1 En die HERE het met Moses gespreek n die dood van die twee seuns van A„ron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;

2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer A„ron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.

3 Hiermee moet A„ron in die heiligdom ingaan: met 'n jong bul as sondoffer en 'n ram as brandoffer.

4 Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.

5 En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.

6 Dan moet A„ron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.

7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.

8 En A„ron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir As sel.

9 Dan moet A„ron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;

10 maar die bok waar die lot vir As sel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir As sel in die woestyn te stuur.

11 A„ron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,

12 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.

13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.

14 En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.

15 Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

16 So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.

17 En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.

18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk

19 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.

20 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;

21 en A„ron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet die op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.

22 So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na 'n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.

23 Dan moet A„ron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.

24 En hy moet sy liggaam op 'n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.

25 Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.

26 En hy wat die bok vir As sel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

27 Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.

28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.

29 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en g,,n werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.

30 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.

31 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is 'n ewige insetting.

32 En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek

33 en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.

34 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

1 亚伦的两个儿子走近耶和华面前而死亡以后, 耶和华对摩西说:

2 "你要告诉你的哥哥亚伦, 不可随时进入圣所的幔子里面, 到约柜上的施恩座, 免得他死亡, 因为我在施恩座上的彩云中显现。

3 亚伦进入圣所时要带一头公牛犊作赎罪祭, 一只公绵羊作燔祭。

4 他要穿上细麻布的圣内袍, 也要把细麻布的裤子穿在身上, 腰束细麻布的带子, 头戴细麻布礼冠; 这些就是圣衣。他要先用水洗身, 然后才穿上圣衣。

5 他要从以色列的会众中, 取两只公山羊作赎罪祭, 一只公绵羊作燔祭。

6 亚伦为自己的罪献上作赎罪祭的公牛, 为自己和家人赎罪,

7 然后把两只公山羊牵来, 放在会幕门口, 耶和华的面前;

8 亚伦要为这两只山羊抽签: 一签归耶和华, 另一签归阿撒泻勒("阿撒泻勒"是希伯来文音译, 这字原意不能确定)。

9 亚伦要把那抽签归耶和华的山羊, 献作赎罪祭。

10 至于那抽签归阿撒泻勒的山羊, 却要活活地摆在耶和华面前, 用来赎罪, 然后叫人把它送到旷野, 归阿撒泻勒。

11 "亚伦要先为自己献上作赎罪祭的公牛, 为自己和家人赎罪, 他要把那为自己作赎罪祭的公牛宰杀。

12 从耶和华面前的祭坛上, 拿一个盛满火炭的香炉, 又拿一捧捣细的芬芳香料, 带进幔子里,

13 在耶和华面前把香放在火上, 使香的烟云遮掩约柜上的施恩座, 免得他死亡。

14 他要取些公牛的血, 用指头弹在施恩座的东面, 再用指头在施恩座的前面, 弹血七次。

15 "然后他要宰杀那为人民作赎罪祭的公山羊, 把血带进幔子里, 弹羊血在施恩座的上面和施恩座的前面, 好像弹公牛的血一样。

16 他要为圣所赎罪, 使圣所脱离以色列人的不洁和他们的过犯, 就是他们的一切罪孽。然后他又要为会幕同样的赎罪。因为会幕和他们在一起, 在他们的不洁中间。

17 他进入至圣所赎罪的时候, 会幕里不可有人; 直到他为自己和家人, 以及以色列全体会众, 赎了罪出来为止。

18 他出来, 就到耶和华面前的祭坛那里, 为坛赎罪。他要取一点公牛的血和山羊的血, 抹祭坛的四角。

19 又用指头向祭坛弹血七次, 洁净祭坛, 使它分别为圣, 脱离以色列人的不洁。

20 "亚伦为圣所、会幕和祭坛赎了罪以后, 就要把那只活山羊献上。

21 亚伦两手按在那只活山羊头上, 承认以色列人的一切罪孽和他们的过犯, 就是他们一切罪孽。把它们都归在那山羊的头上; 然后经由已预定的人, 把羊送到旷野里去。

22 那只山羊就担当他们的一切罪孽, 把它们带到一个完全隔离的地; 所以那人要把那只山羊送到旷野里去。

23 "亚伦要进会幕, 把他进圣所时所穿的细麻布衣服脱下, 放在那里。

24 然后在圣洁的地方用水洗身, 穿回自己的衣服出来, 把自己的燔祭和众民的燔祭献上, 为自己和众民赎罪。

25 赎罪祭牲的脂肪, 他要焚烧在祭坛上。

26 那送走归阿撒泻勒的山羊的人, 要洗净自己的衣服, 用水洗身, 然后才可以进到营里。

27 那作赎罪祭的公牛和作赎罪祭的公山羊, 它们的血既然被带进去为圣所赎罪, 它们的身体就要搬出营外去; 它们的皮、肉和粪都要用火烧掉。

28 那烧祭牲的人要洗净自己的衣服, 用水洗身, 然后才可以进营。

29 "每逢七月十日, 你们要刻苦己心, 无论是本地人, 或是寄居在你们中间的外人, 什么的工, 你们都不可作, 这要作你们永远的律例。

30 因为在这一天, 他要为你们赎罪, 使你们洁净, 脱离你们一切罪孽, 使你们在耶和华面前成为洁净。

31 这是完全休歇的安息, 你们要刻苦己心。这是永远的律例。

32 那被膏立, 承受圣职, 接替他父亲作祭司的, 要穿上细麻布衣服, 就是圣洁的衣服, 进行赎罪。

33 他要为至圣所赎罪, 又为会幕和祭坛赎罪, 以及为祭司们和全体会众赎罪。

34 每年一次, 要因以色列人一切的罪, 为他们赎罪。这是你们永远的律例。"于是亚伦照着耶和华吩咐摩西的去行。