1 Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
3 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
4 En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel.
5 Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!
6 Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
7 Want julle weet self hoe julle ons moet navolg, want ons het ons nie onordelik onder julle gedra nie;
8 ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.
9 Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as 'n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.
10 Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
11 Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.
12 Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
13 En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie.
14 En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken die man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.
15 En beskou hom nie as 'n vyand nie, maar vermaan hom as 'n broeder.
16 En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
17 Die groete van Paulus, met my eie hand, wat 'n teken is in elke brief; so skryf ek.
18 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
1 最后, 弟兄们, 请为我们祷告, 好叫主的道也像在你们那里一样快快传开, 得着荣耀,
2 也使我们能够脱离那些不讲理的恶人, 因为不是人人都有信心。
3 主是信实的, 他必坚定你们, 保护你们脱离那恶者。
4 我们靠着主深深相信, 你们现在以及将来都会遵行我们所吩咐的,
5 愿主引导你们的心, 使你们有 神的爱和基督的坚忍。
6 弟兄们, 我们奉主耶稣基督的名吩咐你们, 凡是游手好闲的弟兄, 不按着你们从我们所领受的教训去行, 就应当远离他。
7 你们自己本来就知道应当怎样效法我们, 因为我们在你们中间并没有游手好闲,
8 也没有白吃过谁的饭, 反而辛苦劳碌, 昼夜作工, 免得加重你们任何一人的负担。
9 这不是因为我们没有权利, 而是要给你们作榜样, 好让你们效法我们。
10 我们在你们那里的时候, 曾经吩咐过你们, 如果有人不肯作工, 就不可吃饭。
11 因为我们听说, 你们中间有人游手好闲, 什么工也不作, 反倒专管闲事。
12 我们靠着主耶稣基督, 吩咐劝戒这样的人, 要安静作工, 自食其力。
13 弟兄们, 你们行善不可灰心。
14 如果有人不听从我们这封信上的训勉, 要把这个人记下来, 不可和他来往, 好叫他自己觉得惭愧。
15 但不要把他看作仇敌, 却要劝他好像劝弟兄一样。
16 愿赐平安的主亲自随时随地赐平安给你们。愿主与你们众人同在。
17 我保罗亲笔问候你们。这是我每一封信的记号; 我的笔迹就是这样。
18 愿我们主耶稣基督的恩惠与你们众人同在。