1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
5 en dat Hy aan C,fas verskyn het; daarna aan die twaalf.
6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
21 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
32 As ek in Âfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
37 En wat jy saai -- jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
38 Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en die van visse anders as die van voëls.
40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse.
41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.
46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
51 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
52 in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
1 弟兄们, 我要把我从前传给你们的福音向你们讲明。这福音你们已经领受了, 并且靠着它站立得稳。
2 你们若持守我所传给你们的道, 就必靠这福音得救, 不然就是徒然相信了。
3 我从前领受了又传交给你们那最要紧的, 就是基督照着圣经所记的, 为我们的罪死了,
4 又埋葬了, 又照着圣经所记的, 第三天复活了;
5 并且曾经向矶法显现, 然后向十二使徒显现。
6 以后又有一次向五百多个弟兄显现。他们中间大多数到现今还在, 也有些已经睡了。
7 以后也向雅各显现, 再后又向众使徒显现,
8 最后也向我显现; 我好像一个未到产期而生的人。
9 我原是使徒中最小的, 本来没有资格称为使徒, 因为我曾经迫害 神的教会。
10 然而靠着 神的恩典, 我得以有了今天, 而且他赐给我的恩典并没有落空; 我比众使徒格外劳苦, 其实不是我, 而是 神的恩典与我同在。
11 因此, 不论是我, 或是众使徒, 我们这样传, 你们也这样信了。
12 我们既然传基督从死人中复活了, 你们中间怎么有人说没有死人复活呢?
13 倘若没有死人复活的事, 基督也就没有复活了。
14 如果基督没有复活, 我们所传的就是枉然, 你们的信也是枉然,
15 我们也会被人认为是替 神作假见证的了, 因为我们为 神作过见证说, 他使基督复活了。如果死人没有复活, 神也就没有使基督复活了。
16 因为如果死人没有复活, 基督也就没有复活。
17 基督若没有复活, 你们的信就是徒然, 你们仍在你们的罪里。
18 那么, 在基督里睡了的人也就灭亡了。
19 如果我们在基督里只在今生有盼望, 就比所有人更可怜了。
20 现在基督已经从死人中复活, 成为睡了的人初熟的果子。
21 死既借着一人而来, 死人复活也借着一人而来。
22 在亚当里众人都死了, 照样, 在基督里众人也都要复活;
23 只是各人要按着自己的次序: 初熟的果子是基督, 以后, 在他来的时候, 是那些属基督的人。
24 再后, 末期到了的时候, 基督把所有的统治者、掌权者和有能者都毁灭了, 就把国度交给父 神。
25 因为基督必要作王, 直到 神把所有的仇敌都放在他的脚下。
26 最后要毁灭的仇敌就是死,
27 因为经上记着说: "他使万物都服在他脚下。"既然说万物都服了他, 显然那使万物服他的就不包括在内了。
28 等到万物都服了他, 那时子自己也要服那位叫万物服他的, 好使 神在万有之上。
29 不然, 那些为死人受洗的, 是为了什么呢?如果死人根本不会复活, 那么为什么要为他们受洗呢?
30 我们又为什么时刻冒险呢?
31 弟兄们, 我是天天冒死的, 这是我凭着我在我们的主耶稣基督里, 因你们而夸口说的。
32 我在以弗所和野兽搏斗, 如果照着人的意思来看, 那对我有什么益处呢?如果死人不会复活, "我们就吃吃喝喝吧, 因为我们明天就要死了。"
33 你们不要自欺, "滥交朋友是会败坏品德的。"
34 你们理当醒悟过来, 不要犯罪, 因为你们中间有人不认识 神; 我说这话是要你们羞愧。
35 但有人会说: "死人怎样复活呢?要带着怎么样的身体来呢?"
36 无知的人哪, 你所种的若不死去, 就不能生。
37 你们所种的, 不是那将来要长成的形体, 只不过是一粒种子, 也许是麦子或别的种子。
38 但 神随着自己的意思给它一个形体, 给每一样种子各有自己的形体。
39 而且各种身体也都不一样, 人有人的身体, 兽有兽的身体, 鸟有鸟的身体, 鱼有鱼的身体。
40 有天上的形体, 也有地上的形体; 天上形体的荣光是一样, 地上形体的荣光又是一样。
41 太阳有太阳的荣光, 月亮有月亮的荣光, 星星有星星的荣光, 而且每一颗星的荣光也都不同。
42 死人复活也是这样。所种的是必朽坏的, 复活的是不朽坏的;
43 所种的是卑贱的, 复活的是荣耀的; 所种的是软弱的, 复活的是有能力的;
44 所种的是属血气的身体, 复活的是属灵的身体。既然有属血气的身体, 也会有属灵的身体。
45 经上也是这样记着说: "第一个人亚当成了有生命的人, 末后的亚当成了使人活的灵。"
46 但那首先的不是属灵的, 而是属血气的, 然后才有属灵的。
47 第一个人是出于地, 是属土的; 第二个人是出于天。
48 那属土的怎样, 所有属土的也都怎样; 属天的怎样, 所有属天的也都怎样。
49 我们既然有了属土的形象, 将来也必有属天的形象。
50 弟兄们, 我告诉你们, 血肉之体不能承受 神的国, 必朽坏的也不能承受那不朽坏的。
51 我现在把一个奥秘告诉你们: 我们不是都要睡觉, 而是在一剎那, 眨眼之间, 就是号角最后一次吹响的时候, 我们都要改变; 因为号角要吹响, 死人要复活, 成为不朽坏的, 我们也要改变。
53 这必朽坏的必须穿上不朽坏的, 这必死的必须穿上不死的;
54 这必朽坏的既穿上了不朽坏的, 这必死的既穿上了不死的, 那时, 经上的话就应验了: "胜利了! 死亡已经被吞灭。
55 死亡啊! 你的胜利在哪里?死亡啊! 你的毒刺在哪里?"
56 死的毒刺就是罪, 罪的权势就是律法。
57 感谢 神, 他借着我们的主耶稣基督, 把胜利赐给我们。
58 所以, 我亲爱的弟兄们, 你们务要坚固, 不可动摇, 常常竭力多作主工, 因为知道你们的劳苦, 在主里面不是徒然的。