1 En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;
4 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;
5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;
6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;
8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
11 Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
12 Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
13 Maar by wyse van vergoeding -- ek praat soos met kinders -- moet julle ook verruim word.
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
15 En watter ooreenstemming het Christus met B,lial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
18 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
1 我们这些与 神同工的, 也劝你们不要白受 神的恩典。
2 因为他说: "在悦纳的时候, 我应允了你; 在拯救的日子, 我帮助了你。"看哪! 现在就是悦纳的时候, 现在就是拯救的日子。
3 我们凡事都没有妨碍人, 不让这职分受到毁谤,
4 反而在各样的事上, 表明自己是 神的仆人, 就如持久的忍耐、患难、贫乏、困苦、
5 鞭打、监禁、扰乱、劳苦、不睡觉、禁食、
6 纯洁、知识、容忍、恩慈、圣灵、无伪的爱心、
7 真理的道、 神的大能等事上; 并且是借着左右两手中公义的武器,
8 借着荣耀和羞辱、坏名声和好名誉。我们好像是骗人的, 却是真诚的,
9 好像是人所不知的, 却是人所共知的; 好像是必死的, 你看, 我们却是活着的; 好像是受惩罚的, 却没有处死;
10 好像忧愁, 却是常常喜乐的; 好像贫穷, 却使很多人富足; 好像是什么都没有, 却是样样都有。
11 哥林多人哪! 我们对你们, 口是坦率的, 心是宽宏的。
12 并不是我们对你们器量小, 而是你们自己心胸狭窄。
13 你们也要照样以宽宏的心对待我们, 这话正像是我对儿女说的。
14 你们和不信的人不可共负一轭, 义和不法有什么相同呢?光明和黑暗怎能相通呢?
15 基督和彼列("彼列"是撒但的别名)怎能和谐呢?信的和不信的有什么联系呢?
16 神的殿和偶像怎能协调呢?我们就是永生 神的殿, 正如 神说: "我要住在他们中间, 在他们中间来往; 我要作他们的 神, 他们要作我的子民。"
17 所以, "主说: 你们要从他们中间出来, 和他们分开, 不可触摸不洁净的东西, 我就收纳你们。"
18 "我要作你们的父亲, 你们要作我的儿女。这是全能的主说的。"