1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie --

2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom n die reën,

3 die dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,

4 en die deure na die straat gesluit word, terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin sing en al die tone van die lied dof sal word.

5 Ook sal hy bang wees vir 'n hoogte, en verskriklike dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees; want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat rondgaan.

6 Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val

7 en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

8 Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is alles tevergeefs.

9 En behalwe dat die Prediker 'n wyse was, het hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke opgestel.

10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is -- woorde van waarheid.

11 Die woorde van die wyse manne is soos prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is deur die enige Herder gegee.

12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.

13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

14 Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.

1 在你壮年的日子, 当记念你的创造主。不要等到衰败的日子, 就是你所说: "我毫无喜乐"的那些年日临到,

2 日头、光明、月亮、星宿变暗, 雨后乌云再现的时候。

3 那时, 看守房子的发抖, 强壮的弯腰, 推磨的稀少, 都停了工, 往窗外看的都昏暗了,

4 当街的门口关闭, 推磨的声音微弱。雀鸟一叫, 人就起来。唱歌的歌声("歌声"原文作"女子")都低微。

5 人怕高处, 怕路上有惊吓。杏树开花, 蚱蜢蹒跚而行, 催情果失效。因为人归他永远的家, 哭丧的在街上游行。

6 银链断掉, 金碗破裂, 瓶子在泉旁破碎, 打水的轮子在井边破烂。

7 尘土要归回原来之地, 灵要归回赐灵的 神。

8 传道者说: "虚空的虚空, 一切都是虚空。"

9 传道者不但有智慧, 还将知识教训众人; 他既揣摩, 又查考, 也编撰了许多箴言。

10 传道者搜寻可喜悦的话, 正确地写下真理。

11 智慧人的言语像刺棒, 他们所汇集的箴言像钉牢的钉子, 都是一位牧者所赐的。

12 我儿, 还有, 你当受劝勉: 著书多, 没有穷尽; 读书多, 身体疲倦。

13 你们一切都听见了, 总而言之, 应当敬畏 神, 谨守他的诫命, 因为这是每一个人的本分。

14 人所作的每一件事, 连一切隐藏的事, 无论是善是恶, 神都必审问。