1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.

4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek •f deur 'n openbaring, •f deur kennis, •f deur profesie, •f deur lering nie?

7 Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

8 Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.

10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.

11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.

12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

13 Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

14 Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?

17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;

19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal.

20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.

22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

24 Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;

25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.

26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging -- laat alles tot stigting geskied.

27 En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.

28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.

29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.

30 Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.

31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.

32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;

33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.

35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.

36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?

37 As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.

39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.

40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

1 你们要追求爱, 也要热切地渴慕属灵的恩赐, 特别是先知讲道的恩赐。

2 原来那说方言的不是对人说, 而是对 神说, 因为没有人能听得懂; 他是在灵里讲奥秘的事。

3 但那讲道的是对人讲说, 使他们得着造就、安慰和劝勉。

4 那说方言的是造就自己, 但那讲道的是造就教会。

5 我愿意你们都说方言, 但我更愿意你们都讲道; 因为那说方言的, 如果不翻译出来使教会得着造就, 就远不如那讲道的了。

6 弟兄们, 你们想想, 如果我到你们那里去, 只说方言, 不向你们讲有关启示、知识、预言, 或教训的话, 那我对你们有什么益处呢?

7 甚至那些没有生命却能发声的东西, 例如箫或琴, 如果音调不分, 怎能使人知道所弹所奏的是什么呢?

8 又如果军号所发的声音不清楚, 谁会准备作战呢?

9 你们也是这样, 如果用舌头发出人听不懂的话来, 人怎会知道你所讲的是什么呢?这样, 你们就是向空气说话了。

10 世上有那么多种语言, 但没有一种是没有意义的。

11 我若不明白某一种语言的意思, 在那讲的人来看, 我就是个外国人; 在我来说, 那讲话的人也是个外国人。

12 你们也是这样, 你们既然热切地渴慕属灵的恩赐, 就应当追求多多得着造就教会的恩赐。

13 所以, 说方言的应当祈求, 使他能把方言翻译出来。

14 我若用方言祷告, 是我的灵在祷告, 我的理智并没有作用。

15 那么我应当怎样行呢?我要用灵祷告, 也要用理智祷告; 我要用灵歌唱, 也要用理智歌唱。

16 不然, 如果你用灵赞美, 在场那些不明白的人, 因为不知道你在说什么, 怎能在你感谢的时候说"阿们"呢?

17 你感谢固然是好, 但别人却得不着造就。

18 我感谢 神, 我说方言比你们大家都多。

19 但在教会中, 我宁愿用理智说五句话去教导人, 胜过用方言说万句话。

20 弟兄们, 你们在思想上不要作小孩子, 却要在恶事上作婴孩, 在思想上作成年人。

21 律法上记着说: "主说: 我要借着说别种话的人, 用外国人的嘴唇, 对这人民说话; 虽然这样, 他们还是不听我。"

22 可见说方言不是要给信主的人作记号, 而是要给未信的人; 讲道不是要给未信的人, 而是要给信主的人作记号。

23 所以, 如果全教会聚在一起的时候, 大家都说方言, 有不明白的人或未信的人进来, 不是要说你们疯了吗?

24 如果大家都讲道, 有未信的人或不明白的人进来, 他就会被众人劝服而知罪, 被众人审问了。

25 他心里隐秘的事被显露出来, 他就必俯伏敬拜 神, 宣告说: " 神真的是在你们中间了。"

26 弟兄们, 那么应该怎么办呢?你们聚集在一起的时候, 各人或有诗歌, 或有教训, 或有启示, 或有方言, 或有翻译出来的话, 一切都应该能造就人。

27 如果有人说方言, 只可以有两个人, 或最多三个人, 并且要轮流说, 同时要有一个人翻译。

28 如果没有人翻译, 他就应当在会中闭口, 只对自己和对 神说好了。

29 讲道的, 也只可以两三个人讲, 其余的人要衡量他们所讲的。

30 在座的有人得了启示, 那先讲的人就应当住口。

31 因为你们都可以轮流讲道, 好让大家都可以学习, 都可以得到勉励。

32 先知的灵是受先知控制的,

33 因为 神不是混乱的, 而是和平的。

34 妇女在聚会中应当闭口, 好像在圣徒的众教会中一样, 因为她们是不准讲话的; 就如律法所说的, 她们应该顺服。

35 如果她们想要学什么, 可以在家里问自己的丈夫, 因为妇女在聚会中讲话原是可耻的。

36 难道 神的道是从你们出来的吗?是单单临到你们的吗?

37 如果有人自以为是先知或是属灵的, 他就应该知道我写给你们的是主的命令;

38 如果有人不理会, 别人也不必理会他。

39 所以我的弟兄们, 你们要热切地追求讲道的恩赐, 也不要禁止说方言。

40 凡事都要规规矩矩地按着次序行。