1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
6 wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
7 waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel -- ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie -- 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
8 Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
1 因此, 我劝你最重要的是要为万人、君王和一切有权位的恳求、祷告、代求和感恩, 好让我们可以敬虔庄重地过平静安稳的日子。
3 在我们的救主 神看来, 这是美好的, 可蒙悦纳的。
4 他愿意万人得救, 并且充分认识真理。
5 因为 神只有一位, 在 神和人中间也只有一位中保, 就是降世为人的基督耶稣。
6 他舍了自己作万人的赎价, 到了适当的时候, 这事就证实了。
7 为了这事, 我也被派作传道的和使徒(我说的是真话, 不是谎言), 在信仰和真理上作外族人的教师。
8 因此, 我愿意男人没有忿怒, 没有争论, 举起圣洁的手随处祷告。
9 照样, 我也愿意女人以端正、娴淑、自律为装饰; 不要以鬈发、金饰、珠宝, 或名贵衣裳为装饰,
10 却要以善行作装饰, 这才配称为敬畏 神的女人。
11 女人应该安静而又完全顺服地学习。
12 我不准女人教训男人, 辖制男人; 女人总要安静。
13 因为先造的是亚当, 后造的是夏娃;
14 不是亚当受了引诱, 而是女人受了引诱, 陷在过犯里面。
15 然而女人要是常常存着信心、爱心、圣洁自律, 在她生育的事上必定得救。