1 Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.
2 En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
4 Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;
5 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
6 Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
7 Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
8 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
9 Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
10 Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
11 En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
13 Oordeel self: Is dit betaamlik dat 'n vrou met onbedekte hoof tot God bid?
14 Of leer ook die natuur self julle nie dat as 'n man lang hare dra, dit vir hom 'n oneer is nie;
15 maar as 'n vrou lang hare dra, dit vir haar 'n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as 'n bedekking?
16 Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so 'n gewoonte nie, en ook die gemeentes van God nie.
17 Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.
18 Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit.
19 Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.
20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.
22 Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle die beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.
23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
25 Net so ook die beker n die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
28 Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.
29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap.
31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.
32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;
34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot 'n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.
1 你们应该效法我, 好像我效法基督一样。
2 我称赞你们, 因为你们在一切事上都记念我, 又持守我传交给你们的教训。
3 但是我愿意你们知道, 基督是男人的头, 男人是女人的头("男人是女人的头"或译: "丈夫是妻子的头"), 神是基督的头。
4 男人祷告或讲道的时候, 如果蒙着头, 就是羞辱自己的头。
5 女人祷告或讲道的时候, 如果不蒙着头, 就是羞辱自己的头, 因为这就好像剃了头发一样。
6 女人要不蒙着头, 她就应当把头发剪了; 如果女人以为剪发或剃头是羞耻的事, 她就应当蒙着头。
7 男人不应蒙着头, 因为他是 神的形象和荣耀, 而女人是男人的荣耀。
8 因为男人不是由女人而出, 女人却是由男人而出,
9 并且男人不是为了女人而造的, 女人却是为了男人而造的。
10 因此, 为天使的缘故, 女人应当在头上有服权柄的记号。
11 然而在主里面, 女人不可以没有男人, 男人也不可以没有女人。
12 因为正如女人是由男人而出, 照样, 男人是借着女人而生; 万有都是出于 神。
13 你们自己判断一下, 女人向 神祷告的时候不蒙头, 是合适的吗?
14 人的本性不是也教导你们, 如果男人有长头发, 就是他的羞耻吗?
15 如果女人有长头发, 不就是她的荣耀吗?因为头发是给她作盖头的。
16 如果有人想要强辩, 我们却没有这种习惯, 神的众教会也没有。
17 我现在要吩咐你们, 不是要称赞你们, 因为你们聚集在一起, 并没有得到益处, 反而有害处。
18 首先, 我听说你们在聚会的时候, 你们中间起了分裂, 这话我也稍微相信。
19 你们中间会有分党结派的事, 这是必然的, 为的是要使那些经得起考验的人显明出来。
20 你们聚集在一起, 不是吃主的晚餐,
21 因为吃的时候, 各人都先吃自己的晚餐, 结果有人饥饿, 有人醉了。
22 难道你们没有家可以吃喝吗?还是你们藐视 神的教会, 使那些没有的羞愧呢?我向你们可以说什么呢?称赞你们吗?在这事上我不能称赞。
23 我当日传交给你们的, 原是从主领受的, 就是主耶稣被出卖的那一夜, 他拿起饼来,
24 祝谢了, 就擘开, 说: "这是我的身体, 为你们擘开的; 你们应当这样行, 为的是记念我。"
25 饭后, 照样拿起杯来, 说: "这杯是用我的血所立的新约, 你们每逢喝的时候, 应当这样行, 为的是记念我。"
26 你们每逢吃这饼, 喝这杯, 就是宣扬主的死, 直等到他来。
27 因此, 无论什么人若用不合适的态度吃主的饼, 喝主的杯, 就是得罪主的身体、主的血了。
28 所以人应当省察自己, 然后才吃这饼, 喝这杯。
29 因为那吃喝的人, 如果不辨明是主的身体, 就是吃喝定在自己的身上的罪了。
30 因此, 你们中间有许多人是软弱的, 患病的, 而且死了的也不少。
31 我们若仔细省察自己, 就不会受审判了。
32 然而我们被主审判的时候, 是受他的管教, 免得和世人一同被定罪。
33 所以, 我的弟兄们, 你们聚集在一起吃的时候, 要彼此等待。
34 如果有人饿了, 就应当在家里先吃, 免得你们聚集在一起的时候受到审判。其余的事, 我来的时候再作安排。