1 Toe kom daar 'n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jerobeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;
2 en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Jos¡a, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.
3 En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken d t die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.
4 En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jerobeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie.
5 En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE.
6 Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.
7 Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou 'n geskenk gee.
8 Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.
9 Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
10 Hy het toe met 'n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie.
11 En daar het 'n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God die dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,
12 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.
13 Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery.
14 En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.
15 Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.
16 Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;
17 want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.
20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;
21 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,
22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie -- daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.
23 Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op -- vir die profeet wat hy laat omdraai het --
24 en hy gaan weg; toe kom 'n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.
25 Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.
26 Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van die HERE wederstrewig was; daarom het die HERE hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
27 Daarop praat hy met sy seuns en sê: Saal vir my die esel op. En hulle het opgesaal.
28 Toe gaan hy weg en vind sy lyk neergewerp op die pad, terwyl die esel en die leeu langs die lyk staan; die leeu het die lyk nie geëet en die esel nie verskeur nie.
29 Daarna het die profeet die lyk van die man van God opgetel en dit op die esel gesit en dit teruggebring en in die stad van die ou profeet gekom om te rouklaag en hom te begrawe.
30 En hy het sy lyk in sy graf neergelê, en hulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer!
31 En nadat hy hom begrawe het, sê hy aan sy seuns: As ek sterwe, dan moet julle my begrawe in die graf waar die man van God in begrawe is; lê my bene langs sy bene neer.
32 Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samar¡a is.
33 N hierdie gebeurtenis het Jerobeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, die het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.
34 En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jerobeam, en wel om dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.
1 有一个神人, 奉耶和华的命令, 从犹大来到伯特利; 那时, 耶罗波安正站在祭坛旁边烧香。
2 神人奉耶和华的命令, 向那祭坛喊叫, 说: "祭坛哪, 祭坛哪, 耶和华这样说: ‘看哪, 大卫家要生一个儿子, 名叫约西亚; 他要把邱坛的祭司, 就是在你上面烧香的, 作祭物献在你上面。人的骨头也要在你上面焚烧。’"
3 那天, 神人提出一个兆头, 说: "这是耶和华的兆头。看哪, 这祭坛必破裂, 祭坛上的灰必倾撒下来。"
4 耶罗波安王听见神人向伯特利的祭坛喊叫的话, 就从祭坛上伸手, 说: "抓住他! "王向他伸出的手却瘫痪了, 不能缩回来。
5 祭坛也破裂了, 灰从祭坛上倾撒下来, 好像神人奉耶和华的命令所提出的预兆一样。
6 王对神人说: "求你为我向耶和华你的 神求情, 又为我祷告, 使我的手复原。"于是神人向耶和华求情, 王的手就复了原, 像起先一样。
7 王对神人说: "请与我一起回王宫去, 吃点东西, 加添心力, 我还要赐给你一份礼物。"
8 神人对王说: "你就是把王宫的一半给我, 我也不会与你回去, 也不在这地方吃饭喝水。
9 因为有耶和华的话吩咐我说: ‘你不可吃饭喝水, 也不可从你去的原路回来。’"
10 于是神人从另一条路去了, 没有从他来伯特利的原路回去。
11 有一个老先知住在伯特利, 他的儿子们来告诉他, 那一天神人在伯特利所行的一切事。他们也把他对王所说的话, 都告诉了他们的父亲。
12 他们的父亲问他们: "神人从哪条路走了呢?"他的儿子们就把从犹大来的神人所走的路, 指给他看。
13 他对儿子们说: "给我备驴! "于是他们给他备驴, 他就骑上,
14 去追赶神人, 遇见他正坐在橡树底下, 就问他: "你是从犹大来的神人吗?"他回答: "是的! "
15 老先知对他说: "请你与我一起回家去吃饭。"
16 神人说: "我不能与你回去, 或是与你同行, 也不能与你在这地方吃饭喝水,
17 因为有耶和华的话对我说: ‘你在那里不可吃饭喝水, 也不可从你去的原路回来。’"
18 老先知对他说: "我是先知, 和你一样。有一位天使奉耶和华的命令告诉我说: ‘你去带他与你一起回家, 给他吃饭喝水。’"但是, 老先知是欺骗他的。
19 于是神人与他一起回去, 在他的家里吃饭喝水。
20 他们二人正在席上吃喝的时候, 耶和华的话临到那把神人带回来的先知,
21 他就对那从犹大来的神人喊叫, 说: "耶和华这样说: ‘你既然违背了耶和华的命令, 没有谨守耶和华你的 神吩咐你的诫命,
22 反倒回来, 在耶和华吩咐你不可吃饭喝水的地方, 吃了饭喝了水, 因此, 你的尸体不能入葬你列祖的坟墓里。’"
23 吃了饭喝了水之后, 老先知为他带回来的先知备驴。
24 他就去了; 在路上有一只狮子遇见了他, 就把他咬死了。他的尸体被丢在路上, 驴子站在尸体旁边, 狮子也站在尸体旁边。
25 有人从那里经过, 看见尸体被丢在路上, 狮子站在尸体旁边, 就来到老先知所住的城里, 述说这事。
26 那把神人从路上带回来的先知听见了这事, 就说: "这是那违背了耶和华命令的神人; 耶和华把他交给狮子, 狮子就把他撕裂, 咬死了他, 正如耶和华对他说过的话。"
27 老先知又吩咐他的儿子们说: "给我备驴。"他们就备了驴。
28 于是他去了, 看见神人的尸体被丢在路上, 驴子和狮子都站在尸体旁边, 那狮子并没有吃掉尸体, 也没有撕裂驴子。
29 老先知把神人的尸体抱起来, 放在驴子上, 带回自己的城里, 要为他举哀, 要埋葬他。
30 老先知把他的尸体埋葬在自己的坟墓里; 人们为他举哀, 说: "哀哉, 我兄啊! "
31 埋葬他以后, 老先知就对儿子们说: "我死了以后, 你们要把我埋葬在神人的坟墓里, 把我的骸骨放在他的骸骨旁边。
32 因为他奉耶和华的命令, 攻击伯特利的坛和在撒玛利亚各城邱坛上的殿所喊叫的话, 必定应验。"
33 这事以后, 耶罗波安还不从他的恶道转回, 竟然把平民立为邱坛的祭司; 愿意的, 他都把他们分别为圣, 立他们为邱坛的祭司。
34 这事成为耶罗波安的家的罪, 以致他的家从地上被涂抹与除灭。