1 En in die vier honderd en tagtigste jaar n die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif -- dit is die tweede maand -- het hy die huis vir die HERE gebou.

2 En die huis wat koning Salomo vir die HERE gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.

3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.

4 En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.

5 En teen die muur van die huis het hy rondom 'n aanbousel opgetrek, aan die mure van die huis rondom die hoofvertrek en die binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.

6 Die onderste verdieping was vyf el in sy breedte en die middelste ses el in sy breedte en die derde sewe el in sy breedte; want hy het vir die huis rondom buitekant inkortings gemaak, om nie in die mure van die huis in te las nie.

7 En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis toe dit gebou is nie.

8 Die ingang van die onderste verdieping was aan die suidelike sykant van die huis, en wenteltrappe het opgegaan na die middelste, en van die middelste na die derde.

9 En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.

10 En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.

11 En die woord van die HERE het tot Salomo gekom en gesê:

12 Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou -- as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul;

13 dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.

14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,

15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.

16 Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as 'n binneste vertrek, as 'n Allerheiligste, gebou.

17 En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el.

18 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.

19 So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit.

20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.

21 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het 'n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.

22 En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.

23 Verder het hy in die binneste vertrek twee g,rubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

24 En vyf el was die een vlerk van die g,rub, en vyf el was die ander vlerk van die g,rub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.

25 En tien el die tweede g,rub: altwee die g,rubs het een maat en een gestalte gehad.

26 Die hoogte van die een g,rub was tien el, en net so die ander g,rub.

27 Toe het hy die g,rubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die g,rubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander g,rub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.

28 Verder het hy die g,rubs met goud oorgetrek.

29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.

30 En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek.

31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van 'n vyfhoek gehad.

32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van g,rubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die g,rubs en op die palmbome ingeslaan.

33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;

34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes.

35 En hy het daarop g,rubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.

36 Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke.

37 In die vierde jaar is die fondament van die huis van die HERE gelê, in die maand Sif,

38 en in die elfde jaar, in die maand Bul -- dit is die agtste maand -- was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.

1 以色列人出埃及地以后四百八十年, 所罗门作以色列王的第四年西弗月, 就是二月, 他动工建造耶和华的殿。

2 所罗门为耶和华所建的殿, 长二十七公尺, 宽九公尺, 高十三公尺半。

3 殿的前廊长九公尺, 和殿的宽度一样, 宽四公尺半。

4 又为殿做了窗架子内宽外窄的窗户。

5 紧靠殿墙, 就是围着外殿和内殿的墙, 他又建造平台, 围绕殿的四周, 做成厢房。

6 厢房的下层宽两公尺两公寸; 中层宽两公尺七公寸; 第三层宽三公尺一公寸。他在殿墙外面四周留有暗架, 所以梁木不必插入殿墙里。

7 建殿是用采石场预备好了的石料; 所以建殿的时候, 在殿里听不到锤子、斧头或任何铁器的声音。

8 厢房的下层门在殿的右边, 人可以从螺旋形梯子上厢房的中层, 再从中层上到第三层。

9 所罗门建殿, 建造完成以后, 就用香柏木的栋梁和香柏木的木板做殿的天花板。

10 靠着圣殿所建的厢房, 每层高两公尺两公寸, 都用香柏木的梁木与殿连接。

11 耶和华的话临到所罗门说:

12 "关于你正在建造的这殿, 如果你遵行我的律例, 实行我的典章, 谨守我的一切诫命, 并且照着去行, 我就必向你实现我应许你父亲大卫的话。

13 我必住在以色列人中间, 也必不离弃我的子民以色列。"

14 所罗门建殿, 并且建造完成。

15 殿内的墙壁, 从地面到天花板, 都贴上香柏木, 殿内的地面, 都铺上松木板。

16 又建内殿长九公尺, 从地面到天花板, 他用香柏木板隔开, 成为至圣所。

17 内殿前面的外殿长十八公尺。

18 殿的内部都贴上香柏木, 上面刻有匏瓜和初开的花朵, 全部都是香柏木, 一块石头都看不见。

19 他在殿中预备了内殿, 好把耶和华的约柜安放在那里。

20 内殿长九公尺, 宽九公尺, 高九公尺; 内部都贴上精金, 用香柏木做的坛也贴上精金。

21 殿的内部所罗门都贴上精金, 把金链挂在内殿的前面, 内殿也都贴上精金。

22 他把整个的殿都贴上金子, 直到整个的殿都贴完; 在内殿的坛, 整个都贴上了金子。

23 在内殿, 他用橄榄木做了两个基路伯, 各高四公尺四公寸。

24 第一个基路伯一边的翅膀长两公尺两公寸, 另一边的翅膀也是两公尺两公寸; 由这翅膀尖到那翅膀尖共有四公尺四公寸。

25 第二个基路伯的两个翅膀也是四公尺四公寸长。两个基路伯的大小和样式都是一样的。

26 第一个基路伯高四公尺四公寸, 第二个基路伯也是一样。

27 他把两个基路伯安放在内殿里面, 基路伯的翅膀是张开的; 这一个基路伯的一个翅膀接到这边的墙壁, 另一个基路伯的一个翅膀接到另一边的墙壁, 他们另外的两个翅膀在殿的中间彼此相接。

28 他又把这两个基路伯贴上金子。

29 内殿和外殿周围的墙壁上, 他都刻上基路伯、棕树和初开的花朵的雕刻。

30 内殿和外殿的地板上也都贴上金子。

31 内殿的入口, 他用橄榄木做了门扇、门楣和五根门柱。

32 他在橄榄木做的两门上, 雕刻上基路伯、棕树和初开的花朵。他又在基路伯和棕树上包上了金子。

33 他又照样为外殿的门, 用橄榄木做了四根门柱。

34 用松木做的两扇门, 这一扇有两叶, 是叠合在一起的, 那一扇也有两叶, 也是叠合在一起的。

35 他又在上面刻上了基路伯、棕树和初开的花朵; 又在雕刻上紧贴上金子。

36 他又用凿好了的石头三层, 香柏木一层建造内院。

37 所罗门在位第四年西弗月, 奠定了耶和华殿的根基。

38 第十一年布勒月, 就是八月, 圣殿各部分都按照计划完工了。所罗门共用了七年的时间建造圣殿。