1 Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?
2 Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense;
3 omdat julle duidelik 'n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
4 So 'n vertroue het ons deur Christus by God.
5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God,
6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.
10 Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.
11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;
13 nie soos Moses nie, wat 'n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;
16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
1 难道我们又在自我推荐吗?难道我们像有些人, 要拿荐信给你们, 或向你们拿荐信吗?
2 你们就是我们的荐信, 写在我们的心里, 是众人所认识所诵读的,
3 显明你们自己是基督的书信, 是借着我们写成的, 不是用墨, 而是用永活 神的灵写的; 不是写在石版上, 而是写在心版上。
4 我们在 神面前, 借着基督才有这样的信心。
5 我们不敢以为自己有资格作什么, 我们所能够作的是出于 神。
6 他使我们有资格作新约的仆役, 这新约不是从仪文来的, 而是从圣灵来的; 因为仪文会使人死, 而圣灵却使人活。
7 如果那以文字刻在石上使人死的律法的工作, 尚且带有荣光, 以致以色列人因着摩西脸上短暂的荣光, 不能注视他的脸,
8 那出于圣灵的工作不是更有荣光吗?
9 如果那定人有罪的工作尚且有荣光, 那使人称义的工作就更有荣光了!
10 那从前有荣光的, 现在因那超越的荣光, 就算不得有荣光;
11 如果那短暂的有荣光, 那长存的就更有荣光了。
12 所以, 我们既然有这样的盼望, 就大大地放胆行事,
13 不像摩西那样, 把帕子蒙在脸上, 使以色列人看不见那短暂的荣光的结局。
14 但是他们的心思迟钝, 因为直到今日, 他们诵读旧约的时候, 这帕子仍然存在, 没有揭开, 唯有在基督里才能把这帕子废掉。
15 可是直到今日, 他们每逢诵读摩西的书的时候, 这帕子还盖在他们的心上。
16 但他们什么时候归向主, 这帕子就什么时候除掉了。
17 主就是那灵; 主的灵在哪里, 哪里就有自由。
18 我们众人脸上的帕子既然已经揭开, 反映主的荣光("反映主的荣光"或译: "对着镜子看见主的荣光"), 就变成主那样的形象, 大有荣光。这是主所作成的, 他就是那灵。