1 Verder het die HERE met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land 'n sabbat hou vir die HERE.

3 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel;

4 maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, 'n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.

5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet 'n jaar van rus vir die land wees.

6 En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,

7 en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.

8 Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die dae van die sewe jaarweke vir jou nege en veertig jaar is.

9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, 'n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.

10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

11 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.

12 Want dit is 'n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.

13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie;

15 volgens die getal jare n die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar 'n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;

16 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.

17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.

18 En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.

19 En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.

20 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie?

21 dan gebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.

22 En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.

23 Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.

24 Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.

25 As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het.

26 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing,

27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.

28 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.

29 En as iemand 'n woonhuis in 'n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; 'n jaar lank moet daar reg van lossing wees.

30 Maar as dit nie gelos word voordat 'n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.

31 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.

32 Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is vir die Leviete moet daar 'n ewige reg van lossing wees.

33 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.

34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is 'n ewige besitting vir hulle.

35 En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos 'n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.

36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.

37 Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.

38 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kana„n te gee, om julle God te wees.

39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.

40 Soos 'n dagloner, soos 'n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;

41 dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

42 Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos 'n mens 'n slaaf verkoop nie.

43 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.

44 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle 'n slaaf of slavin koop.

45 En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en die sal vir julle 'n besitting wees.

46 En julle mag die aan julle kinders n julle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.

47 En as 'n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan 'n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan 'n familielid uit die geslag van 'n vreemdeling,

48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,

49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.

50 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos 'n dagloner sal hy dan die tyd by hom gewees het.

51 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle sy losprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;

52 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens die jare moet hy sy losprys teruggee.

53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.

54 En as hy nie op die wyse gelos word nie, moet hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.

55 Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.

1 耶和华在西奈山对摩西说:

2 "你要告诉以色列人, 对他们说: 你们到了我赐给你们的那地以后, 地要守耶和华的安息。

3 六年之内, 你要耕种田地; 六年之内, 你要修剪葡萄园, 收藏地的出产;

4 但是第七年, 地要完全休歇, 享受耶和华的安息; 你不可耕种田地, 也不可修剪葡萄园。

5 你收割以后自然生长的庄稼, 你不可收割; 没有修剪的葡萄树果子, 你也不可采摘; 这一年, 地要完全休歇。

6 地在安息年的自然出产, 是给你们作食物; 就是给你, 你的仆婢、雇工和寄居的, 就是与你们一起居住的人;

7 甚至你的牲畜, 以及你那地的走兽, 都以安息年的出产作食物。

8 "你又要为自己计算七个安息年, 就是七个七年, 你经过了七个安息年, 四十九年的日子以后,

9 在七月初十, 你要吹角, 在赎罪日, 角声要响遍你的全地。

10 你们要把第五十年分别为圣, 向全地所有居民宣布自由; 这一年是你们的禧年, 你们各人要归回自己的地业, 归回自己的父家。

11 第五十年是你们的禧年; 这一年你们不可耕种, 也不可收割自然生长的, 也不可采摘没有修剪的葡萄树果子。

12 因为这是禧年, 你们要当作圣年; 你们可以吃地里的出产。

13 "在这禧年中, 你们各人要归回自己的地业。

14 如果你卖什么给邻舍, 或是从邻舍的手里买什么, 你们不可欺负对方。

15 你要按照下一个禧年以前还剩余的年数向邻舍买; 他也要按照这年数可得的出产价值卖给你。

16 年数多, 你付的买价就要增多。年数少, 你付的买价就要减少。因为他是按出产的数值卖给你。

17 你们不可欺负对方, 却要敬畏你的 神, 因为我是耶和华你们的 神。

18 "所以你们要遵行我的律例, 谨守我的典章, 遵照奉行, 就可以在那地安然居住。

19 地必生产果实, 你们就可以吃饱, 在那地安然居住。

20 如果你们问: 在第七年我们不耕种, 也不收藏我们的出产, 我们吃什么呢?

21 在第六年, 我必命我的福临到你们, 地就会生产足够三年食用的出产。

22 第八年你们耕种时, 仍有旧粮吃; 直到第九年, 收成新粮的时候, 你还有旧粮可吃。

23 "地不可永远卖掉, 因为地是我的; 你们在我面前不过是寄居的和客旅。

24 在你们所得为业的全地, 你们应该让人有赎地的权利。

25 如果你的兄弟贫穷, 卖了部分地业, 他的至亲可以来, 把兄弟所卖的赎回。

26 如果没有代赎人, 而他自己的经济能力改善, 足够把地赎回,

27 他就要计算卖地的年数, 把余剩年数的出产数值还给那买主, 他就可以收回自己的地业。

28 如果他没有足够的能力为自己收回卖了的地, 他所卖的就要存在买主的手里, 直到禧年; 到了禧年, 买主必须把地归还, 卖地的人可以收回自己的地业。

29 "如果有人卖了一所城内的住宅, 在卖了以后的一整年之内, 他有赎回的权利; 在这些日子以内, 他随时可赎回。

30 如果满了一年期不赎回, 那所城内的房屋, 就要确定归买主世世代代为业; 就算到了禧年, 买主也不必交出退还。

31 但房屋在四围没有城墙的村庄里, 就要算为乡下的田地一样, 是可以赎回的; 到了禧年, 买主要交出退还。

32 至于利未人的城, 就是他们所得为业的城, 其中的房屋, 利未人有随时可以赎回的权利。

33 如果一个利未人在他所得为业的城里, 没有赎回已经卖了的房屋, 到了禧年, 买主仍要交出退还; 因为利未人城里的房屋, 是他们在以色列人中的产业。

34 只是他们城郊之地不可出卖, 因为是他们永远的地业。

35 "如果你的兄弟贫穷, 在你那里手头拮据, 你要资助他, 使他可以与你一同生活, 像旅客寄居的一样。

36 你不可向他收取高利, 却要敬畏你的 神, 使你的兄弟可以与你一同生活。

37 你借钱给他, 不可向他取利息; 借粮给他, 也不可要他多还。

38 我是耶和华你们的 神, 曾经把你们从埃及地领出来, 要把迦南地赐给你们, 而且要作你们的 神。

39 "你的兄弟在你那里若是贫穷了, 卖身给你, 你不可逼他作奴仆的工作。

40 他在你那里要像雇工和寄居的一样; 他要服事你直到禧年。

41 到了禧年, 他和他的儿女要离开你, 归回他本家, 归回自己祖宗的地业。

42 因为他们是我的仆人, 是我从埃及地领出来的, 他们不可以卖作奴仆。

43 你不可严严地辖制他, 却要敬畏你的 神。

44 至于你需要的仆婢, 可以来自你们四围的列国, 你们可以从他们中间购买奴婢。

45 你们也可以从那些与你们住在一起的外人的儿女中, 或是从他们的家族中, 就是那些与你们在一起, 在你们境内所生的, 购买奴婢; 他们要作你们的产业。

46 你们要把他们留给你们的子孙作永远的产业, 你们要从他们中间取奴仆; 只是你们的兄弟以色列人, 你们却不可苛刻管辖。

47 "在你中间寄居的外人或是客旅若是富足起来, 你的兄弟在他那里却渐渐穷乏, 把自己卖给住在你那里寄居的外人或客旅的家族,

48 卖了自己以后, 他仍有赎回的权利; 他兄弟中的任何一个都可以赎他;

49 他的叔伯或是他叔伯的儿子可以赎他, 他家族中的骨肉至亲也可以赎他; 如果他自己的经济能力改善, 也可以自赎。

50 他要与买主计算, 从卖身那一年起, 直到禧年为止; 照着年数的多少, 按雇工的工价计算赎银。

51 如果卖身时还有很多年才到禧年, 他就要按着年数, 照他卖身的价银按比例偿还他的赎价。

52 如果距离禧年只有几年, 他就按着年数, 与买主计算, 按雇工的工价, 偿还他的赎价。

53 买主要像每年雇用的工人那样待他。不可在你眼前苛刻地管辖他。

54 如果他不在这些年间把自己赎回, 到了禧年, 也可以和他的儿女一同离去。

55 因为以色列人都是属我的仆人; 他们是我的仆人, 是我把他们从埃及地领了出来的; 我是耶和华你们的 神。"