1 Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
2 Ek vermaan Euodia en ek vermaan S¡ntich, om eensgesind te wees in die Here.
3 En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
5 Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
10 Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.
11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
14 Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.
15 En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedonië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
16 Want ook in Thessalon¡ka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
17 Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.
18 Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrod¡tus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
20 Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.
22 Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
23 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
1 我所想念亲爱的弟兄们, 你们就是我的喜乐、我的冠冕。所以, 亲爱的, 你们应当靠着主站立得稳。
2 我劝友阿嫡, 也劝循都基, 要在主里意念相同。
3 我真诚的同道啊, 我也求你帮助她们。这两个女人, 还有革利免和其余的同工, 都跟我在福音的事工上一同劳苦, 他们的名字都在生命册上。
4 你们要靠着主常常喜乐, 我再说, 你们要喜乐。
5 要使大家看出你们谦和的心。主已经近了。
6 应当毫无忧虑, 只要凡事借着祷告祈求, 带着感恩的心, 把你们所要的告诉 神。
7 这样, 神所赐超过人能了解的平安, 必在基督耶稣里, 保守你们的心思意念。
8 最后, 弟兄们, 凡是真实的、庄重的、公正的、纯洁的、可爱的、声誉好的, 无论是什么美德, 什么称赞, 这些事你们都应当思念。
9 你们在我身上所学习、所领受、所听见、所看见的, 这些事你们都应当实行; 那么, 赐平安的 神就必与你们同在。
10 我在主里大大地喜乐, 因为你们现在又再想起我来; 其实你们一向都在想念我, 只是没有机会表示。
11 我并不是因为缺乏才这样说: 我已经学会了, 无论在什么情况之下都可以知足。
12 我知道怎样处卑贱, 也知道怎样处富裕; 我已经得了秘诀, 无论在任何情况之下, 或是饱足, 或是饥饿, 或是富裕, 或是缺乏, 都可以知足。
13 我靠着那加给我能力的, 凡事都能作。
14 然而, 你们一同分担了我的患难, 实在是好的。
15 腓立比的弟兄们, 你们也知道, 在我传福音的初期, 离开马其顿的时候, 除了你们以外, 我没有收过任何教会的供给。
16 我在帖撒罗尼迦的时候, 你们还是一而再把我所需用的送来。
17 我并不求礼物, 只求你们的果子不断增加, 归在你们的帐上。
18 你们所送的我都全数收到了, 而且绰绰有余; 我已经足够了, 因我从以巴弗提收到你们所送的, 好像馨香之气, 是 神所接纳所喜悦的祭物。
19 我的 神必照他在基督耶稣里荣耀的丰富, 满足你们的一切需要。
20 愿荣耀归给我们的父 神, 直到永远。阿们。
21 问候在基督耶稣里的各位圣徒。同我在一起的弟兄们问候你们。
22 众圣徒, 特别是凯撒家里的人, 都问候你们。
23 愿主耶稣基督的恩惠与你们同在("与你们同在"原文作"与你们的心灵同在")。