1 En ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes van Macedonië geskenk is,
2 dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.
3 Want hulle was na vermoë -- ek betuig dit -- ja, bo vermoë gewillig,
4 en het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang;
5 en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,
6 sodat ons Titus versoek het dat hy, net soos hy tevore begin het, so ook by julle nog hierdie liefdedaad moet volbring.
7 Maar soos julle in alles oorvloedig is -- in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons -- sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.
8 Ek sê dit nie as 'n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.
9 Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.
10 En ek gee in hierdie saak my oordeel, want dit is voordelig vir julle, omdat julle alreeds 'n jaar gelede begin het, nie alleen om te doen nie, maar ook om te wil.
11 Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.
12 Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.
13 Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie,
14 maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees.
15 Soos geskrywe is: Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.
16 Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het;
17 want hy het my aansporing wel ontvang, maar omdat hy baie ywerig was, het hy uit eie beweging na julle toe vertrek.
18 En ons het ook met hom die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.
19 En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,
20 om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word.
21 Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
22 En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.
23 Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, 'n eer vir Christus.
24 Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook voor die gemeentes.
1 弟兄们, 我现在把 神赐给马其顿众教会的恩典告诉你们:
2 他们在患难中受到极大的考验的时候, 他们满溢的喜乐和极度的贫乏, 汇流出丰厚的慷慨来。
3 我可以作证, 他们是按着能力, 并且是超过了能力,
4 自动地再三恳求我们, 准许他们在供应圣徒的事上有分。
5 他们超过了我们所期望的, 照着 神的旨意, 先把自己献给主, 然后献给我们。
6 因此, 我们勉励提多, 既然开始了这慈善的事, 就应当在你们那里把这事办好。
7 你们在一切事上, 就如信心、口才、知识、热情和爱我们的心, 既然都是富足的, 那么, 在这慈善的事上, 也要显出你们是富足的。
8 我这样说, 不是吩咐你们, 而是借着别人的热心来考验你们的爱心是否真实。
9 你们是知道我们的主耶稣基督的恩典的: 他本来富足, 却为你们成了贫穷, 要使你们因他的贫穷成为富足。
10 我在这里表示我的意见, 这对你们是有益的: 你们不仅一年前就在办这事, 而且早就想这样作了,
11 现在就应当把这事办好; 这样, 你们既然有愿意作的心, 因着你们尽了自己所能的, 就可以完成。
12 因为人要是有愿意作的心, 按照他所有的, 必蒙悦纳, 不是按照他所没有的。
13 这不是要别人轻省, 你们受累, 而是要大家都均等。
14 现在你们富裕, 就要补助他们的缺乏, 到了他们富裕的时候, 也可以补助你们的缺乏, 这样就均等了;
15 正如经上所记: "多的, 没有剩余, 少的, 也不缺乏。"
16 感谢 神, 他把我对你们那样的热情, 放在提多的心里。
17 提多一方面接受了劝勉, 但他自己更加热心, 自愿到你们那里去。
18 我们还派了一位弟兄和他同去, (这人在福音的事工上, 得到了众教会的称赞。
19 不但这样, 众教会更选派了他作我们的旅伴。我们办理这慈善的事, 是为了主的荣耀, 也是为了我们的心愿。)
20 免得有人因为我们经管的捐款太多, 就毁谤我们。
21 因为我们努力去作的, 不仅是主认为是美的事, 也是众人认为是美的事。
22 我们还派了另一位弟兄与他们同去; 我们在许多的事上多次考验过他, 知道他很热心; 现在他对你们大有信心, 就更加热心了。
23 至于提多, 他是我的同伴, 为你们的缘故作了我的同工; 还有我们那两位弟兄, 他们是众教会所派的, 是基督的荣耀。
24 所以, 你们要在众教会面前, 向他们证明你们的爱心和我们所夸耀你们的。