1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

2 Maak vir ons ruimte in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie, ons het op niemand voordeel behaal nie.

3 Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vantevore gesê dat julle in ons harte is om saam te sterwe en saam te lewe.

4 Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle; my roem oor julle is groot; ek is vervul met troos; ek loop oor van blydskap in al ons verdrukking.

5 Want ook toe ons in Macedonië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge.

6 Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus;

7 en nie deur sy koms alleen nie, maar ook deur die troos waarmee hy oor julle getroos is, deurdat hy aan ons berig gebring het van julle verlange, julle verdriet, julle ywer vir my, sodat ek my nog meer verbly het.

8 Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir 'n kort tydjie, julle bedroef gemaak het.

9 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.

10 Want die droefheid volgens die wil van God werk 'n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.

11 Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God -- wat 'n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.

12 Al het ek ook aan julle geskrywe, dan was dit nie ter wille van hom wat onreg gedoen het nie, of ter wille van hom wat onreg gely het nie, maar dat ons ywer vir julle aan julle duidelik kan word voor God.

13 Daarom is ons getroos oor julle vertroosting en het veral bly geword oor die blydskap van Titus, omdat sy gees deur julle almal verkwik is.

14 Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword.

15 En sy hart is julle veral toegeneë as hy hom die gehoorsaamheid van julle almal herinner, hoe julle hom met vrees en bewing ontvang het.

16 Ek verbly my dus dat ek my in alle opsigte op julle kan verlaat.

1 所以, 亲爱的, 我们有了这些应许, 就应该洁净自己, 除去身体和心灵上的一切污秽, 存着敬畏 神的心, 达到成圣的地步。

2 你们的心要容得下我们。我们没有亏负过谁, 没有损害过谁, 也没有占过谁的便宜。

3 我这样说, 不是要定你们的罪, 因为我从前说过, 你们常在我们心里, 甚至可以同生共死。

4 我对你们大有信心, 因你们而感到十分光荣; 我心里满有安慰, 在我们的一切患难中, 格外充满喜乐。

5 我们从前到了马其顿的时候, 身体一点安宁也没有, 反而处处遭受患难, 外面有争战, 里面有恐惧。

6 但那安慰灰心的人的 神, 借着提多来到, 安慰了我们;

7 不但借着他来, 也借着他从你们所得的安慰, 安慰了我们。他把你们的渴望、你们的哀恸和你们对我的热诚, 都告诉了我们, 因此我就更加欢喜了。

8 虽然我在那封信上使你们忧伤, 但我现在并不后悔; 其实我曾经有点后悔, 因为知道那封信使你们忧伤, 虽然只是暂时的。

9 现在我快乐, 不是因为你们忧伤, 而是因为你们的忧伤带来了悔改。你们依照 神的意思忧伤, 凡事就不会因我们受到亏损。

10 因为依照 神的意思而有的忧伤, 可以生出没有懊悔的悔改, 以致得救; 世俗的忧伤却会招致死亡。

11 看哪, 你们依照 神的意思忧伤, 在你们中间就产生了怎样的热情、申诉、愤慨、战兢、渴望、热诚、正义; 你们在各方面都表明了自己在那事上是清白的。

12 因此, 从前我虽然写过信给你们, 却不是为了那亏负人的, 也不是为了那受害的, 而是在 神面前把你们对我们的热情, 向你们显现出来。

13 因此, 我们得了安慰。在这安慰之外, 我们因提多的喜乐就更加欢喜, 因为他的心从你们众人那里得到畅快。

14 我若对他夸奖过你们什么, 也不觉得惭愧。我们对你们所说的是真话, 照样, 我们在提多面前夸奖你们的也是真的。

15 并且他想起你们众人的服从, 怎样恐惧战兢地接待他, 他怀念你们的心就更加热切了。

16 现在我很欢喜, 因为在一切事上我对你们都有信心。