1 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?
4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos -- is julle nie vleeslik nie?
5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
11 Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
12 En as iemand op die fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels --
13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;
22 of dit Paulus is of Apollos of C,fas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge -- alles behoort aan julle;
23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
1 弟兄们, 我从前对你们说话, 还不能把你们看作属灵的人, 只能看作属肉体的, 看作在基督里的婴孩。
2 我喂给你们吃的是奶, 不是饭, 因为那时你们不能吃, 就是现在还是不能,
3 因为你们仍然是属肉体的。在你们当中既然有嫉妒纷争, 你们不还是属肉体, 照着世人的方式而行吗?
4 有人说"我是保罗派的", 又有人说"我是亚波罗派的", 你们不是和世人一样吗?
5 亚波罗算什么?保罗算什么?我们不过是 神的仆人, 你们借着我们信了主; 按着主所赐给各人的,
6 我栽种了, 亚波罗浇灌了, 唯有 神使它生长。
7 所以, 栽种的算不得什么, 浇灌的也算不得什么, 只在乎那使它生长的 神。
8 栽种的和浇灌的都是一样, 只是各人要照着自己的劳苦得着自己的报酬。
9 我们是 神的同工, 你们是 神的田地, 神的房屋。
10 我照着 神赐给我的恩典, 就像一个聪明的工程师, 立好了根基, 别人在上面建造。各人要注意怎样在上面建造,
11 因为除了那已经立好的根基以外, 没有人能立别的根基。那根基就是耶稣基督。
12 如果有人用金、银、宝石、草、木、禾秸, 在这根基上建造,
13 各人的工程将来必要显露, 因为那日子必把它显明出来。有火要把它显露出来, 那火要考验各人的工程是怎样的。
14 如果有人在这根基上建造的工程存得住, 他就要得到赏赐;
15 如果有人的工程被烧毁, 他就要受亏损; 自己却要得救, 只是要像从火里经过一样。
16 难道不知道你们是 神的殿, 神的灵住在你们里面吗?
17 如果有人毁坏 神的殿, 神必要毁坏这人, 因为 神的殿是圣洁的, 这殿就是你们。
18 谁也不要自欺。如果你们当中有人以为自己在这世代里是有智慧的, 他就应该变为愚笨, 好让他有智慧。
19 因为这世界的智慧, 在 神看来是愚笨的, 如经上所记: "他使有智慧的人中了自己的诡计。"
20 又说: "主知道智慧人的意念是虚妄的。"
21 所以, 谁都不可拿人来夸耀, 因为一切都是你们的。
22 无论是保罗, 是亚波罗, 是矶法, 是世界, 是生, 是死, 是现在的事, 是将来的事, 都是你们的。
23 你们是属基督的, 基督是属 神的。