1 En daar het 'n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hulle broers, die Jode;

2 en sommige het gesê: Ons seuns en ons dogters, ons is baie; ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!

3 En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!

4 En ander weer het gesê: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen vir die belasting aan die koning.

5 En nou, ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en ons dogters tot slawe verneder, en van ons dogters is al verneder sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons lande en ons wingerde behoort aan ander.

6 En ek was baie verontwaardig toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.

7 En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het 'n groot vergadering teen hulle belê

8 en aan hulle gesê: Ons het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoë losgekoop; en tog verkoop julle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.

9 Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle nie in die vrees van onse God wandel ter wille van die smaad van die heidene, ons vyande, nie?

10 Ek self, my broers en my mense het ook aan hulle geld en koring geleen; laat ons tog hierdie lening kwytskeld.

11 Gee dan vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise aan hulle terug, en die honderdste deel van die geld en die koring, die mos en die olie wat julle aan hulle geleen het.

12 Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.

13 Ook het ek my boesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.

14 Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artas sta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die brood van goewerneurs nie geëet nie;

15 terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.

16 En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was.

17 En die Jode, die leiers, honderd en vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel.

18 En wat vir elke dag berei is -- een bees, ses uitgesoekte stuks kleinvee en voëls -- is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte wyn in oorvloed; en daarby het ek tog die brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.

19 Dink, my God, my ten goede, aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!

1 那时, 民众和他们的妻子大声呼冤, 控告自己的同胞犹大人。

2 有些人说: "我们和儿女人口众多, 给我们五谷糊口, 可以存活。"

3 有些人说: "我们抵押了自己的田地、葡萄园和房屋, 为要在饥荒中买到五谷。"

4 有些人说: "我们为了要借钱向王纳税, 只好抵押了我们的田地和葡萄园。

5 虽然我们的身体与我们同胞的身体一样, 我们的儿女与他们的儿女也相同, 可是我们却要强迫自己的儿女去作仆婢, 而且我们的女儿有些已经作了奴婢, 我们却无能为力, 因为我们的田地和葡萄园已经属于别人了。"

6 我听见他们的哀叫和所讲的这些事, 就十分忿怒。

7 我心中筹算一番以后, 就谴责贵族和官长, 对他们说: "你们各人向自己的同胞贷款, 竟然索取高利! "于是我召开大会攻击他们。

8 我对他们说: "我们已尽了我们的能力, 把那些卖了给外族人的同胞犹大人买赎回来, 而你们还想要出卖你们的同胞, 好让我们再把他们买回来吗?"他们都默不作声, 无话可说。

9 我又说: "你们这事作得不对。你们岂不应怀着敬畏我们 神的心行事为人, 免遭我们的仇敌外族人的毁谤吗?

10 现在我和我的兄弟, 以及我的仆人要把银钱和五谷借给他们。让我们大家都放弃放债取利吧!

11 请你们今天就把他们的田地、葡萄园、橄榄园、房屋, 以及你们向他们索取的利息: 百分之一的利钱、五谷、新酒和新油, 都归还给他们。"

12 他们就说: "我们必定归还, 不再向他们要求利息了, 你怎么说, 我们愿意照着你说的去行。"我就把祭司们召了来, 叫众人起誓必照着这话去行。

13 我抖着胸前的衣襟说: "不履行这话的, 愿 神也是这样抖他离开他的家和产业, 直到抖空。"全体会众都说: "阿们! "又赞美耶和华。众人都照着这话去行。

14 自从我奉命在犹大地作他们省长的日子以来, 就是从亚达薛西王二十年, 直到三十二年, 共十二年, 我和我的兄弟都没有吃过省长的俸禄。

15 在我们以先的前任省长, 重压人民, 每日都向他们索取粮食和酒, 以及四百五十六克银子。连他们的仆人也辖制人民, 但我因为敬畏 神, 就不这样行。

16 我坚持只重修城墙的工程; 所以我们不购置田产, 我所有的仆人也都聚集在那里工作。

17 在我桌上吃饭的, 有一百五十个犹大人和官长, 还有那些从我们四围外族来到我们这里的人;

18 每天预备牛一头、肥羊六只, 又为我预备一些飞禽; 每十天供应大量各类的酒。虽然这样, 我仍然没有索取省长的俸禄, 因为这些人服役已经负担沉重。

19 "我的 神啊, 求你记念我, 记念我为这人民所作的一切事, 施恩给我。"