1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
2 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,
3 aangesien julle 'n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.
4 Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.
5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie -- as julle ten minste nie verwerplik is nie!
6 Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons nie verwerplik is nie.
7 Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie -- nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.
8 Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel v¡r die waarheid.
9 Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.
10 Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.
11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
12 Groet mekaar met 'n heilige kus.
1 这是我第三次到你们那里去, 各样事情必须凭两三个证人的口, 才能确定。
2 我第二次到你们那里去的时候说过, 现今不在你们那里, 再预先对那些从前犯了罪的和其余的人说: 我若再来, 必不宽容,
3 因为你们在找基督借着我说话的凭据。基督对你们不是软弱的, 相反地, 在你们身上是有能力的。
4 他因着软弱被钉死了, 却靠着 神的大能活着。我们在他里面也是软弱的, 但靠着 神向你们所显的大能, 也必与他一同活着。
5 你们应当察验自己是不是持守着信仰, 也应当考验自己。难道不晓得基督耶稣是在你们里面吗?(除非你们是经不起考验的人。)
6 我盼望你们晓得, 我们不是经不起考验的人。
7 我们祈求 神, 使你们不作什么恶事。这并不是要显明我们是经得起考验的, 而是要你们行善; 我们呢, 就让我们作经不起考验的人好了!
8 我们不能作什么事违背真理, 只能维护真理。
9 当我们软弱、你们刚强的时候, 我们就欢喜; 我们所求的, 就是要你们完全。
10 因此, 我趁着不在你们那里的时候, 把这些话写给你们, 到我来了, 就不必凭着主所给我的权柄严厉地对待你们。这权柄不是要拆毁你们, 而是要建立你们。
11 最后, 弟兄们, 你们要喜乐, 要完全, 要受安慰, 要同心, 要和睦。这样, 施慈爱赐平安的 神必与你们同在。
12 你们要用圣洁的亲嘴彼此问安。
13 众圣徒都问候你们。
14 愿主耶稣基督的恩惠, 神的慈爱, 圣灵的契通, 常与你们众人同在。