1 Verder, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.

2 Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.

3 Want ons is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;

4 alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer.

5 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, 'n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, 'n Fariseër;

6 wat ywer betref, 'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.

7 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.

8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met die wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.

14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

15 Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.

16 Maar wat ons reeds bereik het -- laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees.

17 Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.

18 Want baie -- van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê -- wandel as vyande van die kruis van Christus.

19 Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

1 最后, 我的弟兄们, 你们要靠着主喜乐。我写这些话给你们, 在我并不困难, 对你们却是妥当的。

2 你们要提防那些"狗", 提防作恶的, 提防行割礼的。

3 其实我们这些靠 神的灵来敬拜, 在基督耶稣里夸口而不倚靠肉体的人, 才是受割礼的,

4 虽然我有理由可以倚靠肉体。如果别人认为可以倚靠肉体, 我就更加可以了;

5 我第八天受割礼, 属于以色列民族便雅悯支派, 是希伯来人所生的希伯来人。按着律法来说, 我是个法利赛人;

6 按着热诚来说, 我是迫害教会的; 按着律法上的义来说, 我是无可指摘的。

7 然而以前对我有益的, 现在因着基督的缘故, 我都当作是有损的。

8 不但这样, 我也把万事当作是有损的, 因为我以认识我主基督耶稣为至宝。为了他, 我把万事都拋弃了, 看作废物, 为了要得着基督。

9 并且得以在他里面, 不是有自己因律法而得的义, 而是有因信基督而得的义, 就是基于信心, 从 神而来的义,

10 使我认识基督和他复活的大能, 并且在他所受的苦上有分, 受他所受的死;

11 这样, 我也许可以从死人中复活。

12 这并不是说我已经得着了, 已经完全了, 而是竭力追求, 好使我可以得着基督耶稣要我得着的。

13 弟兄们, 我不以为自己已经得着了, 我只有一件事, 就是忘记背后, 努力面前,

14 向着目标竭力追求, 为要得着 神在基督耶稣里召我往上去得的奖赏。

15 所以, 我们中间凡是成熟的人, 都应当这样想。即使你们不是这样想, 神也会把这事指示你们。

16 不过, 我们到了什么程度, 就要照着什么程度去行。

17 弟兄们, 你们要一同效法我, 也要留意那些照着我们的榜样而行的人。

18 我常常告诉你们, 现在又流着泪说, 有许多人行事为人, 是基督十字架的仇敌,

19 他们的结局是灭亡, 他们的神是自己的肚腹, 他们以自己的羞辱为荣耀, 所想的都是地上的事。

20 但我们是天上的公民, 切望救主, 就是主耶稣基督, 从天上降临;

21 他要运用那使万有归服自己的大能, 改变我们这卑贱的身体, 和他荣耀的身体相似。