1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,

2 aan Timothes, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

3 Soos ek jou versoek het toe ek na Macedonië op reis was, moet jy in fese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,

4 en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.

5 Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof

6 waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;

7 hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.

8 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik

9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10 hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

12 En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,

13 my wat vroeër 'n lasteraar en 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.

15 Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

16 Maar daarom is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om 'n voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.

17 Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

18 Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timothes, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry

19 en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,

20 onder wie daar is Himen,s en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.

1 奉我们的救主 神, 和我们的盼望基督耶稣的命令, 作基督耶稣使徒的保罗,

2 写信给因信主而作我真儿子的提摩太。愿恩惠、怜悯、平安从父 神和我们的主基督耶稣临到你。

3 我往马其顿去的时候, 曾经劝你留在以弗所, 为要嘱咐某些人, 不可传别的教义,

4 也不可沉迷于无稽之谈和无穷的家谱; 这些事只能引起争论, 对于 神在信仰上所定的计划是毫无帮助的。

5 这嘱咐的目的是出于爱; 这爱是发自纯洁的心、无愧的良心和无伪的信心。

6 有些人偏离了这些, 就转向无意义的辩论,

7 想要作律法教师, 却不明白自己讲的是什么, 主张的又是什么。

8 我们知道律法是好的, 只要应用得恰当。

9 要知道律法本来不是为义人设立的, 而是为那些无法无天和放荡不羁的、不敬虔和犯罪的、不圣洁和世俗的、弒父母和杀人的、

10 淫乱的、亲男色的、拐带人口的、说谎话的、发假誓的, 以及为其他抵挡纯正教训的人设立的。

11 这是照着可称颂的、荣耀的 神所交托我的福音说的。

12 我感谢那赐我能力的、我们的主基督耶稣, 因为他认为我有忠心, 派我服事他。

13 我从前是亵渎 神的、迫害人的、凌辱人的, 然而我还蒙了怜悯, 因为我是在不信的时候, 由于无知而作的。

14 我们主的恩典, 随着在基督耶稣里的信心和爱心, 在我身上越发增加。

15 "基督耶稣降世, 为要拯救罪人。"这话是可信的, 是值得完全接纳的。在罪人中我是个罪魁。

16 可是, 我竟然蒙了怜悯, 好让基督耶稣在我这个罪魁身上, 显明他完全的忍耐, 给后来信他得永生的人作榜样。

17 但愿尊贵荣耀归给万世的君王, 就是那不朽坏、人不能见、独一的 神, 直到永永远远。阿们。

18 我儿提摩太啊! 我照着从前关于你的预言, 把这命令交托你, 为的是要叫你借着这些预言打那美好的仗。

19 常常存着信心和无愧的良心。有些人丢弃良心, 就在信仰上失落了。

20 他们当中有许米乃和亚历山大, 我已经把他们交给撒但, 使他们受管教不再亵渎。