1 'n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.

2 Dit is beter om te gaan na 'n klaaghuis as om te gaan na 'n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit ter harte neem.

3 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.

4 Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.

5 Dit is beter om te luister na die bestraffing van 'n wyse as dat 'n mens luister na die lied van die dwase.

6 Want soos die geknetter van doringtakke onder 'n pot, so is die gelag van 'n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.

7 Sekerlik, afpersing maak 'n wyse dwaas, en 'n geskenk bederwe die hart.

8 Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.

9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.

10 Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

11 Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.

12 Want wysheid is 'n beskutting, geld is 'n beskutting; maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in die lewe.

13 Aanskou die werk van God, want wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?

14 Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens n sy dood niks meer sal ontdek nie.

15 Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is 'n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is 'n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.

16 Wees nie alte regverdig en hou jou nie buitengewoon wys nie: waarom sou jy jouself te gronde rig?

17 Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?

18 Dit is goed dat jy aan die een vashou en ook van die ander jou hand nie aftrek nie; want die wat God vrees, ontkom aan dit alles.

19 Die wysheid versterk die wyse meer as tien maghebbers wat in die stad is;

20 want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.

21 Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie.

22 Want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het.

23 Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel; ek het gesê: Ek wil wys word, maar dit het ver van my gebly.

24 Wat bestaan, is ver en baie diep; wie kan dit begryp?

25 Ek het my daartoe gewend en my hart gerig om te weet en na te speur, en wysheid en 'n slotsom te soek, en om so die goddeloosheid as dwaasheid en die dwaasheid as onverstandigheid te leer ken.

26 En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.

27 Kyk, dit het ek uitgevind, sê die Prediker, deur die een by die ander te voeg, om 'n slotsom te vind --

28 wat my siel lank gesoek het, maar wat ek nie gevind het nie: een mens uit duisend het ek gevind, maar 'n vrou het ek onder soveel nie gevind nie.

29 Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.

1 美名优于美好的膏油, 死亡的日子胜过诞生的日子。

2 往服丧之家, 比往宴乐之家还好, 因为死是人人的结局, 活人要把这事放在心上。

3 忧愁胜于嬉笑, 因为面带愁容, 能使内心得着好处。

4 智慧人的心在服丧之家, 愚昧人的心在欢乐之家。

5 听智慧人的斥责, 胜过听愚昧人的歌唱。

6 愚昧人的笑声, 就像锅底下荆棘的爆声一样。这也是虚空。

7 勒索会使智慧人变为愚妄, 贿赂能败坏人心。

8 事情的结局胜于开端, 存心忍耐的, 胜过居心骄傲的。

9 你心里不要轻易动怒, 因为恼怒留在愚昧人的胸怀中。

10 你不要说: "为什么从前的日子胜过现在的呢?"你这样问, 不是出于智慧。

11 智慧与产业都是好的, 对得见天日的人是有益的。

12 因为受智慧的庇护, 如同受银子的庇护。唯有智慧能保全智慧人的生命, 这就是知识的益处。

13 要观察 神的作为, 因为他所屈曲的, 谁能弄直呢?

14 在亨通的日子, 应当享福; 遭遇患难的时候, 就当省察。 神使这两样并存, 为了叫人查不出未来的事。

15 在我虚空的日子里, 我见过这两件事: 有义人行义反而灭亡, 有恶人行恶倒享长寿。

16 不要过分公义, 也不要太过有智慧, 何必自取灭亡呢?

17 不要过分作恶, 也不要作愚昧人, 何必时候未到就死?

18 持守这个是好的, 那个也不要放松, 因为敬畏 神的人, 都必避免这两个极端。

19 智慧使智慧人比城中十个官长更有能力。

20 世上实在没有一个行善而不犯罪的义人。

21 人所说的一切话, 都不要放在心上, 因你可能听见仆人咒骂你。

22 其实你心里明白, 自己也曾多次咒骂别人。

23 这一切我都用智慧试验过。我说: "我要得智慧", 智慧却远离我。

24 那离得远又极深奥的, 谁能找到呢?

25 我转念, 一心去了解、考察并寻觅智慧和事理, 又要知道愚蒙是邪恶的, 狂妄是愚昧的。

26 我发现一个比死亡更恶毒的妇人, 她有如罗网, 心如陷阱, 手如锁链。蒙 神喜悦的人得以摆脱她, 罪人却被她缠住。

27 传道者说: "看哪! 我发现了这件事, 我一再揣摩, 要找出事情的道理。

28 我的心仍在寻觅, 却还找不到, 就是在一千个男人中, 我找到一个正直人, 但在所有的女人中, 连一个也找不到。

29 我所明白的, 只有这件事: 神造人原是正直的, 他们却找出许多巧计。"