1 En as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
2 en hy moet dit na die seuns van A„ron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
3 En wat oorbly van die spysoffer, is vir A„ron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
4 En as jy 'n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.
5 En as 'n spysoffer van die bakplaat jou offer is, moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
6 Breek dit in stukkies en giet olie daarop: dit is 'n spysoffer.
7 En as 'n spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
8 Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
9 En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
10 En wat oorbly van die spysoffer, is vir A„ron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
11 Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van g,,n suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE 'n vuuroffer aan die brand steek nie.
12 As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
14 En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
15 En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi; 'n spysoffer is dit.
16 Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.
1 "如果有人献素祭为供物给耶和华, 他的供物要用细面; 他要浇上油, 加上乳香,
2 带到亚伦子孙作祭司的那里, 祭司就从其中取出一把浇了油的细面, 连同所有的乳香, 作供物的象征, 焚烧在祭坛上, 这是献给耶和华馨香的火祭。
3 祭余剩的, 要归给亚伦和他的子孙; 这是献给耶和华的火祭中至圣之物。
4 "如果你献炉里烤的物作素祭的供物, 就要用细面调油所做的无酵饼, 或是抹上油的无酵薄饼。
5 你的供物若是用煎盘上做的物作素祭, 就要用调油的无酵细面。
6 你要把它擘成碎块, 浇上油; 这是素祭。
7 你若是用浅锅中煎的物作素祭的供物, 就要用细面调油做成。
8 你要把这些东西做好, 作献给耶和华的素祭, 奉给祭司, 让他带到祭坛。
9 祭司要从素祭中举起象征的部分, 焚烧在祭坛上, 作献给耶和华馨香的火祭。
10 素祭余剩的, 要归给亚伦和他的子孙; 这是献给耶和华的火祭中至圣之物。
11 "你们献给耶和华的一切素祭, 都不可发酵, 因为任何酵与蜜, 你们都不可焚烧作献给耶和华的火祭。
12 你们可以把它们献给耶和华作初熟的供物; 只是不可烧在祭坛上, 作馨香的祭。
13 你献作素祭的一切供物, 都要用盐调和; 在你的素祭上, 不可缺少你 神立约的盐; 你的一切供物, 都要用盐调和献上。
14 "如果你把初熟之物作素祭献给耶和华, 就要献上烘过的新麦穗, 就是碾过的新谷粒, 作素祭。
15 你要浇上油, 加上乳香, 这是素祭。
16 祭司要把供物的象征部分, 就是一部分碾过的麦粒和油, 连同所有的乳香, 一起焚烧, 作献给耶和华的火祭。"