lead aan Magir, die seun van Manasse, gegee; en hy het daarin gewoon.
41 En Ja‹r, die seun van Manasse, het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Ja‹r genoem.
42 En Nobag het gegaan en Kenat en die onderhorige plekke ingeneem en dit sy naam Nobag gegee.
1 流本子孙和迦得子孙的牲畜极其众多; 他们看见雅谢地和基列地都是可牧放牲畜的地方,
2 就来对摩西和以利亚撒祭司, 以及会众的首领说:
3 "亚大录、底本、雅谢、宁拉、希实本、以利亚利、示班、尼波、比稳,
4 就是耶和华在以色列会众面前攻取的地, 是可牧放牲畜的地, 你仆人也有牲畜。"
5 他们又说: "如果我们在你眼前蒙恩, 求你把这地给你的仆人作产业, 不要叫我们过约旦河。"
6 摩西对迦得子孙和流本子孙说: "难道你们的兄弟去打仗, 你们却坐在这里吗?
7 你们为什么使以色列人灰心, 不过河到耶和华赐给他们的地那里去呢?
8 我从前从加低斯.巴尼亚派你们的先祖去窥探那地的时候, 他们也是这样行。
9 他们上到以实各谷, 看了那地, 就使以色列人灰心, 不进耶和华赐给他们的地那里去。
10 当日耶和华的怒气发作, 就起誓说:
11 ‘从埃及上来二十岁以上的人, 必不得看见我对亚伯拉罕、以撒、雅各起誓应许的地, 因为他们没有专心跟从我。
12 唯独基尼洗人耶孚尼的儿子迦勒, 和嫩的儿子约书亚可以看见, 因为他们专心跟从耶和华。’
13 耶和华的怒气向以色列人发作, 使他们在旷野飘流了四十年, 等到在耶和华眼前行恶的那一代都灭尽了。
14 现在, 你们这些罪人的族类, 也来接替你们的先祖, 增添耶和华对以色列的烈怒!
15 如果你们转离, 不跟从他, 他再要把以色列人撇在旷野, 这样, 你们就要把整个民族都毁灭了。"
16 两支派的人走到摩西跟前, 对他说: "我们要在这里给我们的牲畜筑羊圈, 给我们的孩子建城邑。
17 我们自己却要武装起来, 行在以色列人前头上阵, 直到把他们领到他们自己的地方, 但我们的孩子因为这地居民的缘故, 要住在坚固的城里。
18 我们决不回家, 直等到以色列人各自承受了产业。
19 我们不与他们在约旦河西边之地同受产业, 因为我们的产业是坐落在约旦河东边。"
20 摩西对他们说: "如果你们这样行, 在耶和华面前武装起来去作战,
21 你们所有武装起来的人, 都要在耶和华面前过约旦河, 直到他把他的仇敌从自己面前赶出去,
22 直到那地在耶和华面前被征服了, 然后才回家, 这样你们对耶和华和对以色列就算无罪, 这地也可以在耶和华面前归你们作产业。
23 如果你们不这样行, 就得罪了耶和华; 你们要知道你们的罪必追上你们。
24 现在你们只管照你们口中所出的话去行, 为你们的孩子建城, 为你们的羊群筑圈。"
25 迦得子孙和流本子孙告诉摩西: "你仆人必照着我主吩咐的去行。
26 我们的孩子、妻子、羊群和所有的牲畜, 都要留在基列的各城;
27 但你的仆人, 所有武装起来预备打仗的, 都要照着我主所说的, 在耶和华面前过去作战。"
28 于是, 摩西为了他们, 嘱咐以利亚撒祭司和嫩的儿子约书亚, 以及以色列众支派的族长,
29 对他们说: "迦得的子孙和流本的子孙, 所有武装起来, 在耶和华面前预备去作战的人, 如果与你们一同过约旦河, 那地在你们面前被征服了, 你们就要把基列地给他们作产业。
30 他们若是不武装起来, 与你们一同过去, 他们就要在迦南地在你们中间同得产业。"
31 迦得的子孙和流本的子孙回答, 说: "耶和华怎样吩咐仆人, 我们就怎样行。
32 我们要武装起来, 在耶和华面前过河, 到迦南地去; 只是约旦河这边的地方, 要归我们作产业。"
33 于是摩西把亚摩利王西宏的国, 和巴珊王噩的国, 连那地, 和境内城市, 以及那地周围的城市, 都给了迦得的子孙、流本的子孙和约瑟的儿子玛拿西的半个支派。
34 迦得的子孙修筑了底本、亚他录、亚罗珥、
35 亚他录.朔反、雅谢、约比哈、
36 伯.宁拉、伯.哈兰这些坚固的城市和羊圈。
37 流本的子孙修筑了希实本、以利亚利、基列亭、
38 尼波、巴力.免(以上的名字是改了的)、西比玛; 又为他们修筑的城市起了别的名字。
39 玛拿西的儿子玛吉的子孙到基列去, 攻取了那地, 把住在那里的亚摩利人赶走。
40 摩西把基列给了玛拿西的儿子玛吉, 玛吉就住在那里。
41 玛拿西的儿子睚珥, 去攻取了亚摩利人的村庄, 就把这些村庄叫作哈倭特.睚珥。
42 挪巴去攻取了基纳和基纳的小村镇, 就用自己的名字叫基纳为挪巴。