1 Maar aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en die hele huis voltooi.
2 Hy het naamlik die huis van die L¡banon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.
3 En dit was van bo oordek met sederhout, op die verdiepings wat rus op die pilare, vyf en veertig bo-vertrekke, vyftien in 'n ry.
4 En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal.
5 En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.
6 En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig el in sy lengte en dertig el in sy breedte, met 'n voorportaal daarvoor, naamlik pilare en 'n afdak daaroor.
7 Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy reggespreek het, die regsaal, en dit was bedek met sederhout van vloer tot vloer.
8 Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het vir die dogter van Farao wat Salomo geneem het, 'n huis gemaak soos hierdie saal.
9 Dit was alles van kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, aan die binne-- en buitekant met die saag bewerk, naamlik van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die groot voorhof.
10 En die fondament was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el.
11 En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, en sederhout.
12 En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en 'n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die HERE en by die saal van die paleis.
13 En koning Salomo het Hiram uit Tirus laat haal.
14 Hy was die seun van 'n weduvrou uit die stam van N ftali, en sy vader was 'n man van Tirus, 'n kopersmid; en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.
15 Hy het naamlik die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van die een pilaar, en 'n lyn van twaalf el kon die tweede pilaar omspan.
16 En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe van die pilare te sit, gietwerk van koper; vyf el was die hoogte van die een kapiteel, en vyf el was die hoogte van die ander kapiteel.
17 Daar was vlegwerke -- die maaksel van die vlegwerk was gedraaide drade, 'n maaksel van kettinkies -- vir die kapitele op die top van die pilare; sewe vir die een kapiteel en sewe vir die ander kapiteel.
18 Verder het hy die granaatjies gemaak, naamlik twee rye rondom oor die een vlegwerk, om die kapitele op die top van die pilare te bedek; en net so het hy vir die ander kapiteel gemaak.
19 En die kapitele op die top van die pilare aan die voorportaal was vier el, lelievormig,
20 naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan, verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was twee honderd, in rye rondom, ook oor die tweede kapiteel.
21 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas.
22 Toe die leliewerk op die top van die pilare was, was die werk aan die pilare voltooi.
23 Verder het hy die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en 'n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.
24 En kolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.
25 Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die see bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe.
26 En die dikte daarvan was 'n handbreed, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; dit het twee duisend bat gehou.
27 Hy het ook die tien afspoelwaentjies van koper gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier el, en vier el sy breedte en drie el sy hoogte.
28 En dit was die maaksel van die bak: dit het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;
29 en op die sluitplate tussen die sporte was leeus, beeste en g,rubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus en beeste was afhangende kransversierings.
30 En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en koperasse gehad, en sy vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kranse.
31 En die opening daarvan was binnekant die kraag, en boontoe een el; en die opening daarvan was rond, in die vorm van 'n voetstuk, anderhalf el; en ook die opening daarvan was graveerwerk, maar die sluitplate daarvan was vierkantig, nie rond nie.
32 En die vier wiele was onder die sluitplate, en die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel anderhalf el was.
33 En die maaksel van die wiele was in die vorm van 'n wawiel; die kloue en die vellings en die speke en die nawe daarvan was alles gietwerk.
34 En vier skouerstukke was aan die vier hoeke van elke afspoelwaentjie; die skouerstukke daarvan was met die bak saam uit een stuk.
35 En bo-aan die afspoelwaentjie was daar 'n kraag van 'n half-el hoog, heeltemal rond; en bo-op die bak was die kloue en sluitplate daarvan, daarmee saam uit een stuk.
36 En hy het op die vlakke van die kloue en sluitplate daarvan g,rubs, leeus en palmbome gegraveer volgens die ruimte van elkeen, en blomkranse rondom.
37 So het hy die tien afspoelwaentjies gemaak: een en dieselfde gietwerk, een maat, een vorm het hulle almal gehad.
38 Verder het hy tien koperwaskomme gemaak; elke kom het veertig bat gehou; elke kom was vier el; een kom was op elke bak van die tien afspoelwaentjies.
39 Toe het hy die afspoelwaentjies opgestel: vyf aan die suidekant van die huis en vyf aan die noordekant van die huis; maar die see het hy aan die suidekant van die huis opgestel, teen die ooste na die suide toe.
40 Verder het Hiram die potte en die skoppe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning Salomo in die huis van die HERE gedoen het:
41 twee pilare met die twee bolle van die kapitele wat op die top van die pilare was, en die twee stukke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele op die top van die pilare te oordek;
42 en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek;
43 en die tien afspoelwaentjies en die tien waskomme op die afspoelwaentjies;
44 en die een see en die twaalf beeste onder die see;
45 en die potte en die skoppe en die komme: al hierdie voorwerpe wat Hiram vir koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, was van gepolyste koper.
46 In die Jordaanstreek waar die grond diep was, tussen Sukkot en Sartan, het die koning dit gegiet.
47 En Salomo het al die voorwerpe ongeweeg laat bly vanweë die baie groot menigte; die gewig van die koper is nie bereken nie.
48 Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die huis van die HERE was, gemaak: die goue altaar en die tafel waar die toonbrode op moes lê, van goud;
49 en die kandelaars, vyf regs en vyf links, voor die binneste vertrek, van fyn goud; en die blomwerk en die lampe en die snuiters, van goud;
50 en die skottels en die messe en die komme en die rookpanne en die vuurpanne, van fyn goud; en die skarniere vir die deure van die binneste vertrek, van die Allerheiligste, en vir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van goud.
51 En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit.
1 所罗门为自己建造宫殿花了十三年才完成。
2 他又建造黎巴嫩林宫, 长四十四公尺, 宽二十二公尺, 高十三公尺半。有四行香柏木的柱子, 柱子上有香柏木的横梁。
3 柱子每行十五根, 共四十五根; 柱子上有厢房, 是用香柏木盖屋顶的。
4 有窗框三行, 窗与窗相对, 共有三层。
5 所有的门和窗都有四方的框子, 有窗三层, 窗与窗相对。
6 他又建造柱廊, 长二十二公尺, 宽十三公尺半。在柱廊前有廊子, 在廊子前又有柱子和台阶。
7 又建造王室座廊, 就是审判廊, 他在这里执行审判。由地板到天花板, 都贴上香柏木板。
8 所罗门自己住的宫殿, 是在廊后的另一个院内, 建造法相同。他又为他娶法老的女儿建造一座宫院, 建法与这廊子一样。
9 从根基到屋檐, 从外院到大院, 这一切都是用贵重的石块, 按尺寸凿好, 用锯子内外锯齐的石块建成的。
10 根基也都是用贵重的大石块; 有长四公尺的, 也有长三公尺半的。
11 上面有按着尺寸凿好的贵重石块和香柏木。
12 大院的周围有凿好的石头三层, 香柏木一层, 与耶和华的内院和殿廊一样。
13 所罗门王派人去把户兰从推罗接来。
14 户兰是拿弗他利支派中一个寡妇的儿子; 他父亲是推罗人, 是个铜匠。户兰满有智慧、聪明和知识, 能作各样铜工; 他来到所罗门王那里, 作王的一切工作。
15 他铸造了两根铜柱, 每根高八公尺, 圆周五公尺三公寸。
16 他又用铜铸造了两个柱顶, 安放在柱头上, 每个柱顶高两公尺两公寸。
17 他又为柱头上的柱头顶做了两块网子和辫结成的链子, 每个柱顶有七块。
18 他又做了两行石榴围绕在柱头上, 柱顶的网子上, 两个柱顶都是这样。
19 廊子里柱头上的柱顶, 刻有百合花细工。
20 两根柱子上柱顶的鼓肚上, 网子旁边, 各有石榴二百个, 分两行环绕着。
21 他把这两根柱子竖立在殿廊的前面。竖立在南边的柱子, 他起名叫雅斤; 竖立在北面的柱子, 起名叫波阿斯。
22 在柱子的上头刻有百合花的细工。这样, 做柱子的工作就完成了。
23 他又铸造了一座圆形的铜海, 从这边到那边四公尺四公寸, 高两公尺两公寸, 圆周十三公尺两公寸。
24 在铜海边缘以下有匏瓜围绕着, 每四十五公分十个。匏瓜共有两行, 是铸造铜海的时候, 一并铸造上去的。
25 铜海安放在十二头铜牛背上, 三头向北, 三头向西, 三头向南, 三头向东, 铜海是在铜牛之上, 牛尾都向内。
26 铜海厚七公分半, 边缘好像杯子的边缘, 又好像百合花蕾, 能盛水四万公升。
27 他又做了十个铜盆座; 每个长一公尺八公寸, 宽一公尺八公寸, 高一公尺三公寸。
28 盆座的做法是这样: 盆座有数边, 各边都连接在盆架中。
29 在盆架间的各边上, 有狮子、牛和基路伯。盆架上有座, 狮子和牛的上下都有花纹的浮雕。
30 每个盆座都有四个铜轮和铜轴, 在盆座以下的四脚上有铸成的支架, 各边都刻有花纹。
31 盆座的口从内缘到顶, 高四十五公分。盆口作圆形, 照盆架上那座的样式, 直径六十六公分。盆口的边上也有雕刻, 盆座的边是四方形, 不是圆形的。
32 盆座的四个轮子是在盆边的下面, 轮座与轴相接, 每个轮子高六十六公分。
33 轮子的形状, 好像车轮的做法, 轮轴、轮辋、轮辐、轮毂都是铸成的。
34 每一个盆座的四角都有四个支架; 支架是与盆座一块铸成的。
35 盆座顶上有一个圆圈, 高二十二公分; 在盆座顶的座的撑子和边缘是与座一块铸成的。
36 又在撑子和边缘的上面刻有基路伯、狮子和棕树, 又在各空处, 周围刻上花纹。
37 他这样做了十个盆座, 铸法、尺寸和样式都是相同的。
38 他又做了十个铜盆, 每个铜盆能盛水八百公升; 每个铜盆的直径都是一公尺八公寸。在十个盆座上, 每个都安放一个铜盆。
39 他把五个盆座放在殿的南边, 五个放在殿的北边, 又把铜海放在殿的南边, 就是靠东南角的地方。
40 户兰又做了盆子、铲子和碗。这样, 户兰为所罗门王完成了在耶和华的殿里所要作的一切工程。
41 所做的就是两根柱子和在柱子顶上碗形的柱顶; 两块遮盖柱子顶上碗形柱顶的网子;
42 在两块网子上的四百个石榴, 每块网子上有两行石榴, 遮盖在柱子上头两个碗形的柱顶;
43 十个盆座和盆座上的十个铜盆;
44 一个铜海和铜海下的十二头铜牛;
45 锅、铲子和盘子。以上这一切器皿都是户兰为所罗门在耶和华的殿里用磨亮的铜做成的。
46 是王在约旦平原, 在疏割与撒拉之间用泥模铸造的。
47 这一切器皿所罗门都没有称算过; 由于数量太多, 铜的重量也无法估计。
48 所罗门又做了耶和华殿里的一切器具, 就是金坛和放陈设饼的桌子,
49 内殿前面的精金灯台, 右边五行, 左边五行; 还有金花、金灯盏,
50 精金的碗盆、烛剪、盘子、调羹和火鼎, 内殿至圣所的门框和外殿的门枢。
51 这样, 所罗门为耶和华的殿所作的一切工程都完成了。所罗门把他父亲大卫分别为圣的金银和器皿, 都运了来, 存放在耶和华殿的库房里。