1 Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie.
2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir 'n eed.
3 Dit is 'n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!
4 Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want 'n lewendige hond is beter as 'n dooie leeu.
5 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
7 Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
8 Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.
9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son -- al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
10 Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.
11 Weer het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.
12 Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet -- soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.
13 Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:
14 daar was 'n klein stadjie en min manne daarin, en 'n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou.
15 En daarin is 'n arm wyse man gevind; die het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie.
16 Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
17 Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase.
18 Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.
1 我留心这一切事, 并加以阐明: 就是义人、智慧人和他们所作的, 都在 神手里。临到他们的一切, 无论是爱是恨, 人都不领悟。
2 众人的命运都是一样的: 义人与恶人、好人与坏人、洁净的与不洁净的、献祭的与不献祭的, 所遭遇的都是一样的; 好人怎样, 罪人也怎样; 起誓的怎样, 怕起誓的也怎样。
3 在日光之下所发生的一切事, 有一件令人遗憾的, 就是众人的命运都是一样的, 并且世人的心充满邪恶, 一生心怀狂妄, 后来都归到死人那里去。
4 凡有生命的("凡有生命的"原文作"凡与所有活人有关联的"), 就有盼望, 因为活狗比死狮更好。
5 活人还知道自己必死, 死人却一无所知, 而且再得不到酬劳, 他们也被遗忘。
6 他们的爱, 他们的恨, 他们的嫉妒, 都早已消失了, 在日光之下所发生的一切事, 永远也没有他们的分了。
7 你只管快快乐乐地去吃你的饭, 怀着高兴的心去喝你的酒, 因为 神已经悦纳了你所作的。
8 你当经常穿着白色的衣袍, 头上也不要缺少膏油。
9 在你一生虚空的年日中, 就是 神在日光之下赐你虚空的年日中, 你要和你所爱的妻子享受人生, 因为那是你一生在日光之下从劳碌中所得的分。
10 凡是你手可作的, 都当尽力去作; 因为在你所要去的阴间里, 既没有工作, 又没有筹谋; 没有知识, 也没有智慧。
11 我又看见在日光之下, 跑得快的未必得奖, 勇士未必战胜, 智慧的未必得粮食, 精明的未必致富, 博学的未必得人赏识, 因为时机和际遇左右众人。
12 原来人并不知道自己的时机, 正像鱼被恶网圈住, 鸟被网罗捉住, 险恶的时机忽然临到世人身上的时候, 世人也照样陷在其中。
13 在日光之下, 我又看见一样智慧, 觉得很有意义:
14 有一座小城, 人数不多; 有一个大君王来进攻, 把它包围, 建造巨大的高垒攻城。
15 城里有一个贫穷但有智慧的人, 用他的智慧救了那城。然而, 却没有人记念那穷人。
16 于是我说: "智慧胜过武力", 但是那个穷人的智慧被藐视, 他的话也没有人听从。
17 听智慧人安安静静说出来的话, 胜过听管理愚昧者的人的喊叫。
18 智慧胜于战斗的武器, 但一个罪人能破坏许多好事。