1 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
3 A„ron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.
4 Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees;
6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.
8 Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as 'n ewige insetting.
9 En dit moet aan A„ron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE 'n ewige insetting.
10 En die seun van 'n Israelitiese vrou maar hy was die seun van 'n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en 'n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.
11 Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was S,lomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
12 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE.
13 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.
15 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
16 En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.
18 Maar hy wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.
19 En as iemand aan sy naaste 'n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:
20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan 'n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.
21 Hy dan wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat 'n mens doodslaan, moet gedood word.
22 Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
23 Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要吩咐以色列人, 把点灯用的榨成的纯净橄榄油, 拿来给你, 使灯火长燃。
3 在会幕中法柜的幔子外, 亚伦要使这灯在耶和华面前通宵达旦地长燃; 这是你们世世代代永远的律例。
4 亚伦要不断地在耶和华面前, 整理纯金灯台上的灯。
5 "你要取细面烤成十二个饼, 每一个饼用两公斤细面。
6 你要把饼摆列成两排, 每排六个, 放在耶和华面前精金的桌子上;
7 把纯乳香放在每排饼上, 象征这些饼作献给耶和华的火祭。
8 每一个安息日, 亚伦都要把饼摆在耶和华面前, 不可间断, 这是以色列人永远的约。
9 这饼要归给亚伦和他的子孙, 他们要在圣洁的地方吃, 因为这是至圣的, 在献给耶和华的火祭中, 他永远的分。"
10 有一个以色列妇人的儿子, 父亲是埃及人, 在以色列人中间出入; 这以色列妇人的儿子在营里和一个以色列人争吵;
11 这以色列妇人的儿子亵渎耶和华的名, 咒诅耶和华的名, 人就把他带到摩西那里。(他母亲名叫示罗密, 是但支派底伯利的女儿。)
12 他们拘留看守那人, 等候耶和华给他们的指示。
13 耶和华对摩西说:
14 "把那咒诅圣名的人拉出营外, 听见的人都按手在他头上。然后全体会众要扔石头打死他。
15 你要告诉以色列人: 咒诅 神的, 必担当自己的罪。
16 亵渎耶和华圣名的人, 必被处死, 全体会众要扔石头打他; 不论是寄居的外人或是本地人, 如果亵渎圣名, 必被处死。
17 打死人的, 必被处死。
18 打死牲畜的, 必要赔偿牲畜, 以命偿命。
19 如果有人使他的同伴伤残; 他怎样待人, 人也必怎样待他;
20 以伤还伤, 以眼还眼, 以牙还牙; 他怎样使人伤残, 人也必怎样使他伤残。
21 打死牲畜的, 必要赔偿牲畜; 打死人的, 必被处死。
22 无论是寄居的或是本地人, 你们都应一律对待, 因为我是耶和华你们的 神。"
23 于是摩西告诉了以色列人, 他们就把那咒诅圣名的人带出营外, 扔石头打死他。以色列人遵行了耶和华给摩西的吩咐。