1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met A„ron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
3 Elkeen uit die huis van Israel wat 'n bees of 'n lam of 'n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,
4 en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE 'n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit die man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet die man uitgeroei word onder sy volk uit;
5 sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.
6 Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
7 En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees vir hulle geslagte.
8 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat 'n brandoffer of 'n slagoffer bring,
9 en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie die man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
10 En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
12 Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
13 En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat 'n stuk wild of 'n voël vang wat geëet mag word hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
15 En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, 'n kind van die land sowel as 'n vreemdeling, moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
16 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要告诉亚伦和他的儿子, 以及以色列人, 对他们说: 这是耶和华的吩咐:
3 以色列家的任何人, 不论在营内, 或在营外, 宰杀公牛、绵羊或山羊,
4 而不牵到会幕门口, 耶和华的帐幕面前, 献给耶和华作供物, 流血的罪就要归到那人身上; 他既然流了牲畜的血, 就必从自己的族人中被剪除。
5 这条例的目的是要以色列人把他们惯常在田野里宰杀的祭牲, 带去给耶和华, 到会幕门口交给祭司, 好像献给耶和华作平安祭那样宰杀牲畜。
6 祭司要把血泼在会幕门口耶和华的祭坛上, 把脂肪焚烧, 献给耶和华作馨香的祭。
7 他们不可再杀祭牲, 献给那些山羊, 就是他们所随从行邪淫的鬼神。这要作他们世世代代永远的律例。
8 "你要对他们说: 以色列家的任何人, 或是在你们中间寄居的外人, 献燔祭或是平安祭的时候,
9 如果不牵到会幕门口, 把它献给耶和华, 那人就必从自己的族人中被剪除。
10 "以色列家的任何人, 或是在你们中间寄居的外人, 如果吃了任何血, 我必向那吃血的人变脸, 把他从自己的族人中剪除。
11 因为动物的生命是在血里, 我指定这祭坛上的血代替你们的生命, 因为血里有生命, 所以能代赎生命。
12 所以我对以色列人说: 你们中间任何人都不可吃血, 在你们中间寄居的外人也不可吃血。
13 任何以色列人, 或是在你们中间寄居的外人中, 有人打猎得了可以吃的禽兽, 总要放尽它的血, 用泥土掩盖。
14 "因为所有动物的生命就在它们的血中, 所以我对以色列人说: 任何动物的血, 你们都不可吃; 因为所有动物的血, 就是它的生命; 吃血的, 必被剪除。
15 吃了自死的, 或是被野兽撕裂的动物, 无论是本地人或是寄居的, 都要洗净自己的衣服, 用水洗澡, 并且不洁净到晚上, 以后他才算洁净。
16 但是, 如果他不洗净衣服, 也不洗身, 他就要担当自己的罪责。"