1 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is die vog onrein.

3 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.

4 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.

5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

8 En as hy wat die vloeiing het, op 'n reine spuug, moet die een sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hom is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, die een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

12 Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel n sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.

14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en die aan die priester gee;

15 en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.

16 En as daar van 'n man 'n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

18 En wat die vrou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.

19 En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20 En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24 En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

25 En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.

27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: die een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

28 Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.

29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en die by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.

30 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.

31 So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.

32 Dit is die wet vir hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;

33 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.

1 耶和华对摩西和亚伦说:

2 "你们要告诉以色列人, 对他们说: 如果男子的下体有异常排泄, 他的排泄物是不洁净的,

3 这异常排泄就使他不洁净; 无论下体仍有排泄流出, 或是下体的排泄已经止住了, 他都是不洁净的。

4 有异常排泄的人睡过的床, 都是不洁净的; 他坐过的家具, 都必不洁净。

5 谁触摸他的床, 都要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

6 谁坐了有异常排泄的人所坐过的家具, 要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

7 触摸了有异常排泄的人的身体, 就要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

8 有异常排泄症的人, 若是吐唾沫在洁净的人身上, 那人就要洁净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

9 有异常排泄的人坐过的鞍, 都不洁净。

10 谁触摸他身下任何东西, 都不洁净到晚上; 拿了这些东西的, 要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

11 谁触摸有异常排泄的人, 而没有洗手, 就要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

12 有异常排泄的人摸过的瓦器, 必须打碎; 他摸过的任何木器, 都要用水洗净。

13 "有异常排泄的人痊愈的时候, 就要为自己得洁净计算七天, 洗净自己的衣服, 用活水洗身, 就洁净了。

14 第八天, 他要带两只斑鸠或是两只雏鸽, 来到耶和华面前, 在会幕门口交给祭司。

15 祭司要把它们献上, 一只作赎罪祭, 一只作燔祭; 祭司因那人的异常排泄, 要在耶和华面前为他赎罪。

16 "人若是遗精, 就要用水把全身洗净, 并且不洁净到晚上。

17 无论是衣服或是皮革, 被精液染污, 都要用水洗净, 并且不洁净到晚上。

18 至于女人, 男人若是与她同睡性交, 两人都要用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

19 "如果女人身上排泄的是经血, 她必污秽七天; 摸她的, 都不洁净到晚上。

20 在她污秽的时期, 她躺过的东西, 都不洁净; 她坐过的东西, 也都不洁净。

21 触摸她的床的, 都要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

22 触摸她坐过的任何家具, 都要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

23 在女人的床上, 或是在她坐过的家具上, 如果有别的东西, 人摸了它, 就不洁净到晚上。

24 男人若是与那女人同睡, 染上她的污秽, 就不洁净七天; 他躺过的床都不洁净。

25 "女人若是在月经污秽期以外, 血漏多日; 或是月经污秽期过长, 患有血漏症; 她在这些血漏的日子是不洁净的, 好像她在月经污秽的日子不洁净一样。

26 她在血漏症的日子躺过的床, 都像她在月经污秽时的床一样; 她所坐过的家具, 都不洁净, 像月经污秽的时候一样。

27 触摸这些东西的, 都不洁净; 要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上。

28 女人的血漏若是洁净了, 她要计算七天, 然后就洁净了。

29 第八天, 她要拿两只斑鸠或两只雏鸽, 带到会幕门口, 交给祭司。

30 祭司要献一只作赎罪祭, 一只作燔祭; 祭司要在耶和华面前, 因那妇人血漏的不洁, 为她赎罪。

31 "你们要这样叫以色列人远离他们的不洁, 免得他们玷污我在他们中间的会幕, 他们就因自己的不洁而死亡。"

32 以上是关于因为异常排泄和遗精, 成为不洁净,

33 以及患病污秽的妇女和患血漏的男女, 还有男人与不洁净的女人同睡的律例。