1 Maar dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle te kom nie.

2 Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3 En ek het juis dit aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap die van julle almal is.

4 Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5 Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar -- ek wil nie oordryf nie -- min of meer julle almal.

6 Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;

7 sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.

8 Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.

9 Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, of julle in alles gehoorsaam is.

10 Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het -- as ek iets vergeef het -- dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;

11 want ons is met sy planne nie onbekend nie.

12 Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 'n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;

13 maar ek het van hulle afskeid geneem en na Macedonië vertrek.

14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

15 Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;

16 vir die laaste 'n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste 'n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

17 Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.

1 我自己决定了, 到你们那里去的时候, 不再是忧愁的。

2 如果我使你们忧愁, 除了那因我而忧愁的人以外, 谁能使我快乐呢?

3 我写了这样的信, 免得我来的时候, 应该使我快乐的人反而使我忧愁; 我深信你们众人都以我的喜乐为你们的喜乐。

4 我从前心里痛苦难过, 流着眼泪写信给你们, 并不是要使你们忧愁, 而是要你们知道我是多么爱你们。

5 如果有人使人忧愁, 他不是使我忧愁, 而是使你们众人都有一点忧愁; 我只说有一点, 是避免说得过分。

6 这样的人受了许多人的责备, 也就够了,

7 倒不如饶恕他, 安慰他, 免得他因忧愁过度而受不了。

8 所以, 我劝你们要向他确实显明你们的爱心。

9 为这缘故, 我写了那封信, 要考验你们是不是凡事都顺从。

10 你们饶恕谁, 我也饶恕谁; 我所饶恕了的(如果我饶恕过什么), 是为了你们在基督面前饶恕的,

11 免得撒但有机可乘, 因为我们并不是不晓得他的诡计。

12 从前我为基督的福音到了特罗亚, 虽然主给我开了门,

13 我心里仍然没有安宁, 因为见不到提多弟兄。于是我辞别了那里的人, 到马其顿去了。

14 感谢 神, 他常常在基督里, 使我们这些作俘虏的, 列在凯旋的队伍当中, 又借着我们在各地散播香气, 就是使人认识基督。

15 因为无论在得救的人或灭亡的人中间, 我们都是基督的馨香, 是献给 神的。

16 对于灭亡的人, 这是死亡的气味叫人死; 对于得救的人, 这却是生命的香气使人活。这些事谁够资格作呢?

17 我们不像那许多的人, 为了图利而谬讲 神的道。相反地, 我们讲话, 是出于真诚, 出于 神, 是在 神面前、在基督里的。