1 En die HERE het met Moses en A„ron gespreek en aan hulle gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou dit mag julle eet.
4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
5 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie onrein is hy vir julle;
7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie onrein is hy vir julle.
8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie onrein is hulle vir julle.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle.
11 Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou.
12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie 'n gruwel is dit vir julle.
13 En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
14 en die kuikendief en die valk volgens sy soorte;
15 elke kraai volgens sy soorte;
16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;
17 en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
18 en die silweruil en die pelikaan en die klein aasvoël;
19 en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep hoep en die vlermuis.
20 Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop 'n gruwel is hulle vir julle.
21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
22 Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het 'n gruwel is hulle vir julle.
24 En deur hierdie diere word julle verontreinig elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
25 en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees
26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
27 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
28 Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
29 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte,
30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
31 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
32 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
35 En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
36 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
37 En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.
38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
39 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
40 en hy wat van die aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat die aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
41 En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel dit mag nie geëet word nie.
42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.
43 Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
44 Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
45 Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
46 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
47 om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
1 耶和华对摩西和亚伦说:
2 "你们要告诉以色列人: 地上所有的走兽中, 你们可以吃的动物, 就是这些:
3 分蹄有趾而且反刍的走兽, 你们都可以吃。
4 但你们不可吃下列反刍, 或分蹄的走兽动物: 骆驼, 因为它反刍却不分蹄, 你们应以为不洁净。
5 石獾(本章动物名字多不能确定。"石獾"传统翻译作"沙番"或"山鼠"), 因为它反刍却不分蹄, 你们应以为不洁净。
6 兔子, 因为它反刍却不分蹄, 你们应以为不洁净。
7 猪, 因为它分蹄有趾却不反刍, 你们应以为不洁净。
8 这些走兽的肉你们不可吃, 它们的尸体你们不可摸, 你们应视为不洁净。
9 "水中所有的活物你们可以吃的, 就是这些: 凡是在水中, 有翅有鳞的, 不论是在海里或是河里的, 你们都可以吃。
10 在水中游动或生存在水中的活物, 无论是在海里或是河里, 若是没有翅和鳞的, 你们都要当作可憎之物。
11 它们是你们憎恶之物; 它们的肉, 你们不可吃; 它们的尸体, 你们要憎恶。
12 所有在水里没有翅和鳞的活物, 你们都要当作可憎之物。
13 "在鸟类中, 你们要憎恶, 也不可吃这些雀鸟: 兀鹰(雀鸟的名字中文翻译还未统一, 它们的学名多不能确定)、雕、鹫、
14 鸢、猎鹰等隼类,
15 所有乌鸦类,
16 鸵鸟、猫头鹰、海鸥、苍鹭等鹰类。
17 鸱鹗、鸬鹚、大鸱枭、
18 白鹭、塘鹅、鸨、
19 鹳、红鹤等鹭鸶类, 戴胜和蝙蝠。
20 "凡有翅膀、四足爬行的生物, 你们都要当作可憎之物。
21 但在所有有翅膀、四足爬行的生物中, 如果有足有腿, 能在地上蹦跳的, 你们都可以吃。
22 在昆虫中, 你们可以吃这些: 蝗虫类、蚂蚱类、蟋蟀类和蚱蜢类。
23 但是其他所有有翅膀四足的生物, 你们都要当作可憎之物。
24 "以下事物, 会使你们成为不洁: 触摸动物尸体的, 就不洁净到晚上。
25 拾起它们的尸体的, 就要洗净自己的衣服, 并且不洁净到晚上。
26 所有分蹄却无趾的、不反刍的走兽, 你们应以为不洁净, 触摸它们的, 就不洁净。
27 所有用四足行走的动物中, 用脚掌行走的, 你们应以为不洁净, 触摸它们尸体的, 都不洁净到晚上。
28 拾起它们尸体的, 就要洗净自己的衣服, 并且不洁净到晚上。以上这些你们应以为不洁净。
29 "在地上爬行的生物中, 你们应以为不洁净的是这些: 鼬鼠、鼫鼠、蜥蜴这一类,
30 以及壁虎、龙子、守宫、蛇医、变色龙。
31 在所有爬行的生物中, 你们应以这些为不洁净; 它们死了以后, 触摸它们的, 都不洁净到晚上。
32 它们当中死了的, 掉在什么东西上, 无论是木器或是衣服, 皮子或是布袋等任何器具, 都成为不洁净, 要放在水中。但仍不洁净到晚上, 以后就真洁净了。
33 它们当中死了的, 掉在什么瓦器里, 其中不论是什么, 都成为不洁净, 你们要把瓦器打碎。
34 瓦器的水若是滴在任何食物上, 食物就成了不洁净, 若是滴在装了饮料的器皿里, 饮料也成为不洁净。
35 它们尸体的任何部分掉在什么东西上, 那东西就不洁净, 无论是炉或是锅, 都成为不洁净, 应该打碎; 你们应以这些为不洁净。
36 但是水源和储水池仍算是洁净的。只有触摸水中尸体的, 才是不洁净。
37 它们尸体的一部分掉在要播种的种子上, 种子还是洁净的;
38 但是, 如果种子已经浇了水, 它们尸体的一部分才掉在种子上面, 你们应以这种子为不洁净。
39 "一只你们可以吃的走兽死了, 谁摸了它的尸体, 就不洁净到晚上;
40 谁吃了它的尸体, 就要洗净自己的衣服, 并且不洁净到晚上; 谁拾起这尸体, 也要洗净自己的衣服, 并且不洁净到晚上。
41 "所有在地上爬行的动物, 都是可憎之物, 都不可吃。
42 凡是用肚子, 或用四足或是多足在地上爬行的动物, 你们都不可吃, 因为它们是可憎之物。
43 你们不可因任何爬行的动物使自己成为可憎的, 也不可因它们玷污自己, 以致不洁净。
44 因为我是耶和华你们的 神, 所以你们要使自己成为圣洁。你们要分别为圣, 因为我是圣洁的。你们不可因在地上爬行的任何动物玷污自己,
45 因为我是耶和华, 曾把你们从埃及地领上来, 为要作你们的 神; 你们要分别为圣, 因为我是圣洁的。"
46 以上就是有关走兽、飞禽、所有在水中游行的动物, 和所有在地上爬行的动物的律例,
47 为要把不洁净的和洁净的, 可吃的生物和不可吃的生物, 分别出来。