1 En B,nhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel -- twee en dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens -- en opgetrek en Samar¡a beleër en daarteen geveg.

2 Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad

3 en hom laat weet: So sê B,nhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne.

4 Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het!

5 Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek B,nhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee.

6 Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem.

7 Toe roep die koning van Israel al die oudstes van die land en sê: Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goud te laat haal, en ek het dit hom nie geweier nie.

8 Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.

9 Daarom het hy aan die boodskappers van B,nhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring.

10 Daarop laat B,nhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen -- die puin van Samar¡a is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!

11 Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

12 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.

13 Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die HERE: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die HERE is.

14 En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die HERE: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.

15 Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was twee honderd twee en dertig; en n hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: sewe duisend.

16 En hulle het op die middag uitgetrek terwyl B,nhadad hom dronk gedrink het in die tente, hy en die konings, die twee en dertig konings wat sy bondgenote was.

17 En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar B,nhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samar¡a het manne uitgetrek.

18 En hy sê: As hulle vir vrede uitgetrek het, gryp hulle lewendig; en as hulle vir oorlog uitgetrek het, gryp hulle lewendig.

19 Daarop trek die jongmanne van die owerstes van die provinsies uit die stad uit en die leër agter hulle aan;

20 en hulle verslaan elkeen sy man, sodat die Arameërs gevlug en Israel hulle agtervolg het. Maar B,nhadad, die koning van Aram, het vrygekom op 'n perd met perderuiters saam.

21 En die koning van Israel het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy 'n groot slag onder die Arameërs geslaan het.

22 Toe kom die profeet na die koning van Israel en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; want n verloop van 'n jaar sal die koning van Aram teen u optrek.

23 Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle gode is berggode; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle.

24 Daarom, doen hierdie ding: Verwyder die konings, elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs aan in hulle plek.

25 En werf self vir u 'n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos die perde, en strydwaens soos die waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen.

26 En n verloop van 'n jaar het B,nhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg.

27 Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoetgetrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was.

28 Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie -- daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.

29 En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderd duisend voetgangers op een dag verslaan.

30 En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewe en twintig duisend man geval wat oor was. B,nhadad, wat ook die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug.

31 Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel genadige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van Israel; moontlik sal hy u in die lewe behou.

32 Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar B,nhadad sê: Laat my tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer.

33 En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as 'n gunstige voorteken van sy kant en gesê: B,nhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En B,nhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim.

34 En B,nhadad sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê in Damaskus soos my vader in Samar¡a aangelê het. En ek, sê Agab, sal u op hierdie verbond laat gaan. Hy het toe 'n verbond met hom gesluit en hom laat gaan.

35 Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die HERE aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.

36 Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood.

37 Daarna het hy 'n ander man gekry en gesê: Slaan my tog! En die man het hom so geslaan, dat hy hom gewond het.

38 Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë.

39 En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal.

40 Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal.

41 Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was.

42 En hy sê vir hom: So spreek die HERE: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.

43 En die koning van Israel het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samar¡a aangekom.

1 亚兰王便.哈达聚集他的全军, 有三十二个王与他在一起, 他带着战马和战车, 上去围困撒玛利亚, 攻打那城。

2 他派遣一些使者进城去见以色列王亚哈, 对他说: "便.哈达这样说:

3 ‘你的银子, 你的金子都是我的; 你的妻子和你最健壮的儿女也是我的。’"

4 以色列王回答说: "我主我王啊, 就照着你所说的, 我和我所有的一切都可以归你。"

5 那些使者再来说: "便.哈达这样说: ‘我曾经差派人对你说: 你要把你的银子, 你的金子, 你的妻子和你的儿女都给我。

6 明天大约这个时间, 我要差派我的臣仆到你那里去; 他们要搜查你的王宫和你臣仆的家; 凡是他们看为宝贵的, 他们都要下手拿走。’"

7 以色列王把国中所有的长老都召了来, 对他们说: "请你们想想, 看这人怎样的麻烦, 他曾经差派人来我这里要我的妻子、我的儿女、我的银子和我的金子, 我都没有拒绝他。"

8 众长老和人民对王说: "不要听从他, 也不要答应他。"

9 于是亚哈对便.哈达的使者说: "请你们告诉我主我王说: ‘王第一次差派人来向你仆人所要的一切, 我都必照办; 可是这次所要的, 我却不能照办。’"于是使者去了, 把这些话回复便.哈达。

10 便.哈达又差派人去见亚哈说: "撒玛利亚的尘土若是足够跟从我的人每人捧一捧的话, 愿神明惩罚我, 并且加倍惩罚我。"

11 以色列王回答说: "你们去告诉他, 佩戴武器的人, 不可像解除武器的那样自夸。"

12 便.哈达与众王正在帐棚里喝酒, 一听见了这话, 就对他的臣仆说: "你们列队进攻。"他们就列队进攻那城。

13 这时, 忽然有一个先知前来见以色列王亚哈, 说: "耶和华这样说: ‘你看见这些强大的军兵吗?看啊, 今天我必把他们交在你手里, 你就知道我是耶和华。’"

14 亚哈问: "借着谁呢?"先知回答: "耶和华这样说: ‘借着跟从各省省长的年轻人。’"亚哈又问: "谁先开战呢?"先知说: "是你。"

15 于是亚哈数点了跟从各省省长的年轻人, 共有二百三十二人。以后, 他又数点所有的人民, 以色列众民共有七千人。

16 在正午, 便.哈达与帮助他的三十二个王正在帐棚里痛饮的时候, 他们出发了。

17 跟从各省省长的年轻人首先出发。便.哈达派人去察看, 他们回报他说: "有人从撒玛利亚出来了。"

18 便.哈达说: "如果他们是为了求和出来, 你们要活捉他们; 如果他们是为了争战出来, 你们也要活捉他们。"

19 从城里出来的这些人, 就是跟从各省省长的年轻人, 军兵跟在他们后面。

20 他们各人遇见对手就杀。亚兰人逃跑, 以色列人追赶他们。亚兰王便.哈达骑着马, 与一些骑兵一起逃走。

21 以色列王出来, 攻打战马和战车, 大大地击败了亚兰人。

22 那先知前来见以色列王, 对他说: "你要自强, 留意看看你所要预备的, 因为明年春天亚兰王必再上来攻击你。"

23 亚兰王的臣仆对亚兰王说: "以色列人的神是山神, 所以他们比我们强; 但我们若是在平原上与他们争战, 我们必比他们强大。

24 王应该这样作: 把众王各人的职务解除, 另立军官代替他们;

25 又照着王损失的军兵的数目, 招募一支新的军队, 照数补充战马和战车。然后我们可以与他们在平原上作战, 我们必定比他们强。"王听从他们的话, 并且这样行了。

26 过了年, 便.哈达数点了亚兰人, 就上到亚弗去, 要与以色列人争战。

27 以色列人数点人数, 预备了粮食, 就去迎战亚兰人。以色列人对着他们安营, 好像两小群山羊羔; 亚兰人却满布了那地。

28 有一位神人前来对以色列王说: "耶和华这样说: ‘因为亚兰人说耶和华是山神, 不是平原的神, 所以我要把这些强大的军兵交在你手里, 你们就知道我是耶和华。’"

29 以色列人和亚兰人相对安营, 共七天。到了第七日, 两军终于接战了。那一天, 以色列人杀了亚兰人步兵十万。

30 余下来的都逃入亚弗城里, 城墙倒塌, 压死了余下来的二万七千人。便.哈达也逃到城里来, 躲进一间密室里。

31 他的臣仆对他说: "我们听说以色列家的王都是仁慈的王; 我们不如腰束麻布, 头套绳索, 出去投降以色列王, 或许他会使你的性命存活。"

32 于是他们腰束麻布, 头套绳索, 来见以色列王, 对他说: "你的仆人便.哈达说: ‘求你使我的性命存活! ’"亚哈说: "他还活着吗?他是我的兄弟! "

33 那些人认为这些话是个吉兆, 急忙抓住他的话, 说: "便.哈达是王的兄弟! "亚哈说: "你们去请他来。"便.哈达出来见王, 亚哈就去请他上车。

34 便.哈达对王说: "我父亲从你父亲夺得的众城, 我都必还给你; 你可以为自己在大马士革设立市场, 像我父亲在撒玛利亚设立市场一样。"亚哈说: "我与你立了这样的约, 就放你去。"于是他和便.哈达立了约, 就放他走了。

35 先知门徒中有一个人奉耶和华的命令对他的一个同伴说: "你打我吧! "可是, 那人却不肯打他。

36 他就对那人说: "因为你不听从耶和华的话, 你一离开我, 就必有狮子咬死你。"那人一离开他, 果然遇见了狮子, 把他咬死。

37 先知的门徒又遇见另一个人, 对他说: "你打我吧! "那人就打他, 把他打伤。

38 于是那先知去了, 在路旁等候王。他用头巾蒙住自己的眼睛, 把自己改了装。

39 王从那里经过的时候, 他向王呼叫说: "你仆人出征, 在战阵之中, 忽然有一个人转过来, 带了另一个人来见我, 说: ‘你看守这个人, 他若是走失了, 就要你替他偿命, 否则你要支付三十公斤银子。’

40 你仆人正在忙这忙那的时候, 那人就不见了。"以色列王对他说: "你的判案就是这样, 你已经自己判决了。"

41 他急忙把蒙在眼上的头巾除下, 以色列王就认出他是一个先知。

42 先知对王说: "耶和华这样说: 因为你把我要灭绝的人从你手中放走, 所以要你替他偿命。要你的人民抵偿他的人民。"

43 于是以色列王闷闷不乐回到撒玛利亚, 自己的王宫里去了。