1 En toe Sanb llat en Tob¡a en Gesem, die Arabier, en ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie, alhoewel ek tot die tyd toe geen deure in die poorte gesit het nie,

2 laat Sanb llat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom in een van die dorpe, in die laagte van Ono; maar hulle het gemeen om my kwaad aan te doen.

3 Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen 'n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?

4 Nog vier keer het hulle op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.

5 Daarop stuur Sanb llat op dieselfde manier vir die vyfde keer sy dienaar na my met 'n ope brief in sy hand.

6 Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, en Gasmu sê: Jy en die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word -- dergelike dinge.

7 Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!

8 Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as die waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.

9 Want hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. Versterk dan nou my hande!

10 En toe ek in die huis van Sem ja, die seun van Del ja, die seun van Mehet beël kom, terwyl hy verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.

11 Maar ek het gesê: Sal 'n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.

12 Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tob¡a en Sanb llat hom gehuur het.

13 Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.

14 Dink, my God, aan Tob¡a en aan Sanb llat volgens hierdie werke van hom, en ook aan No dja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak.

15 En die muur is voltooi op die vyf en twintigste van Elul, in twee en vyftig dae.

16 En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.

17 Ook het in die dae die edeles van Juda baie briewe geskrywe wat na Tob¡a gegaan het, en die van Tob¡a het na hulle gekom.

18 Want baie in Juda was deur 'n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Seg nja, die seun van Arag, en sy seun Johanan die dogter van Mesullam, die seun van Ber,gja, getrou het.

19 Ook het hulle voor my sy goeie bedoelings verhaal en my woorde na hom uitgebring. Tob¡a het briewe gestuur om my bang te maak.

1 参巴拉、多比雅、阿拉伯人基善和我们其余的仇敌听见我重建好了城墙, 城墙再没有破口。不过那时我还没有在城门上装上门扇。

2 参巴拉和基善就差派人来见我说: "请你来, 我们在阿那平原上的一个村庄会面吧! "其实他们想要谋害我。

3 于是我差派使者去见他们说: "我正在进行大工程, 不能去。我怎能放下这工程, 去见你们, 使这工程停顿呢?"

4 他们连续四次这样差派人来见我, 我都这样回复他们。

5 参巴拉第五次这样差派他的仆人来见我, 手里拿着一封没有封口的信。

6 信上写着: "在各民族中有这样的传说, 迦施慕也说: ‘你和犹大人阴谋造反, 所以你才重建城墙, 据说, 你还想要作他们的王。’

7 你又设立先知在耶路撒冷指着你宣讲, 说: ‘犹大有王了。’现在这些话必会传到王那里。所以请你来, 我们一起商量商量吧。"

8 我就回复他, 说: "你说的这些事不是事实, 都是你从心里捏造出来的。"

9 其实他们众人是在恐吓我们, 心里说: "他们的手必软弱, 不能再作这工程, 不会完工了! "但我的手更坚定作工。

10 我来到米希大别的孙子、第来雅的儿子示玛雅的家里; 那时, 他闭门不出, 他说: "我们在 神的殿里, 在殿的大堂中会面吧! 我们要把殿门关起来, 因为他们要来杀你, 在夜间来杀你。"

11 我回答: "像我这样的人, 怎可以逃跑呢?哪有像我这样的人, 进入圣殿里去保全自己的性命呢?我决不进去! "

12 我看出 神并没有差派他, 是他自己宣讲这话攻击我, 因为多比雅和参巴拉收买了他。

13 他被收买, 是要使我惧怕, 照着他说的去作, 以致犯罪, 他们就破坏我的名声来毁谤我。

14 "我的 神啊, 求你记住多比雅和参巴拉, 按着他们所行的报应他们; 也要报应女先知挪亚底和其余的先知, 因为他们恐吓我。"

15 以禄月二十五日, 城墙建成, 整个工程共用了五十二天。

16 我们所有的仇敌听见了, 我们四围所有的民族都惧怕, 敌人的声势一落千丈, 他们都承认这工程是靠着我们 神的帮助完成的。

17 在这段日子, 犹大人的贵族写了许多信给多比雅, 多比雅也常常回信给他们。

18 在犹大有许多人与多比雅结盟; 因为他是亚拉的儿子、示迦尼的女婿, 并且他的儿子约哈难娶了比利迦的儿子米书兰的女儿为妻。

19 不但这样, 他们也常常在我面前提起多比雅的善行, 又把我说的话传给他; 多比雅又常常寄信来恐吓我。