1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met A„ron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.

3 En A„ron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy die lampe opgesteek soos die HERE Moses beveel het.

4 En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die HERE aan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.

5 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

6 Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.

7 En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet 'n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.

8 Daarna moet hulle 'n jong bul neem en die spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en 'n ander jong bul moet jy as sondoffer neem.

9 En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.

10 Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat nader kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.

11 En A„ron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig.

12 En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen.

13 Dan moet jy die Leviete stel voor A„ron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg.

14 En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete myne kan wees.

15 En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.

16 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open -- al die eersgeborenes uit die kinders van Israel -- het Ek hulle vir My geneem.

17 Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.

18 En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem

19 en die Leviete gegee -- hulle is gegee aan A„ron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.

20 En Moses en A„ron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.

21 En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en A„ron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en A„ron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.

22 En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor A„ron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.

23 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

24 Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.

25 Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie --

26 hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.

1 耶和华对摩西说:

2 "你要告诉亚伦: ‘你点灯的时候, 七盏灯都要照向灯台的前面。’"

3 亚伦就这样行了; 他把灯台上的灯都点着了, 使光照向灯台的前面, 正如耶和华吩咐摩西的。

4 这灯台的做法是这样: 是用金子锤出来的, 从座到花都是锤出来的。摩西制造灯台, 是照着耶和华指示的样式做的。

5 耶和华对摩西说:

6 "你要从以色列人中间选出利未人, 洁净他们。

7 你洁净他们当这样行: 要把除罪水洒在他们身上, 又叫他们用剃刀剃全身; 把衣服洗净, 洁净自己。

8 然后, 叫他们取一头公牛犊和同献的素祭, 就是用油调和的细面; 你要另取一头公牛犊, 作赎罪祭。

9 你要把利未人带到会幕前面, 又要召集以色列的全体会众;

10 你要把利未人带到耶和华面前, 以色列人要按手在他们身上。

11 亚伦要把利未人献在耶和华面前, 作以色列人中的摇祭, 使他们办理耶和华的事务。

12 利未人要按手在那两头牛的头上; 你要把一只作赎罪祭, 一只作燔祭, 献给耶和华, 为利未人赎罪。

13 你又要叫利未人站在亚伦和他的儿子们面前, 把他们作摇祭献给耶和华。

14 "这样, 你要把利未人从以色列人中分别出来, 利未人就要归我。

15 以后, 利未人可以进去办理会幕的事; 你要洁净他们, 把他们作摇祭献上。

16 因为他们是以色列人中完全献给我的; 我选出了他们归我, 是代替以色列人中所有头生的。

17 因为以色列人中所有头生的, 连人带畜都是我的; 我在埃及地击杀所有头生的那一天, 就把他们分别为圣归我了。

18 我选出了利未人, 代替以色列人中所有头生的。

19 我从以色列人中, 把利未人赐给亚伦和他的众子, 在会幕里办理以色列人的事务, 又为以色列人赎罪, 免得他们走近圣所的时候, 就有灾祸临到他们。"

20 摩西、亚伦和以色列的全体会众, 就向利未人这样行了; 耶和华指着利未人吩咐摩西的, 以色列人都照样向他们行了。

21 于是利未人洁净了自己, 把衣服洗净; 亚伦把他们作摇祭献在耶和华面前; 亚伦又为他们赎罪, 洁净他们。

22 然后, 利未人才进去, 在亚伦和他的众子面前, 在会幕里办理他们的事务; 耶和华指着利未人怎样吩咐摩西, 以色列人就怎样向他们行了。

23 耶和华对摩西说:

24 "关于利未人的职责是这样: 从二十五岁以上的, 要进来办理会幕里的事务;

25 到了五十岁, 就要停止办理事务, 不再办事;

26 只要在会幕里帮助自己的兄弟, 尽忠职守, 事务却不必办理了。关于利未人的职守, 你要这样向他们行。"