1 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese --
2 uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan -- Salomo het hulle met liefde aangehang.
3 En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.
4 En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.
5 En Salomo het agter Ast rte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop.
6 So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie.
7 Toe het Salomo 'n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon.
8 En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode.
9 Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het,
10 en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie.
11 Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.
12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.
13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.
14 En die HERE het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.
15 Toe Dawid dan met Edom besig was, en Joab, die leërowerste, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe, het hy al wat manlik was, in Edom doodgeslaan --
16 want ses maande lank het Joab daar gebly met die hele Israel totdat al die manlike persone in Edom deur hom uitgeroei was --
17 maar Hadad het ontvlug, hy en saam met hom Edomitiese manne uit die dienaars van sy vader, om na Egipte te gaan; en Hadad was 'n jong seun.
18 En hulle het uit M¡dian weggetrek en in Paran aangekom, en uit Paran manne met hulle saamgeneem en in Egipte aangekom by Farao, die koning van Egipte, wat hom 'n huis gegee en aan hom voedsel toegesê en hom grond gegee het.
19 En Hadad het groot guns gevind in die oë van Farao, sodat die aan hom sy vrou se suster, die suster van T gpenes, die gebiedster, as vrou gegee het.
20 En die suster van T gpenes het vir hom sy seun Genubat gebaar, maar T gpenes het hom in die huis van Farao gespeen, sodat Genubat in die huis van Farao was onder die kinders van Farao.
21 Maar toe Hadad in Egipte hoor dat Dawid met sy vaders ontslaap het en Joab, die leërowerste, dood was, sê Hadad vir Farao: Laat my gaan, dat ek na my land kan trek.
22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou land te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan.
23 God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Âljada, 'n vlugteling van sy heer Hadad,ser, die koning van Soba.
24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van 'n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.
25 En hy was 'n teëstander van Israel al die dae van Salomo -- en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het -- want hy het 'n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.
26 Ook Jerobeam, die seun van Nebat, 'n Efraimiet uit Ser,da -- die naam van sy moeder was Serua, 'n weduwee -- 'n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.
27 En dit was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo het Millo gebou en daardeur die skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.
28 En die man Jerobeam was 'n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman 'n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.
29 Terwyl Jerobeam in die tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ah¡a, die Siloniet, hom op die pad; en die was bekleed met 'n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.
30 Toe gryp Ah¡a die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,
31 en hy sê vir Jerobeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;
32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel --
33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Ast rte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.
34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.
35 Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;
36 en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd 'n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;
37 en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.
38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.
39 Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.
40 En Salomo het geprobeer om Jerobeam om te bring; maar Jerobeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.
41 En die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?
42 En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.
43 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Reh beam het in sy plek koning geword.
1 所罗门王除了法老的女儿以外, 又宠爱许多外族女子, 就是摩押女子、亚扪女子、以东女子、西顿女子和赫人女子等。
2 关于这些国家的人, 耶和华曾经吩咐以色列人: "你们不可与他们往来通婚, 否则他们必会引诱你们的心, 去随从他们的神。"但所罗门深深爱恋这些女子。
3 所罗门有妃七百, 都是公主; 有嫔三百。他的妃嫔使他的心偏离了 神。
4 所罗门年老的时候, 他的妃嫔诱惑他的心偏离了 神去随从别的神。他的心不像他的父亲大卫那样完全归于耶和华他的 神。
5 因为所罗门随从西顿人的女神亚斯他录, 和亚扪人可憎的偶像米勒公。
6 所罗门行耶和华看为恶的事, 不效法他的父亲大卫完完全全跟从耶和华。
7 那时, 所罗门为摩押人可憎的偶像基抹和亚扪人可憎的偶像摩洛, 在耶路撒冷东面的山上建造邱坛。
8 他为他娶自外族的妃嫔都这样作; 她们都向自己的神烧香献祭。
9 耶和华向所罗门发怒, 因为他的心偏离了曾经两次向他显现的耶和华以色列的 神。
10 耶和华为了这事曾经吩咐他, 不可随从别的神, 可是他没有遵守耶和华吩咐的。
11 耶和华对所罗门说: "你既然作了这事, 不遵守我吩咐你的约和律例, 我必夺去你的国, 把国赐给你的一个臣子。
12 然而, 为了你父亲大卫的缘故, 我不会在你有生之日作这事, 我要从你儿子的手中把国夺去。
13 只是我不把整个国家夺去, 为了我的仆人大卫的缘故, 又为了我所拣选的耶路撒冷的缘故, 我要给你的儿子留下一个支派。"
14 于是耶和华兴起一个人敌挡所罗门, 他是以东王的后裔以东人哈达。
15 从前大卫击败以东, 元帅约押上去埋葬阵亡的人的时候, 就把以东所有的男人都杀了。
16 约押和以色列人在那里住了六个月, 直到把以东所有的男人都除灭了。
17 哈达与他父亲的几个以东臣仆一起逃往埃及, 那时哈达还是一个小孩子。
18 他们从米甸动身, 来到巴兰, 又从巴兰带了几个人来到埃及, 见埃及王法老。法老吩咐人给他一所房子, 供应他粮食, 又赐他一块田地。
19 哈达在法老面前十分蒙恩, 以致法老把自己妻子的妹妹, 就是王后答比匿的妹妹, 赐给他作妻子。
20 答比匿的妹妹给他生了一个儿子, 名叫基努拔。答比匿使他在法老的宫中长大, 基努拔就与法老的众子一起住在法老的宫中。
21 后来哈达在埃及听说大卫已经与他的列祖同睡, 元帅约押也死了, 哈达就对法老说: "求你容我离去, 我好回到本国去。"
22 法老问他: "你在我这里有什么欠缺, 竟要回到你本国去呢?"他回答: "没有什么欠缺, 只求你无论如何让我离开。"
23 神又兴起一个人敌挡所罗门, 就是以利亚大的儿子利逊。他是从他主人琐巴王哈大底谢那里逃出来的。
24 大卫击杀琐巴人的时候, 利逊招聚了一些人, 自己作了这些土匪的领袖。他前往大马士革, 住在那里, 又在大马士革作王。
25 在所罗门一生的日子, 利逊都敌挡以色列人。他恨恶以色列人, 并且作了亚兰人的王。另外, 哈达也不断为患。
26 所罗门王的臣仆, 尼八的儿子耶罗波安也举手攻击王。他是洗利达的以法莲人, 他母亲是个寡妇, 名叫洗鲁雅。
27 他举手攻击王的情形是这样的: 所罗门重建米罗, 修补他父亲大卫城的破口;
28 耶罗波安这个人原是个有才干的人。所罗门见这个年轻人作事殷勤, 就派他管理约瑟家的所有奴工。
29 有一次, 耶罗波安从耶路撒冷出来, 示罗人亚希雅先知在路上遇见他。亚希雅身上穿着一件新衣, 那时田野里只有他们二人。
30 亚希雅拿着自己身上所穿的新衣, 把它撕成十二片,
31 对耶罗波安说: "你拿十片去吧! 因为耶和华以色列的 神这样说: ‘看哪, 我必从所罗门的手里把国夺去, 把十个支派赐给你。
32 但是为了我的仆人大卫和为了我从以色列众支派中所拣选的耶路撒冷的缘故, 所罗门仍然可以拥有一个支派。
33 因为他们离弃了我, 去敬拜西顿人的女神亚斯他录、摩押人的神基抹和亚扪人的神米勒公, 没有遵行我的道, 行我眼中看为正的事, 谨守我的律例典章, 像他的父亲大卫一样。
34 但是, 我不会把整个国家从他的手里夺去, 我必使他终身作人君, 是因我所拣选的仆人大卫谨守了我的诫命律例的缘故。
35 我要从他儿子的手中把国夺去, 赐给你十个支派。
36 至于所罗门的儿子, 我要给他一个支派, 好使我的仆人大卫在我所拣选立我名的城耶路撒冷, 在我面前常常有灯光。
37 我要拣选你, 使你可以照心里想望的去统治。你必作以色列的王。
38 你若是听从我吩咐你的一切, 遵行我的道, 行我看为正的事, 谨守我的律例诫命, 像我的仆人大卫所行的一样, 我就与你同在, 为你建立一个巩固的朝代, 像我为大卫建立的一样, 并且我要把以色列赐给你。
39 因此, 我要使大卫的后裔遭受苦难, 不过, 却不是永远的。’"
40 于是所罗门想要杀死耶罗波安, 耶罗波安却逃往埃及去, 到了埃及王示撒那里, 就留在埃及, 直等到所罗门死了为止。
41 所罗门其余的事: 他所行的和他的智慧, 不是都写在《所罗门记》上吗?
42 所罗门在耶路撒冷作以色列众人的王共四十年。
43 所罗门与他的列祖同睡, 埋葬在他父亲大卫的城里。他的儿子罗波安接续他作王。