1 Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.
2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede -- of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit -- dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
3 En ek weet van so 'n man -- of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit --
4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie.
5 Oor so 'n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.
6 Want as ek sou wil roem, sou ek nie 'n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit n , sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.
9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
11 Al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe genoodsaak. Want ek moes deur julle aanbeveel geword het; want ek het niks by die uitnemende apostels agtergestaan nie, al is ek niks nie.
12 Die kentekens tog van 'n apostel is onder julle verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade.
13 Want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef my hierdie onreg.
14 Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.
15 En ek sal baie graag uitgee, ja, myself weggee vir julle siele, al word ek, terwyl ek julle oorvloediger liefhet, minder bemin.
16 Maar laat dit so wees! Ek het julle nie beswaar nie, maar omdat ek slim was, het ek julle met lis gevang.
17 Het ek my dan ten koste van julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur het?
18 Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?
19 Dink julle weer dat ons ons by julle verdedig? Ons spreek in die teenwoordigheid van God in Christus, en dit alles, geliefdes, tot julle stigting.
20 Want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal vind soos ek wens nie, en dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie -- dat daar miskien sal wees twis, jaloersheid, toornigheid, verdeeldheid, kwaadsprekery, nuusdraery, verwaandheid, wanordelikheid;
21 dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.
1 夸口固然无益, 却也是必要的。现在我要说说主的异象和启示。
2 我认识一个在基督里的人, 他十四年前被提到第三层天上去。(是带着身体被提的呢?我不知道, 是离开了身体呢?我也不知道, 只有 神知道。)
3 我认识这个人, (是带着身体被提, 还是在身体以外被提, 我都不知道, 只有 神知道。)
4 他被提到乐园里去, 听见了难以言喻的话, 那是人不可以说的。
5 为了这个人, 我要夸口, 但为了我自己, 除了我的软弱以外, 我没有可夸的。
6 即使我想夸口, 也不算愚妄, 因为我要说的是真话。但我闭口不提, 免得有人把我看得太高, 过于他在我身上所见所闻的。
7 又因为我所得的启示太大, 恐怕会高抬自己, 所以就有一根刺加在我的身上, 就是撒但的差役来攻击我, 免得我高抬自己。
8 为了这事, 我曾经三次求主, 使这根刺离开我。
9 他却对我说: "我的恩典是够你用的, 因为我的能力在人的软弱上显得完全。"所以, 我更喜欢夸自己的软弱, 好让基督的能力临到我的身上。
10 因此, 我为基督的缘故, 就以软弱、凌辱、艰难、迫害、困苦为喜乐, 因为我什么时候软弱, 什么时候就刚强了。
11 我成了愚妄的人, 是你们逼成的。其实你们应该称赞我, 因为我虽然算不得什么, 却没有一点比不上那些"超等使徒"。
12 我在你们中间, 以各种忍耐, 用神迹、奇事和大能, 作为使徒的凭据。
13 除了我自己没有成为你们的重担以外, 你们还有什么比不上别的教会呢?这一点委屈, 请原谅我吧!
14 好了, 我打算第三次到你们那里去, 这一次也不会成为你们的重担, 因为我所要的不是你们的东西, 而是你们自己。儿女不需要为父母积财, 父母却应该为儿女积财。
15 至于我, 我甘心乐意为你们的灵魂付上一切, 鞠躬尽瘁。难道我越爱你们, 就越得不到你们的爱吗?
16 算了! 我没有成为你们的重担, 却是个狡猾的人, 用诡计牢笼你们。
17 我派到你们那里去的人, 我借着谁占过你们的便宜?
18 我劝提多到你们那里去, 又派了那位弟兄一同去。提多占过你们的便宜吗?我们行事, 不是同一个心灵吗?不是同样的步伐吗?
19 你们一直以为我们是在向你们申辩吗?我们是在基督里, 当着 神面前说话的。亲爱的, 一切事都是为了建立你们。
20 我怕我来的时候, 见你们不如我所想的, 你们见我也不如你们所想的。又怕有纷争、嫉妒、恼怒、自私、毁谤、谗言、狂傲、混乱的事。
21 又怕我再来的时候, 我的 神使我在你们面前羞愧; 并且我要为许多从前犯罪的人哀痛, 因为他们行了污秽、奸淫、邪荡的事, 却不肯悔改。