1 Op die dag het Debora en Barak, die seun van Abinoam, gesing en gesê:
2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig getoon het -- prys die HERE!
3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.
4 HERE, toe U uitgetrek het uit Se‹r, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.
5 Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.
6 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.
7 Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, opgestaan het, ek, 'n moeder in Israel, opgestaan het.
8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die poorte; was daar skild of spies te sien onder veertig duisend in Israel?
9 My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk -- prys die HERE!
10 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte sit, wandelaars langs die paaie, dink na!
11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
12 Word wakker, word wakker, Debora! Word wakker, word wakker, hef 'n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun van Abinoam!
13 Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.
14 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het; Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af, en uit S,bulon die wat met die werwerstaf uittrek;
15 en vorste in Issaskar met Debora saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
17 G¡lead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
18 S,bulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook N ftali op die hoogvlaktes.
19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kana„n geveg by T änag, by die waters van Meg¡ddo -- geen stuk silwer het hulle geneem nie.
20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen S¡sera geveg;
21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.
23 Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.
24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!
25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.
26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer S¡sera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy -- morsdood.
28 Deur die venster kyk die moeder van S¡sera uit, en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom versuim die passe van sy wa-span?
29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:
30 Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; 'n buit van bont klere vir S¡sera, 'n buit van bont klere, veelkleurige; 'n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.
31 So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
1 那一天, 底波拉和亚比挪庵的儿子巴拉唱起歌来说:
2 "你们要称颂耶和华, 因为以色列中有勇士, 因为有人民自愿从军。
3 君王啊, 你们要听; 官长啊, 你们要侧耳倾听; 至于我, 我要向耶和华歌唱; 我要歌颂耶和华以色列的 神。
4 耶和华啊, 你从西珥出发的时候, 你从以东地行走的日子, 地震天漏, 密云也滴下雨。
5 群山在耶和华面前震动; 这西奈山在耶和华以色列的 神面前也是这样。
6 在亚拿的儿子珊迦的时候, 在雅亿的日子, 大道无人行走, 行路的人绕道而行。
7 以色列中的农村消失了, 消失了, 直到我底波拉兴起, 直到我以色列的母亲兴起。
8 以色列人选择了新的神, 战争就临近城门; 那时四万以色列人中, 竟不见有一面盾牌、一枝长矛。
9 我的心倾向以色列的官长, 他们在民中甘愿牺牲自己; 你们要称颂耶和华。
10 骑白驴的, 坐锦垫的, 和路上的行人, 你们都要歌唱。
11 在打水的地方分开羊群的人发声, 在那里人必歌颂耶和华公义的作为, 就是他在以色列中的农村所行公义的作为; 那时, 耶和华的子民下到城门口。
12 兴起, 兴起, 底波拉! 兴起, 兴起, 唱歌吧! 兴起, 巴拉! 亚比挪庵的儿子, 掳掠你的俘虏吧!
13 那时余剩的贵胄下来; 耶和华带着勇士下到我这里来。
14 他们出自以法莲, 他们的根在亚玛力人之地; 有便雅悯在你的族人中跟随你, 有官长从玛吉下来; 有持着数点民数之权杖的, 从西布伦出来。
15 以萨迦的领袖与底波拉在一起; 以萨迦怎样, 巴拉也怎样; 他们都步行下到山谷去。在流本的众溪旁, 有心怀大志的。
16 你为什么坐在羊圈之中, 听呼唤群畜的笛声呢?在流本的众溪旁, 有心怀大志的。
17 基列人在约旦河东边居住; 但人为什么居留在船上呢?亚设人在海岸坐着, 在港湾居住。
18 西布伦人是敢死的民族; 拿弗他利人在田野的高处, 奋不顾身。
19 众王都来争战; 那时迦南众王争战, 在米吉多水亭的他纳争战, 却没有取得银钱。
20 众星从天上争战, 从它们的轨道与西西拉交战。
21 基顺河的急流把他们冲没, 古河的急流、基顺河的急流, 我的心哪, 你要努力践踏。
22 那时马蹄沓沓, 勇士急奔飞驰。
23 耶和华的使者说: ‘你们要咒诅米罗斯, 大大咒诅其中的居民; 因为他们不来帮助耶和华, 不带领勇士帮助耶和华。’
24 愿基尼人希伯的妻子雅亿, 比众妇女更有福气, 比住在帐棚的妇女更有福气。
25 西西拉求水, 雅亿给了奶; 用珍贵的盘子奉上乳酪。
26 她伸手拿着帐棚的橛子, 右手拿着匠人的锤子, 击打西西拉, 打破他的头, 粉碎他的头颅, 贯穿他的鬓角。
27 西西拉在雅亿脚前屈身、仆倒、躺卧, 在雅亿脚前屈身、仆倒; 他在那里屈身, 就在那里仆倒死亡。
28 西西拉的母亲从窗户里向外观望, 从窗棂中呼叫说: ‘他的战车为什么迟迟不来呢?车轮为什么行得缓慢呢?’
29 聪明的宫女回答她; 她也自己回答说:
30 ‘莫非他们正在分战利品?每个勇士分得一两个女子; 西西拉得了彩衣作战利品, 得了一两件绣花的彩衣作战利品, 为我的颈项, 得着绣花的彩衣作战利品吗?’
31 耶和华啊, 愿你所有的仇敌都这样灭亡; 愿爱他的人像太阳出现, 大有能力。"于是国中太平了四十年。